Liefde so groot, Lofprysing, Nuwe hoop

Koning van my Hart

Glorie tot die Koning
Glorie aan U Naam
Dit is die loflied
Wat my hart hier diep binne sing

Jesus ek het U so lief
Ek het U so bitter baie lief
Omdat ek weet U het U Seun vir my gegee
Omdat ek weet U is elke dag so baie naby aan my

Dankie Koning Jesus
Dankie dat U my liefhet
U hart en Naam wil ek besing
Vir almal vertel van U glorieryke heerlikheid

Abba Vader ek bemin U hart
Ek bemin die mooi van wie U is
U hart vir my bly altyd mooi
Maak nie saak of die wêreld en sy maats ‘n ander deuntjie sing

Hulle wil ek nie meer glo nie Abba-Heer
Lank genoeg het hulle vir my vertel
Om alles wat sleg is van U te glo
My hart o Heer sal dit nie meer toelaat

O nee Abba-God ek gaan self
My Bybel begin optel
Ek gaan self
Meer van U begin leer

Ek weet U Gees sal my lei
Want so het U beloof
Toe U na ons Hemel-Vader opvaar
En Hom daarna vir ons stuur

Jesus, Vader-God ons Glo in U Naam
U Naam en Hart wil ons altyd besing
Abba ek wil hê die wêreld moet weet
U is die Koning wat vir Altyd leef

Nooit sal U of U Naam ooit uitsterf
Oor die Eeue heen sal dit geskryf bly staan
U is God o Heer en U Seun het U gegee
Vir en aan almal wat ooit sal glo

Dit is wie U is Pappa-God
Ons Hemelse Vader
Maar ook die Koning
Hierbinne in my hart

U Naam Abba, Pappa-God
Wil ek vir Altyd besing
Aan U al die lof en eer bring
Vir ewig, ja vir ewig sal U en U Koninkryk bly regeer

Hoog verhewe is U Koninkryk
Bo die van die aarde
Onvergelykbaar groot en ewig
Teenoor die wat ons nou omring

Vir U kan geen mens in ‘n boksie sit
Of ooit probeer uitverklaar
Dit is nie hoe U Koninkryk werk
U sê Kom en kom glo!

En hoe lief ek dit o Heer
Want selfs die kleinste Koningskind
Weet hoe om dit te doen
Selfs ‘n kind weet hoe om te glo

Daarom wil ek U loof en prys
o Heer
Aan U alleen al die lof
Eer en aanbidding bring

U is waardig Koning-Heer
U is die lied hierbinne in my hart
U Naam o Heer
U Naam wil en sal ek altyd besing

Glorie-Halleluja!

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Koning van my Hart”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s