Liefde so groot, Lofprysing, Nuwe hoop, Oorgegee

Flenters van Liefde

Jesus se liefde
Breek my hart
In klein flenter stukkies
Geen voorgee net totale oorgee

Wil jy nie ook hê
Sy alles-oorheersende liefde
Moet jou hart en wese vul?
Hoe ondeurgrondelik diep en kosbaar ons Koning se hart

Oorgee dis al wat ek kan doen
Oorgee dis al wat vir my oorbly
Liefste vriend wil jy nie ook dieselfde ondervind?
Hoe Sy glans van liefde alles in en om jou verblind

Ons Koning se wese
So skoon en rein
So sal jy Hom ondervind
Met geen bedrog in al Sy weë

Ondeurgrondelik diep
In Sy wysheid en weë liewe vriend
Hoe wens Hy ons Sy kinders
Wil meer van Hom kom leer

Leer ons meer Vader-God
Die volheid van wie U is
Dit is wat ek en my lewe
So graag wil ondervind

Leer ons meer van U waarheid
Vul ons harte
Met vreugde en liefde ongehoord
Meer van U liewe Heer in wie ons elke dag is

My hart smag
Na U waarheid o Heer
My hart smag
Na alles in U hart

Gee my meer Vader-God
Meer en meer van U
My hart en wese smag na U
Heer o vul my hart

Oorgee, oorgee
Dis al wat ek kan en wil doen
In U teenwoordigheid
Hoe dan anders liewe Heer.

Advertisements

2 gedagtes oor “Flenters van Liefde”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s