Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Mooiste Weë

Abba Vader dankie vir hierdie pragtige dag
Die voëltjies wat sing en dans
Hulle maak my hart baie bly
U het hulle gegee om ons te verbly

Ons harte is diep dankbaar daarvoor
Hoe leeg en doelloos
Sou hierdie wêreld
Sonder U en U warm liefde wees

U is Warmte
U is Lig
U is alles wat mooi is
En in my hart wil woon

Meer en meer plek
Wil ek in my hart vir U gee
Want U maak alles in my
Mooi

Ek wil hê Here Jesus
U en U weë
Moet blom
In my hart

Alles wil ek oorgee
In U sterk en wyse arms
Kom rig my weë Abba
Kom maak daarmee net soos wat U wil

Alles wil ek oorgee
In U sterke, wyse arms
Maak daarmee Abba
Net soos wat U wil

Oorgee vanuit diep in die hart
Dit is wat U hart so verbly
U soek nie leë oppervlakkige woorde
U soek diepte vanuit die hart

Abba-God wil U hierdie diepe waarheid
Meer en meer vir U kinders kom leer
Konneksie met U vanuit die hart
Dit is wat U die diepste begeer

Liefste kinders
Ek soek nie julle aanbidding
Omdat julle moet nie
Ek soek dit omdat julle wil

Liefste kinders
Gees-konneksie met My
Is net moontlik
As ook julle harte daarna vra

Gees-konneksie liefste kinders
Dit is waarna Ek verlang
My kinders wie ook se harte
Na My vra

Van diep binne wil Ek vra
Dat julle sal begin oorgee
Liefste kinders
Nie net harte wat mooi gebede vra

Nee liefste kinders
Ek wil vra
Vanuit die diepste jou
Dat jy met My sal begin ‘connect’

Van diep binne
Wil Ek hê jy moet oopmaak
Liefste kind
My waarlik innooi

Liefste kind
Julle hou dikwels op
Net voordat julle harte
My bereik

Liefste kinders moenie net bid
Ek wil hê julle moet op My aangesig bly wag
Wag totdat Ek opdaag vra Abba-God
Wag totdat Ek by jou sit

My vrede sal jy voel liefste kind
Dit sal jou omring
Jy sal weet dit is Ek
Jy sal weet Ek het opgedaag

Liefste kinders
Ek verlang na diepte met My kinders
Intimiteit
Nie oppervlakkige tydmors

Liefste kinders
Wat help dit julle bid
Maar julle gee nie rerig om
Om van My te hoor?

Is daar kinders daarbuite
Wat wil hoor van My?
Wat omgee oor My woorde?
Wat omgee oor die dieptes wat in My hart woon?

Liefste kinders
Dit is wat Ek vir julle wil gee
Diepte vanuit My Woord
Diepte vanuit My hart

Sê asseblief vir My
Is daar kinders
Wat van My
Wil hoor?

Liefste kinders
Ek wil julle nader trek aan My
Ek wil hê julle moet kom hoor
Wat in My en My wêreld aangaan

Liefste kinders lank genoeg was hierdie wêreld
Belangriker as Ek
Abba vra liefste kinders
Asseblief kom ontdek My hart

Kom ontdek en vind
Die drome wat Ek in My hart oor jou hou
Liefste kinders Ek wil vra kom vind jou waarde in My
En nie in wat die wêreld oor jou sê

Liefste kind
Weet jy hoeveel oneindige waarde jy in My oë dra?
Weet jy hoe ongelooflik baie Ek jou liefhet?
Liefste kind hoe wens Ek jy het dit geweet

Hoe wens Ek julle het dit geglo
Want julle sê julle doen
Maar eintlik doen julle nie
Sê Vader-Heer

Liefste kinders
Julle soek julle waarde
In hierdie wêreld
En wat sy vir julle kan gee

Maar julle besef nie
Dis iets wat sy nie waarlik
Ooit
Vir julle kan gee

Liefste kinders Ek weet
Hoe julle verlang na aanvaarding
Ek weet sê Abba Vader
Want Ek het julle so gemaak

Ek het julle gemaak
Om My nodig te hê
Liefste kinders
Dit is hoe dit is

Liefste kinders
Al wat Ek vra
Al waarna Ek verlang
Is dat julle waarlik sal kom

Haal af die pretensie sê Abba-God
Liefste kinders kom
Kom asseblief
Net soos wat julle is

Weet julle hoe baie Ek julle liefhet?
Liefste kinders My hart breek
Hoe kan julle dit nie sien?
My Enigste Seun het Ek gegee

Vir jou
Vir elkeen wat sal kom
Wanneer gaan julle My Woorde, My stem
Bo-oor die van die wêreld begin hoor?

Wanneer liefste kinders
Gaan julle My begin glo?
Dis omdat julle altyd die leuens van die vyand
Oor julle-self glo

Julle is altyd saam met Hom
Aan dieselfde kant van die kryt
Liefste kinders dit is tyd
Dat julle saam met My teen hom begin baklei

Liefste kind hoe kan jy jouself
Aan die kant van die vyand skaar
Besef jy nie, hy het klaar verloor
Hy probeer jou net saam met hom aftrek

Liefste kind moet hom dit nie toelaat
Sê vir hom hy is alreeds oorwin
Moenie toelaat liefste kinders
Dat hy die kous oor julle oë trek

Nee liefste kinders
Julle moet sien wie en wat hy waarlik is
Hy is nie die WAARHEID nie
Ek is

Hy is van leuens gemaak
Liefste kinders hou asseblief op om al sy leuens te glo
Mooi tof hy hulle op
Hulle klink altyd so goed om te glo

Maar dis nie waar nie
Liefste kind
Geen van sy woorde sal ooit
Waarde dra

Hy belieg, besteel en verwoes
Net waar hy gaan
Sy koninkryk is donker, duister
Geen mens wil ooit daarna gaan

Liefste kinders
Asseblief
Hou op om julle aan sy kant te skaar
Ek het gekom sodat julle die Lewe kon ervaar

Ewig en Diep
Verrykend en Mooi
Dit is waarna My weë loop
Dit is die mooiste weë waarop ‘n mens ooit sal kan loop

Liefste kinders hoe hoop Ek
Dat julle dit sal glo
Want dis een ding om dit net te sê
En dis ‘n ander ding om dit waarlik te glo

Want as julle dit geglo het liefste kinders
Sou julle al vandag daarop wou begin loop
Sien dis die ding sê Abba-God
Dikwels bly dit net by praat

My kinders sê so baie hulle weet
Maar dan sit hulle nie die daad daarby
Liefste kinders wanneer gaan julle begin loop
Soos wat julle sê julle glo?

Wanneer gaan julle begin doen
Wat Ek van julle vra?
Ek vra julle nie om te doen
Dit waartoe Ek julle nie instaat stel

My liefste kinders
Ek sal julle leer
Ek sal julle help
Ek sal julle lei

My Gees het Ek gegee
Hy sal julle wys
Al wat Ek vra is dat julle
Iewers sal begin

Liefste kinders Ek is altyd naby
Ek sal julle nooit iets vra
Waarmee Ek julle nie
Elke tree sal lei

Julle kan My hart vertrou
Liefste kinders
My hart is nooit om te verlei
Mislei is nie My hart nie

Waarheid en als wat mooi is
Dit sal julle in My hart vind
Wit is Myne, Swart is syne
Grys is heelwat van My kinders s’n

Ek wil nie hê dit moet so wees nie
Liefste kinders
Die goed en sleg
Is vermeng in die harte van My kinders

Ek vra asseblief
Ons moet ontslae daarvan raak
Julle kan My nie met lou harte dien nie
Asseblief liefste kinders

Vuurwarm
Aan-die-brand
Moet julle wees
Vir My

Dis al hoe ons hierdie wêreld
Gaan ore aan sit liefste kinders
Ek en Jy, Waarlik
In Alles, Een

Dit is wat ons Vader sê
Liefste kind
As jy nog buite staan
As jy net nie jou weg na binne kan vind

Kyk na My en weet
Daar is nog HOOP vir JOU
Ja jy sê Vader
Die Een wat die verste weg is van My

Vir JOU, vir jou JA
Liefste kind
Het Ek gekom
Om jou My weë te wys

Moenie op jouself opgee nie sê Abba-God
Liefste kind
Dit wat Ek begin het in jou
Dit sal Ek voleindig sê die Heer

Sien sê Abba-God
Die onus lê dan nie eers by jou
Om die Ewigheid te maak
Al wat Ek van jou vra is dat jy jou oë op My sal bly hou

Op My liefste kinders
En op niemand anders nie sê ons Abba-God
Liefste kinders My weë is so mooi
Ek vra dat julle op hulle sal begin verlief raak

Liefste kinders hulle is sooo mooi
Hoekom wil mense nie op hulle loop nie
Dit wonder Ek dikwels sê Abba-God
Dis asof hulle verblind is

Dis asof hulle dink dit is vuil
Liefste kinders My weë is soet
Hulle is skoon, hulle is rein
Hulle sal alles wat mooi is uit julle bring

Asseblief liefste kinders
Begin vandag op hulle te loop
Vra na hulle sê Abba-God
Vra na My weë

Wees lief vir hulle sê Abba-God
Dit is wie Ek is sê Hy
Vertrou My wese
Liefste kinders vertrou wie Ek is

En weet dat Ek julle NOOIT in die steek sal laat nie
Dit is nie wie Ek is nie sê Abba-God
Ek verloën nie My kinders nie
Nooit nie

Ek staan hulle altyd by
In die diepste, donkerste waters is Ek altyd naby
Liefste kinders sal julle My asseblief
Altyd bly vertrou

Nooit-ooit julle rug op My draai
Dis al wat Ek vra
Al kom die donkerste tye
Hou ALTYD maar altyd julle oë op My

Asseblief liefste kinders
Dit is al wat Ek vra van jou
Vir jou om My nooit
Net soos ‘n Petrus ooit te verraai

My hart, genade en vergifnis is groot
Sê Abba-God
Maar dit is belangrik liefste kinders
Vir ook My om te weet Ek kan staatmaak op jou

Jy gaan My nie om elke hoek en draai
In die rug stuk nie
Jy gaan My bly vertrou
En ook jou woorde gaan dit bly sê

Dis al sê Abba-God
Staatmakerkinders wie ook Ek
Met My hart en Woord
Kan vertrou

Sal jy op hulle kom loop
Liefste kind
Toelaat dat jou hart en weë
Die van Myne vind?

Ek is trots op jou liewe kind
En saam gaan Ek en jy dit maak
Die Lewe en Ewigheid vind
En ook die Paradys daarna.

Advertisements

Een gedagte oor “Mooiste Weë”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s