'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Skrefie

Dit maak my hart
So naar
So bang
As ek aan die ewigheid dink

Om te weet
Daar is siele wat verlore gaan
Hoe wens ek ons kon almal red
Nie een siel wil ek hê moet ooit verlore gaan

Abba saam met U
Wil ek huil
Oor elke siel
Wat na die hel toe gaan

Abba hoe verskriklik is dit
Om te weet
Daar is siele
Wat nie saam met ons daarbo gaan wees

Abba dit breek my hart
Ek wil nie hê dit moet so wees
Hoe maak ons hulle oë oop Abba God?
Hoe kry ons hulle om te sien?

Daar is ‘n ewigheid van Lewe en Dood
Wat op ons elkeen wag
Die lewe hier is gegee
Sodat ons elkeen ons daarop kan voorberei

Abba ek wil nie hê
Dat een siel moet verlore gaan
Abba wat kan ons doen?
Abba wat kan ons doen?

Hoe gaan hulle sien?
Wanneer gaan hulle glo?
Die hel is nie ‘n plek
Waar Ek wil hê

Een van My kinders
Moet ooit gaan
Dit is wat ons Vader vra
Liefste kinders asseblief

Sal julle kom?
Sal julle glo?
Daar is ‘n plek soos hel
Maak nie saak wie wat vir julle sê

Liefste kinders
Glo My asseblief
Maak seker
Dat jy nie daarnatoe gaan

Ek het gekom vir julle
Om die Lewe te vind
Liefste kinders
Maak oop julle oë

En sien wat om julle aangaan
Die tyd raak min
Die tyd gaan kom
Liefste kinders kom!

Asseblief dis net genade-tyd
Daar is nie meer tyd om te mors nie
Asseblief maak seker julle behoort aan My
My hart raak so seer

Soos ek hierdie woorde hoor
Liewe wêreld asseblief
Asseblief kom
Daar is nog tyd!

Die genade-deur is besig
Om toe te gaan liefste kinders
Die skrefie is klein
Daar is nog tyd!

Asseblief liefste kinders
Kom
Kom
Terwyl julle nog kan

Daar is nie meer tyd oor nie
Liefste kinders asseblief
Julle moet weet
Behoort julle aan My?

Julle moet weet
Wie s’n is julle?
Julle moet weet
Aan wie julle behoort

Die wêreld of aan My?
Dit is wat julle moet weet
Liefste kinders daar is nie meer tyd om te wonder
Julle moet weet

Daar is te veel op die spel
Julle kan nie bekostig
Om so ‘n groot kans
Op julle siele te neem

Asseblief liefste kinders
Asseblief hoor My
Lewe en Oorvloed
Het Ek gekom om aan jou te gee

Glo My daar is ‘n ewigheid wat wag
Soveel op die spel
Sê Abba God
Asseblief liefste kinders

Wees wys
Kies My
My weë is Lewe
Sê Abba God

Nie andersom sê Hy
My weë is Lewe
My weë is Lig
Asseblief liefste kinders

Ek vra julle om te glo
Moet nooit van My hand laat gaan
Hou aan glo, hou aan glo
Hou vas aan My

Hou vas My hand
Nooit sal Ek laat gaan
Dit kan julle maar glo
Asseblief vertrou My

Vertrou die werk van My hande
Asseblief bring dit als vir My
Hou aan glo, hou aan glo
Dit is wat ons Vader vra

Nooit sal Ek julle versaak
Sê Ek gee nie meer om
Asseblief vertrou My
Kom, kom

Net soos wat jy is
En weet Ek vergewe jou
Nêrens is te ver
Liewe kind Ek het gewag vir jou

Gewag vir jou om te kom
Asseblief vertrou My hart
Vertrou wie Ek is
Sien Ek antwoord jou

Hou aan glo
Asseblief liewe kind
Hou aan glo
Moet nie ooit jou rug op My draai

My kinders sal Ek bly deurdra
Tot op die end
Dit kan julle maar glo
Asseblief liefste kinders vertrou My

Julle weë, harte en lewens
Moet aan My behoort
Dit is wat ons Vader vra
Ek vra julle om oor te gee

Ek vra julle om te vertrou
My weë is beter as julle s’n
Asseblief liewe kinders
Hou aan glo

Dankie Jesus
Hemelse Vader
Aan U al die lof en eer
Halleluja Amen

Ons gee oor
Ons gee dit als vir U
Ons sal aanhou glo
Deur U genade-hand, o dankie Heer.

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Skrefie”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s