Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

10-Duisend Keer Beter

In hoeveel van My kinders se lewens
Geskied My wil rerig wil Abba weet
Hoeveel kere, hoeveel kere maak julle My deel
Van die keuses en besluite wat julle elke dag neem?

Waar julle gaan woon?
In wie julle ken?
Met wie julle trou?
Word Ek geken of weet Ek net daarvan?

Ek wil deel wees van julle elke-dag
Die keuses wat julle elke dag maak
Hoeveel van julle neem My in ag?
Ken My in die keuses wat julle elke dag neem?

Liefste kinders Ek wil hê
Julle keuses moet voor My kom buig
Ek wil vir julle meer gee
As waaroor julle ooit kan droom

Sal julle My toelaat vra Vader
Om vir julle te droom?
Want julle moet verstaan sê Vader
My planne vir julle is mooi

Daar mag baie struikelblokke wees
Maar elkeen sal ons oor
In Jesus Wonderlike Heilige naam
Dit is so, Amen

Sal julle My toelaat liewe kinders
Om vir julle te droom?
Om julle lewens te herskryf
Om aan julle nuwe drome en geloof te gee

Geen aardse droom
Kan met ‘n hemelse een vergelyk
Sal julle glo liewe kinders
En julle aardse drome voor My Troon kom neerlê

Ek wil vir julle soveel beter gee in ruil daarvoor
Beter as wat julle kan glo
Wat dit vra liewe kinders is
Glo en vertrou julle dat Ek rerig van beter weet?

Want Ek doen sê Vader
Ek doen
Ek is bewus van die drome
Wat julle elke dag vir julle lewens droom

Dit wat julle so graag wil hê
Tog wil Ek julle laat weet
Dit wat Ek verborge hou
Is 10-duisend keer beter as die waaroor julle droom

Die God en die Koning van die Heelal
Het drome oor jou
Wat Hy in Sy hart hou
Wil jy nie vir Hom vra om hulle aan jou te openbaar?

Om stukkie vir stukkie
Vir jou die rigting aan te wys
Sodat ook jy kan glo
Hy is en bly ewig waar?

Daar is niemand
Soos ons Heer en Vriend
Hy wat die hele wêreld
In die holte van Sy hand hou

Hom kan jy vertrou liewe vriend
Om Sy drome vir jou lewe te bou
Hy sal begin by ‘n hart wat Hom vertrou
Wat sê Heer ek weet nie meer

U kan maar vir my die weg aandui
Ek sal U weë en U planne vir my lewe
Bo die van my eie vertrou
Want ek weet liewe Heer U is in elke opsig getrou

Ek lig dan my oë op na die berge
Waar kom my hulp vandaan?
My hulp kom van die Here
Hemel en Aarde het Hy uit niks geformeer

Wie is meer te vertrou
As die Een wat ewig leef?
Voor Sy aangesig sal almal eendag beef
Getuig Hy is waarlik die Ewige EK IS

Kom dan nou en verneder julle
Elkeen wat op die aarde woon
Hemelwesens groot
Mensekinders baie klein

Die God van Hemel en Aarde
Hy is oneindig Groot
Tog sien Hy om na elkeen van ons
Ja ook na jou en my

Nooi Hom in liewe vriend
Laat sonde staan
Alles wat nie is van Hom
Moet ‘n stille dood bly sterf

Want hoekom sal ons wil aanhou
Liewe vriend
Met dit en alles
Wat ons net weer van Hom vervreem

Die genade-deur is nog oop
Laat ons met blydskap binnegaan
Hom innooi as Heer en Vriend
En waarlik Sy drome vir ons lewens leef

Want dit is wat oorgee is liewe vriend
Om aan te hou met vertrou
Al sê alles om jou nee
Vertrou Hom liewe vriend

Ons God
Ons Koning
Ons Heer
Ons Vriend

Alles liewe vriend
Waarna jy in die lewe verlang
Alles van Ware Waarde
Dit sal jy in Sy arms en hart van liefde vir jou vind

Vertrou Hom liewe vriend
Al sê die wêreld nee
Al sê jou vriende wat
Hierdie God van ons kan jy met jou hart, jou lewe, jou als vertrou

Bemin Hom met ‘n hart wat glo
‘n Hart wat altyd vashou en vertrou
En Hy sal jou met groot genade, liefde
En die Ewige Lewe beloon.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s