Blinde oë, Nuwe hoop, Oorgegee

Abba se kind

Weet U dat ek U liefhet
Weet U, U is die Een aan wie my hart behoort
Ek bemin U Naam Abba-God
Ek bemin U hart

Nooit kan enige iemand
Te veel van U weet
Daar is altyd meer
Kom vertel dit ook aan my hart

Moet nooit ophou glo nie
Abba se kind
My hart is in en oor jou
Hoe wens Ek jy sal dit glo

Ek is nooit vêr
Wanneer moeilikheid aan jou deur kom klop nie
Abba se kind Ek wil hê jy moet weet
Ek is dan veral baie naby

Ek raak moeg vir die leuens
Wat die vyand so rondstrooi
Hy sê altyd Ek is nie daar
Hy sê altyd Ek gee nie rerig om

Liefste kind
Dit is nie so
Ek wil vra
Dat jy sal ophou om hom so te glo

Hy vertel julle nie die waarheid nie
Sê ons Abba-Heer
Julle kan in My bly glo
Julle kan My hart bly vertrou

Liefste kinders
Ek sal julle nooit verloën
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet altyd julle oë op My bly hou

Liefste kinders, Abba se kinders
Hou aan My hart vertrou
Weet dat jou hart en lewe
My Naam daaroor het

Liefste kinders
Niks en niemand sal julle ooit
Uit My hand kan ruk
Stewig en sterk is My genade daaroor

Liefste kind
Ek wil hê jy moet weet
Ek wil hê jy moet glo
Jou Koning-God is altyd naby

Ek hoor wanneer julle roep
Liefste kinders julle dra dan My Naam
Nooit sal Ek julle kan vergeet
Dit bly onmoontlik vir My

Ek weet wie aan My behoort
Sê Abba-God
Ek weet
Sê Pappa-God

Lank genoeg het die duiwel
Vir jou gejok
Vir jou bly sê
Daar is nie ‘n plan met jou naam daarop

Liefste kind dit is nie waar, dit is nie
As jy sou kom, as jy sou kom uitvind
Sou jy sien
Daar is ‘n God daarbo

Liefste kind hou jou oë op My
Asseblief hou aan glo
Nooit sal Ek jou hart versaak
Maak dat jy My nie glo

Hou vas aan My hart
Sê Abba-God
Hou vas aan My hart liefste kinders
En weet asseblief Ek sal julle nooit verloën

Ek weet wie Myne is
Ek weet wie My Naam ophet
Vir julle elkeen sal Ek dit voleindig
Dit kan julle maar weet

Dankie liefste kinders
Dat julle aanhou glo
Dankie dat julle naby aan My is
Dankie dat niks julle ooit sal laat weg beweeg

Ons vertrou U hart Abba-God
Selfs al sê die wêreld wat
Deur U genade-hand
Sal U kinders wyd-en-syd bly glo

U kinders ken U Naam
Altyd sal ons dit bly glo
U is in beheer
En daar is niks in hierdie wêreld waarvan U nie weet

Dankie Abba-God
Vir wie U is
Dat duisternis by U soos lig is
Dat niemand niks vir U kan wegsteek

Ek wil U Lig
In die diepste plekke van my hart en siel innooi
Geen dooie plekke van seer
Wil ek hê moet meer daarbinne woon

Skenk U Lewe Abba-God
In die diepste plekke van my wese
Laat U Lig alles in my bewoon
Selfs ook die plekke waarvan ek so gou wil vergeet

Bring dit alles oor in die Lig
Asseblief Abba-God
‘n Kind van die Lig
Wil ek waarlik wees

In wandel, in woord
In daad, in glo
Mag almal sien, mag almal weet
U is die Een waarin ek glo

Dankie Abba-God
Ek wil nie meer hê dat enige iets donker my hart moet bewoon
Ek gee dit alles vir U
Ek wil vra doen net wat U wil daarmee

Dankie Abba-God
Dat U ons help glo
Dat U die Anker in ons wese is
Dat U ons so ongelooflik baie liefhet, ons is ook lief vir U

Ons gee ons lewens vir U
Ons gee dit vir U eer
Kom sing U lewenslied
Deur my O Heer

Dankie Abba-God
Baie, baie dankie
Aan U al die lof en eer
Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Abba se kind”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s