'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Diep, donker tye

Ek bring my hart
En ek gee oor
Voor U almag wil ek buig
Want daar is net niemand soos U

Wanneer gaan die wêreld U sien
Vir wie U rerig is
Wanneer gaan hulle kom
En voor U bely

Daai dag kom beslis
Liewe kind
Die dag wat elke knie gaan buig
Die dag wat elke tong gaan getuig

Liefste kinders
Ek wil nie hê julle moet moed verloor
Al voel dit lank
Al lyk dit asof die dag nie kom

Liefste kinders
Ek wil julle vertroue leer
Selfs in die donkerste waters
Weet dit Ek is altyd daar

Ek gee om
Sê ons Vader
Ek gee so verskriklik baie om
Ek bid dat julle dit sal weet

Liefste kinders
Geloof gaan dit neem
Om My tot op die einde raak te sien
Geloof om tot op die einde te bly staan

Liefste kinders
Ek vra weer
Asseblief moenie julle geloof verloor
Ek is altyd daar, dit kan julle weet

Ek weet van die diep, donker waters
Wat gereeld jul pad kom kruis
Sien julle liefste kinders
Hoe Ek saam met julle daardeur

Ek weet voortbeur
Is dikwels moeilik
Ek weet dit vat meestal
Alles wat julle het

Liefste kinders
Ek is hier om aan julle
Nuwe Hoop te gee
Om te vra liewe kind asseblief vertrou My

Hou julle oë op My liefste kinders
Nie op die storms wat julle omring
Dis al hoe julle dit gaan maak liefste kinders
Dis al hoe ons daardeur

Nuwe Hoop
Wil Ek in die harte van My kinders aansteek
Sê Abba
Hoop waarmee die wêreld en sy dinge nie kan kompeteer

Ek vra dat julle sal verder kyk
Liefste kinders
Kyk verby julle omstandighede
Hou julle oë op My

Trek nader aan My
In die moeilike tye
Liefste kinders
Nie verder van My

Dis dikwels
Waar Ek My kinders verloor
Dis dikwels waar hulle opgee
Liefste kinders asseblief doen dit nooit

Storms is daar
Sodat julle nader aan My kan trek
Nie verder
Sê ons liewe Heer

Kinders, liefste kinders
Ek wil hê julle moet My glo
Ek wil hê julle moet weet dat Ek julle liefhet
En dat Ek julle nooit alleen sal los

Liefste kinders
Asseblief sal julle dit bly glo
Sal julle altyd weet
Dat Ek die ewige sterk Anker is

Ek gee nooit op op julle nie
Sê Vader
Liefste kinders
Sal julle asseblief ook dieselfde met My doen

Moet net nooit van My hand laat gaan nie
Liefste kinders
Dis al wat Ek vra
Selfs al kom klop Dood aan julle deur

Liefste kinders
In die donkerste dieptes van hierdie wêreld
Wil Ek hê julle moet weet
Julle kan My vertrou, julle oë op My bly hou

Asseblief liefste kinders
Moet nooit opgee
In die tye van donkere dieptes
Trek nader aan My nie verder sê Hy

Sien want dis die plan van die vyand
Sê Vader
Om jou in hierdie tye van My te verwyder
Asseblief moet hom dit nie toelaat

Trek nader liefste kinders
Trek nader aan My
So sal jy veilig geanker bly
En sal niks of niemand jou kan beweeg

Sien sê Abba Vader
Ons is net besig om jou huis
Op die Rots Jesus te bou
Nie soos die een wat op die sand vergaan

Liefste kinders daarom vra Ek
In die diep, donker tye
Die waarvan niemand gewoonlik iets wil weet
Trek NADER aan My

Word sterk vra Vader
Laat toe dat jou geloof in My groei
Liefste kinders Ek gee om
En saam gaan ons beslis hierdeur

Ek sal nooit opgee nie
Sê Pappa-Vader
Dit is My belofte aan jou
Kan jy ook dieselfde vir My sê?

Dis al liefste kinders
Dis al
Geloof wat sterk geanker in My bly staan
Totdat tyd en ewigheid in lengte van dae verdwyn.

Advertisements

2 gedagtes oor “Diep, donker tye”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s