Blinde oë, Nuwe hoop, Oorgegee

Ek & my weë

U is die Koning
In my hart
U is die Een
Aan wie ek altyd wil oorgee

Meer en meer
Wil ek U innooi
In my daaglikse keuses
Met dit waarmee ek myself besig hou

Here Jesus ek wil vra
Dit wat belangrik is vir U
Laat dit ook belangrik wees vir my
Laat ek waarlik sal omgee

Sal omgee oor hoe dinge vir U lyk
Sal omgee oor hoe U dinge ervaar
Ek weet U het gekom om ‘n verskil te maak
o Vader ek wil bid en vra begin by my

Dit wat skeiding maak tussen my en U
Die muur tussen ons
Sal U dit afbreek
Sal U my help om dit op te gee

Want Vader ek weet dis nie van U
Maar tog bly dit lekker
Diep bly dit in my hart
Nog langer wil hulle bly

Tog verstaan ek Abba-God
As ek nie vir U oopmaak
Gaan hulle daarbinne bly
En net ondergang bring vir my

Ek wil hulle nie meer daarbinne hê
Ek weet dit bring skeiding tussen my en U
Dit maak dat ek U nie kan loof en prys
Soos wat U dit verdien

Sien want een moet sterf
Ek en my weë
Of Vader en Sy wil vir my
Dis die stryd wat in my hart verkeer

Wie gaan wen
Wonder ek dikwels
Wel dis beslis nie die een
Wat die minste kos kry

Tyd spandeer saam met God
Tyd spandeer op my eie weë
Dis die keuses liewe vriend
Wees wys, kies God

Saam met Hom sal jy dieptes betree
Plekke nog nooit gevind
Maar dit sal vat dat jy nou opgee
Jou eie weë

Liewe vriend as jy kon sien
Dit wat op jou wag
Sou jy nou al die nuwe terrein wou betree
En net nooit ooit meer bang wees

Bang-wees vir meer van God
Of bang-wees om oor te gee
Nee liewe kind jy sou glo
Jy sou kom net soos wat jy is

Saam met My is die Lewe
Lief en Lig
Oop en Vry
Genade en Hoop in oorvloed

Liewe kind
Ek skenk aan jou My weë
Sodat jy daarop kan wandel
Die Ware Lewe kan vind

Sal jy liefste kind
Sal jy kom net soos wat jy is
Moenie wag totdat jy beter vertoon
Dit is die grootste leuen

Kom nou
Kom net soos wat jy is
Asseblief liewe kind
Ken My in al jou weë

Ek seën jou liefste kind
Met die wete van
Wie Ek is
En wie jy is in My

In Jesus Christus
Is jy vergeef
In Jesus Christus
Kan jy kom

Mag jy weet
Ek is lief vir jou
En Ek gee om
Meer as wat enige mens op aarde ooit kan besef

Groot is My liefde vir jou
Onbeperk My genade
Asseblief liewe kind kom
Kom net soos wat jy is

En jy sal vind
Ek en My weë
Slegs Lewe
Kan dit vir jou bring.

Advertisements

Een gedagte oor “Ek & my weë”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s