Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

Droom vir my

U snipper my planne
In klein fyn stukkies
Deur die woorde wat U gee
Deur die rigting wat U aandui

Vader wil U vir my meer wys
Van die drome
Wat in U hart oor my leef?
Die drome in U hart wat my naam ophet?

Wil U my meer wys Abba Vader
Sal U kom en vir my kom droom?
Want ek weet U hart is en bly altyd mooi
Ek weet U gee meer as enige iemand anders om

Daarom wil ek U meer vertrou
Abba meer en meer
Kom wys my, kom gee vir my
Kom neem my hele lewe oor met die plan wat U vir my lewe het

Ek wil aanhou oorgee
Ek wil nooit terughou
Ek wil U vertrou
Want wie is daar soos U?

As U Woord sê
My hart vir jou bly mooi
Hoe kan Ek daarteen stry
Hoe kan Ek U nie op U volle Woord bly vat?

Want dit is wat my hart hoop gee
Koning Jesus
Die feit dat U rerig omgee
Die feit dat U rerig weet wat die beste is vir my

Daarom gee ek U my hart
Ek gee U my hele lewe
My planne kan U maar neem
U s’n op nuwe papier begin neerskryf

Ek besef Abba dat U slegs
U storie vir my lewe kan begin skryf
Soos wat ek kies om daagliks
Die strydbyl tussen ons twee neer te lê

Ja Abba Vader ek wil nie meer hê
Dat U en my plan binne my
In ‘n stryd moet verkeer
U plan vir my … hy mag maar wen

Dis omdat ek hier sit
En ek besef
Ons Koning is die Heer
Hoe kan ek vir ‘n oomblik sê ‘ek wil nie U plan vir my leef’

Ek wens ek het dit lankal terug besef
Dat die hemelse drome gebore in U hart
Nooit met ‘n aardse een kan vergelyk
Tog wil die vyand ons so dikwels daarmee van stryk af bring

Sien dit staan so duidelik
Oor die nou en ewigheid geskryf
Ons Abba Vader weet wat om te doen
So moet asseblief nooit, nie eers vir ‘n oomblik wyfel om te sê ‘Laat net U wil geskied’

Begin daardie woorde bid
Begin hulle asseblief vandag bid
Dit is wat ons Koning vra
En sien hoe Ek rerig in alle opsigte jou lewe en die dinge daarin kan beter maak

Bid asseblief met ‘n opregte hart sê Abba
Bedoel dit wanneer jy vra
Jou woorde dra slegs waarde liewe kind
As ook jou hart waarlik na My wil vra

Want sien sê ons liewe Vader
Ek wil alles vir julle beter maak
Dit verskaf My geen vrede as Ek sien
Hoe julle sonder soveel vreugde deur die lewe gaan

Liewe kinders Ek het gekom
Sodat julle die lewe kon geniet
Nie net ‘n saai bestaan voer
Maak elke oomblik die beste wat hy kan wees dit is wat ons Vader vra

Ek wil julle ‘n soveel beter plan wys
Sê Vader
‘n Plan wat julle op hierdie oomblik dink
Nie eers bestaan

Maar liewe kind Ek sê vir jou
Hy bestaan alreeds in My hart
Al wat Ek vra is dat jy sal kom
En bereid sal wees om te sê ‘Vader droom vir my’

Droom oor my lewe
Al die drome wat in U hart verborge lê
Maak hulle ‘n werklikheid
In my hart en my lewe ook o Heer

Abba ek wil nie aanhou
Om my planne vir my lewe so alleen te bou
Al hoe meer begin ek besef
Daar is uitgehou op my in die manier geglo

Ek wil nie meer glo
Ek moet my eie potjie krap
Ek wil nie meer glo
Daar is nie ‘n God wat alreeds van alles weet

Sien voor die grondlegging van die aarde
Liewe kind was daar ‘n plan
En daardie plan is om jou in te bring
Jou deel van My Hemelse Koninkryk te maak

Sal jy kom liefste kind
Sal jy toelaat dat die aardse drome in jou hart
Deel raak van My Hemelse Plan?
Sal jy toelaat dat My plan die rigting van jou lewe aandui?

Liefste kinders
Ek wens Ek kon dit vir julle part glo
Ek wens Ek kon julle maak sien
Maar als kom weer neer op Geloof

Gee oor en Vertrou
Glo en jy sal sien
Liefste kind dit is hoe dinge in My Koninkryk werk
Ek is so baie lief vir jou en hoe hoop Ek jy sal glo

Dat My plan vir jou lewe
Rerig die beste plan is wat jy ooit sal leef
Dat Ek rerig weet
Wie en wat jy die nodigste het

Ja sê Vader Ek verstaan
Dit vat ons terug na ‘n tyd soos die van Adam en Eva
Toe hulle voor die aanloklike plannetjies van die vyand staan
En Ek vir hulle vra ‘Liefste kinders asseblief vertrou My hart’

Liefste kind
Dit is wat Ek ook vandag vir julle vra
Sal julle bly glo My hart bly altyd mooi
Al sê die hele wye wêreld ook wat

Want Ek verstaan liefste kind die plan van die duiwel
Was nog altyd om met aanloklikhede te verlei
Hoeveel kere sê Vader
Hoeveel kere het sy planne in die lewens van My kinders geslaag!

Liefste kinders Ek wil hê
Julle moet terugkom op die plek
Waar rykdom en aardse besittings
Nie soveel waarde dra

Want soveel dinge wat waarlik waarde dra
Het dit verloor sê Abba
In die kinders van hierdie wêreld
Se soektog na ‘aardse gewin’

Liefste kinders
Hierdie wêreld en sy dinge
Dit is als ‘n gejaag na wind
Ek wil herstel die hemelse vreugde wat jy in elke dag kan vind

Ek weet sê Abba
Die laste van hierdie wêreld raak swaar
Ek sien hulle hang soos donker, swaar jasse
Oor die harte en lewens van My kinders

Hierdie wêreld en sy gejaag na niks
Het dit oor die skouers van My kinders gehang
Liefste kinders as julle net kon sien
Die groot begeerte in My hart om alles vir julle beter te maak

Donker, swaar jasse is nie van My nie sê Abba
Dis nie My hart om julle konstant onder ‘n juk te hou
Beloof My Woord dan nie liefste kinders
My juk is sag, My las is lig

Geen las wat jy ooit saam met My sal dra
Kan met ‘n aardse een vergelyk
Die laste van hierdie wêreld is om al die lug uit jou longe te pers
Myne is altyd om nuwe hoop aan jou te gee

Nuwe Hoop sê Abba
Dit is Altyd My hart
Sal jy toelaat liewe kind
Dat die vrede en plan van Bo jou hart en wese vul?

Dit is wat Ek vir jou wil doen
Liefste kind
Ek wil alles wat mooi en vreugdevol is vir jou gee
Wil jy nie kom en My teenwoordigheid in jou lewe kom geniet?

Want dis wat Ek wil doen sê Vader
Die keer bo al die stemme van die wêreld
Wat so hard praat
Sal jy liewe kind, sal jy?

Sal jy toelaat dat jou hart en wese
My vind?
Sal jy toelaat dat Ek My arms van liefde om jou vou en sê
Liewe kind daar is Hoop, daar is altyd HOOP!

Dit is My hart vir jou sê Abba
Dat jy altyd sal weet
Dat jy altyd sal glo
Daar is ‘n God wat hoor

Ja liewe kind
Oor elke stukkie seer in jou hart gee Ek om
Ook oor die leuens in jou hart wat sê
Moet geen mens vertrou

Dan is jy in goeie geselskap sê die Heer
Want Ek is geen mens dat ek ooit kan lieg of bedrieg
My weë is waarheid
Ook vir die wie in My voetspore volg

Liefste kind Ek weet en Ek besef
Die seer jou al aangedoen
Maar Ek wil vra maak My jou Heer en Vriend
En sien en ervaar hoe aardse laste kan verdwyn!

Ek praat met die wat vêr is sê die Heer
Net soos Ek praat met die wie naby is
Kom nog ‘n bietje nader sê Abba
Nog ‘n bietjie nader aan My

‘n Mens kan nooit te naby aan My wees nie sê Abba
Of te lief vir My
Altyd is daar meer
My bronne bly onuitgeput

Liefste kind sal jy kom?
Het hierdie woorde jou hart aangeraak?
Dan hoop Ek dat jy sal kom
En elke dag ‘n bietjie meer sal groei in liefde vir My

Dis hoe als begin sê Vader
Jy wat My Woorde van Lewe ontvang
En elke dag ‘n treetjie nader aan My gee
Dit is My hart vir jou, dit is My plan vir jou, dit is waar als begin.

Dankie liewe kind
Dankie.

Advertisements

Een gedagte oor “Droom vir my”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s