Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

Oorgawe van die Hart

So baie dinge
Waaragter mense skuil
Waaragter mense wegkruip
Omdat hulle My nie beter wil leer ken

Kinders julle moenie bang wees
Om nader te kom nie sê Vader
Julle moenie bang wees om te kom uitvind
Wat in My hart lê

Kom verken My hart
Vra Vader
Kom verken die dieptes
Wat daarbinne verborge lê

Kom liefste kinders
Kom nader
Kom en vind die goud
Wat binne in My teenwoordigheid en liefde vir jou wag

Kom liefste kinders
Kom en gee oor
Verken My hart
Spoor My na met alles in jou hart

Moenie agter agendas en opinies
Van My skuil nie vra Vader
Kom ondersoek My hart
Kom vind self uit wat daarbinne lê

So baie dinge waaragter julle skuil
Om dit net nie te doen
Sommiges goed
Ander nie so goed

Liefste kinders asseblief
Ek vra julle kom lê neer julle harte
Opinies en hoe julle dinge sien
En neem op ‘n hart wat Myne bo alles soek

Maak my nommer een
Op jou ranglysie vra die Heer
Nie tweede beste nie liewe kind
Dit gaan nie werk

Ek wil jou alles hê
Liewe kind
Totale oorgawe aan My wil
En hoe Ek wil werk

Spoor na My hart
Liefste kinders
En nie net werk vir
Gunste en goeie gawes

Liefste kinders
Ek wil jou meer en beter gee
Ek wys julle ‘n meer uitnemender weg
Kom spoor na My hart dit is wat ons Vader vra

Meer en beter wil Ek julle gee
So dikwels stop julle
Net voor julle intimiteit met My betree
Liefste kinders Ek wil vra dat julle nie bang daarvoor sal wees

Moenie bang wees om die drumpel
Saam met My te betree nie
Gaan verder, gaan dieper
Verder as net die voorhangsel

Liefste kinders Ek verlang
Na intimiteit met elkeen van My kinders
Nie net ‘n gekose paar
Elkeen sê die Heer, elkeen van My kinders

Julle is goed genoeg sê die Heer
Onthou julle die bloed van My Seun
Het julle alreeds gekwalifiseer
Kom julle, kom en gee net oor

Dis nie julle werke wat julle kwalifiseer nie sê Vader
Dis My werk sê die Heer
Ja liefste kinders Ek weet dit is soms moeilik om te hoor
Maar dit is hoe dit is

Dis nie jou werke
Wat maak dat jy voor My kwalifiseer
Dis die bloed van My Seun
Dit is wat die waarheid is

Daarom liefste kinders wil Ek vra
Dat julle sal ophou om so hard op julleself te wees
Julle oordeel julself sonder meriete
Kom eerder net soos wat julle is

Want julle werk so dikwels sê Vader
Tot julle goed voel oor julself
En dan, dan kom julle
Tot voor My deur

Liefste kinders julle is alreeds aanvaar
Die bloed van My Seun
Het daardie deur
Lankal reeds oopgemaak

Kom in deur My Seun
Kom in deur Sy bloed
Kom in deur Sy vergifnis
Die genade-deur is wawyd oop

Liefste kinders julle sal vind
Daar is soveel vryheid in die bloed van My Seun
Sy vergifnis van sonde
Julle kan maar kom!

Deur Hom
Kan julle My teenwoordigheid geniet
Deur Hom
Kan julle met blydskap kom!

Dis Hy wat ons samesyn moontlik maak
Liewe kind
Dis Hy wat maak dat Ek en jy
Weer gemeenskap kan hê

Liefste kinders asseblief moet My Seun Jesus
Nooit uit die oog verloor
Deur Hom kan julle kom
Deur Hom is julle waarlik vry!

Sing en juig voor My Troon
Sê Abba
Wees bly liewe kinders
Wees bly die skeiding is geskeur

Oop en vry kommunikasie
Met elkeen van My kinders
Dit is My hartsbegeerte sê Abba
Hou op bang wees, kom net soos wat jy is

Jy is goed genoeg
Liewe kind
Seun, dogter
Net soos wat jy is

Waar het Ek ooit gesê
Jy moet kwalifiseer
Liewe kind jy kan en sal NOOIT
Sonder My Seun voor My kan kom

Dit is My Seun wat alles moontlik maak
Liewe wêreld, liewe kinders
Kan julle sien
Die skeiding is geskeur!

Liefste kinders
My hart is verbond
My hart is verhouding
Met elkeen van My kinders

Ek verlang liewe kinders na eenheid met julle
Soos in die Tuin van Eden
Ek wil julle terugvat liewe kinders
Na waar My hart julle s’n was

Na ‘n plek waar ons gekuier het
Na ‘n plek waar ons alles gedeel het
Sal julle liewe kinders
Sal julle saam My terugkeer?

Liefste kinders
Ek soek oorgawe
Ek soek volle vertroue
Sal julle saam met My terugkeer?

Liefste kinders
Hierdie lou harte en lewens waarmee julle My dien
Dit maak seer liefste kinders
Dit maak seer

Hoe kan dit nog werk?
Hoe kan dit genoeg wees
Om die wêreld te bemin
Maar ook vir My?

Liefste kinders
Ek soek julle alles
Ek wil hê julle moet
Totaal oorgee

Sal julle liefste kinders
Sal julle?
My HART kom naspoor
Met alles wat binne julle leef

Dis al hoe julle gaan veilig wees
Liewe kinders
Dis rerig al hoe julle gaan veilig wees
In My beskerming

Ek wil julle leer wat dit is
Om waarlik te glo
Sal julle?
Sal julle kom net soos wat julle is?

Hou op om My te probeer beindruk
Liefste kinders rerig
Ek weet presies wie en wat julle is
Ons was mos al hierdeur

Harte wat My liefhet
Harte wat My soek
Dit is liewe kinders
Wat My wese die diepste aanraak

Dit is wat My beindruk
Sê Vader
Kinders wat My soek
Kinders wat My aangesig liefhet

Kom liefste kinders, kom
Buig voor My Troon van Genade
En maak julle HARTE oop
Want dit is waarmee julle sukkel

Dit is maklik vir julle
Om agter alles wat ‘reg’ is
Weg te kruip en dit te doen
Maar wat gaan in julle harte aan?

Sien liefste kinders
Julle kan hoe reg doen van buite
Maar hoe naby of hoe ver
Is julle harte van My?

Liefste kinders
Ek soek julle harte
Ek wil hê julle moet totaal
Oorgegee en verlore wees in My

Moenie julle harte vir My toesluit nie
Sê Vader
Hou asseblief op om My uit te sluit
Julle doen en late is nie genoeg

Ek wil hê julle harte
Moet verkleef wees aan Myne
Ek wil hê dat julle alles met My sal deel
Niks ooit sal terughou

Julle harte liefste kinders
Hulle moet oop
Al die diepe seer
Ook die hoop en drome wat daarbinne lê

Sal julle asseblief daaraan begin werk
Liefste kinders?
Om julle harte voor My oop te maak
My rerig in te nooi

Nie net een keer en toe is dit verby
Maar daagliks liewe kind
Elke dag
Wat julle op planeet aarde leef

Dit is wat Ek soek
Dit is wat Ek vra
Eenheid en Gemeenskap
Dit is waarna Ek verlang

Maak My deel van jou elke dag
Gesels met My
Deel jou hart
Hou op om My net van ‘n afstand te betree

Diepte liewe kind
Diepte in verhouding met jou
Dit is waarna Ek verlang
Intimiteit, elke dag en daarna.

Advertisements

Een gedagte oor “Oorgawe van die Hart”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s