Blinde oë, Liefde so groot, Oorgegee

Hawens van die Lewe

Hoe kan ons aanhou om lou lewens te leef
As Jesus Christus ons so baie liefhet?
Dit is iets wat ek nie kan verstaan
Ek hoop ek het geweet

Selfs in my eie liewe
Sien ek dit liewe vriend
Daardie stukkie honger in die vlees wat altyd roep
Liewe wêreld kom gee my meer

Hoekom is dit so moeilik
Om ja te sê vir God?
Hoekom is dit so moeilik om vir die wêreld te sê
Nee jy is nie my God?

Want so dikwels is dit
Al wat ons vir die wêreld sê
Ja, ja
Gee my assblief nog baie meer!

Hoekom besef ons nie
Hoekom wil ons nie weet
Ons is besig om onsself in nog meer moeilikhede te dompel
Alles omdat ons nie vir die wêreld nee kan sê

Hoe wens ek, ek het geweet
Hoe om hierdie stryd
In my hart en siel
Vir goed ore aan te sit

Dis hierdie konstante stryd
Die siel en vlees
Wat vir die kind van God in my sê
Nee maar aardse kos wil ek hê

Dis asof ek al hoe meer besef
Daar is net geen manier
Hoe ek hulle alleen kan laat les opsê
Ek het die Koning nodig om dit aan hulle te sê

Maar hoe gemaak
Daar is so baie versoekings
Wat elke dag ‘n huisie in my hart wil bou
Hoe sê ek nee?

Dit is so moeilik sonder Hom
As Sy Stem my nie altyd terugroep nie
Wat sou ek maak?
Want dis altyd Hy wat sê My kind moet asseblief nie so maak

As ek nie baklei
Vir die tyd saam met my God nie
Is dit so maklik om te sink
Omdat ek nie my oë op Hom het

Liewe vriend sukkel jy ook daarmee?
Soms is dit so maklik
Ander kere wink die wêreld
En sy begeertes so hard

Nog net 1 keer sê hulle
Geen skade sal dit maak
1-keer is mos niks
Net jammer hulle sê nie die 2de keer wag alklaar

Want die wêreld weet
Hoe om ons in sy sak te kry
Met begeerlikhede wat die hart en oë weglok
Vir die lyf bly sê maar nog net 1 keer

Dis met die 1ste keer
Wat hy sy hoek om ons vou
Die aas is gevat
Nou moet ons net die vissie inkatrol

Liewe kind
Moet hom nie eers ‘n kans gun nie
Bly vêr weg liewe kind
Dis beter om nie eers nader te gaan

Sien want kyk sê
Ek soek meer
Kyk sê
Ek stel belang

Dis so gevaarlik sê Vader
Om by die hawens
Van sonde en sy begeerlikhede
Rond te staan

Liewe kinders laat gaan eerder
In totaliteit daarvan
En vra My om jou staande te laat bly
Teen die aanslae wat Hy teen jou vuur

Sonder My
Kan julle nie staande bly nie
Liewe kinders
Julle het My nodig om bo te bly

Meer wil ek julle gee sê Vader
Meer as waaroor julle kan droom
Kom staan by My hawe sê Vader
Laat My toe om julle die skatte te wys

Dis soos ‘n blink blou see
Sê Vader
Wyd uitgestrek
En sonder einde

Die son van My genade
Skyn warm op die waters
Nooi julle nader
Vra wil julle nie op my kom vaar?

Liefste kinders
Ek weet dit is nie maklik
Om van die wêreld en haar begeerlikhede
Weg te vaar

Maar liefste kinders
Julle moet weet
Wat vir julle
Verborge lê en wag

Genesing van jou gebroke hart en lewe
Liewe kind
Nie soos die pleisters
Wat die wêreld daaroor plak

Vrede sonder dat julle nodig het
Om daarvoor te werk
Vreugde wat jou hart sonder enige ‘fix’
Met blydskap vervul

Ja liefste kinders ja
Ek weet en Ek besef
Julle verlang na die blink van hierdie lewe
Glo My julle gaan dit nie op haar waters vind

Ja sê Vader
Dit lyk en is lekker in die begin
Dit bly lekker vir die vlees
Net jammer jou hart en gees sit dit in die grootste gemors

Sien sê Vader
Want die dinge in hierdie wêreld
Is gemaak vir jou
Om by hulle te vertoef

Die wêreld se hart en liefde vir jou
Is nie soos Myne nie sê Vader
Ek liewe kind
Ek wil jou altyd beter gee

Sien dis beter om My te vertrou liewe kind
Om oor te gee
Om jou vervulling
In My genade en liefde vir jou te kom vind

Haar waters is diep sê Vader
Saam met haar gaan jy nooit veilig vaar
Sy sal jou bootjie laat tiep
Sodat ook jy tussen die waters van geraamtes sal verdwyn

Liefste kinders weet julle
Hoeveel mense het al hulle dood
Ook so tegemoetgegaan
In die donker waters hulle lewens verloor?

Dit is nie My hart vir julle nie
Liefste kinders
Ek wil nie hê dat jy net soos hulle
Jou lewe moet verloor

Diep en donker waters
Dit is wat op jou pad saam met haar wag
Nie soos Myne nie
Sê die Heer

Op My waters is daar
Lewe en Lag
Liefde wat jou inwag
Liewe kind sal jy My glo?

Sal jy in stille vrede saam met My vertrek?
Ek het jou so lief sê Vader
En Ek wil hê jy moet weet
Net die beste lê vir jou en wag

Ja sê Vader
Dalk nie vleeslike genot
Maar diep en verrykend
Ewigheidswaarde in alles te vind

Laat gaan van jou passies en begeerlikhede
Liefste kind
Kom lê hulle by My voete neer
En sien hoe Ek alles kan draai

Nie alles wat in jou lewe is
Is van My nie liewe kind
Jou passies wil Ek draai vir My eer
Ek wil genade aan jou bewys

Kom volg na My wil en plan vir jou lewe
Liewe kind
Nie alles in jou lewe
Is in My te vind

Kom lê net alles neer
Kom vertrou My hart
Sien hoe Ek vir jou meer gee
As waaroor jy ooit kon droom

Ek het jou lief liefste kind
Ek wil hê jy moet dit altyd glo
As Ek jou vra om iets neer te lê
Is dit omdat Ek soveel beter in stoor vir jou het

Laat gaan sê Vader
Van julle weë en planne
Kom loop in Myne
En hê My waarlik lief

Dis al sê Vader
Dis al wat Ek van julle verlang
Julle liefde en harte van oorgee wat sê
Liewe Heer U kan maar ten volle beheer neem

Van my gedagtes en denke
Tot my hart en verstand
Maak dit alles U s’n Heer
Ook die woorde van my mond en die dade waartoe my voete noop.

Advertisements

Een gedagte oor “Hawens van die Lewe”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s