Lofprysing, Nuwe hoop, Oorgegee

Groot Vreugde

Soveel vrede en rustigheid
Het U in my hart gebring
Abba Vader hoe sê ek dankie
Ek hoop U weet dis U wie Ek bemin

Abba-God ek gee U al die glorie
Vir die rustigheid wat in my hart woon
U is in konstante beheer
Dit is wat my hart bly sing

Dankie Pappa-God
Vir liefde so ongelooflik baie groot
Ek besing U Naam
U besit my hart

Dankie Abba-God vir die vrede in my hart
Dankie dat U my liefhet
Dankie dat U die wêreld en sy mense bemin
Dankie dat U weer alles gaan vervolmaak

Abba-God ons kyk op
Ons wil aanhou in U glo
Ons sal nooit opgee nie
Want ons weet en glo U is in beheer

Abba-God U en U liefde vir my
Is die lied wat my hart en lippe sing
Mag ek dit altyd sing
Met vreugde-baie-bly

Abba U is die Een
Wat my die vermoë gee
Om U te loof en eer
Ek sê so baie dankie daarvoor

Dankie dat U my liefhet
Dankie dat U so baie vir my omgee
Ek bemin U hart
Dis U liefde wat deur die storms van die lewe my sterk Anker bly

Abba, Pappa-God ek kan nie sonder U op planeet aarde leef
Ek het U nodig
Dis U wat die rigting vir my aandui
Dis U wat Hoop aansteek in my hart

Hoe leeg en doelloos
Sou die lewe sonder U wees
Abba ek wil nie eers daaraan dink
Dit sou verskriklik wees

Hoe dankbaar is ek hier en nou
Vir my Koning daarbo se genade en liefde so groot
Dankie Abba-God dat U U kinders bly kom haal
Ek loof en prys U daarvoor

U liefde is sooo groot Abba!
Dis waarin ons harte sal bly glo
U liefde wat dit vir ons gaan voleindig
U liefde wat ons dra deur elke dag

Sonder U kan ons nie Jesus
Ons wil hê U moet weet
U is die Een
Wat aan die lewe nuwe sin gee

Ons wil aanhou sing Abba
Ons wil aanhou om lof en eer
Aan U Naam toe te bring
Dankie Abba-God so baie vir wie U waarlik is

Die blinkste Môrester
Dit is die Naam wat aan U behoort
Blink skyn U deur die donkerste nag
Blink skyn U in my hart

Dis U wat my hart vul
Met oneindige groot hoop
Dankie Abba-God dat U my waarlik liefhet
Dankie so baie dat U my hart se troon bewoon

Liewe Heer, Abba-God
U kan alles kry
Alles van my behoort aan U
U is die Groot Vreugde in my hart

Van blydskap wil ek sing
Vir altyd wil ek dit oorvertel
Dit is te groot vir my
Die vreugde wat U kom aansteek het in my

Dankie Abba-God
DANKIE
Ek bring U al die lof en eer
En ek sê dankie Hemel-Heer

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Groot Vreugde”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s