Liefde so groot, Nuwe hoop, Oorgegee

Gees-Lewe

Elke asemteug is ‘n geskenk
Van ons Abba Vader daarbo
Ek wonder of jy dit weet
Ek wonder of jy dit besef

Dankie Abba vir elke geskenk
Uit U hand
Ons wil dit raaksien
En ons wil dankie sê

Waar sou ons
Hierdie wêreld
En elke mens daarin
Sonder U liefde wees

Abba dis U wat ons
Altyd nader nooi
Abba dis U wat ons
Elke keer kom haal

Dankie Abba Vader
Vir U genade en liefde groot
Dankie dat U ons liewer het
As wat ons ooit kon verdien

Abba ek wil dankie sê
Uit my hart wil ek ‘n loflied sing
Dankie Abba
Dankie vir genade en liefde so baie groot

Dankie dat U elke dag
Met ons bemoeienis maak
Dankie dat U ons liewer het
As wat ons ooit sal kan besef

Dankie Abba-God
Dankie
Dankie
Dankie

Dit is die woorde
Wat van my hart bly opspring
Dankie! Dankie Abba-God
Vir elke geskenk van genade uit U hand

Die asem in my longe
Dit is U
Die vreugde en blydskap vir vandag
Dit is U

Elke lag
Elke glimlag
Grote Koning
U is die rede daarvoor

Dit is U wat die blink
Van hierdie lewe
Terugsit in my oë
Dis U wat daarbinne woon

U is die lied in my hart
Abba Vader ek wil altyd sing
Ek wil aanhou getuig
Van my Koning wat daarbo woon

In my hart het Hy
Die spesiaalste plekkie gekry
Daar is net niemand
Wat dit meer as Hy verdien

Liefste Koning, Abba God
Die beste van my dit kan U maar kry
Die beste van my tyd
Die beste van my

Eerste prioriteit
Maak dit My
Liefste kind
Moenie bang wees daarvoor

Ek wag en Ek hoop
Dat jy sal luister
Sal jy omgee
Om meer van My te hoor?

Sal jy nader kom?
Liefste kind Ek wil jou leer
Meer en meer
Al die skatte wat in My woon

Wanneer sal jy kom?
Liefste kind
Genade-groot woon in My hart
Liefste kind Ek wag vir jou om nader te kom

Wanneer sal dit wees
Wil die groot waaragtige Koning weet
Liefste kinders die tye van net van My weet is lank verby
Dit is tyd dat julle self kom hoor

Kom klop aan My hart
Kom klop aan My Woord
En kyk liefste kind
Hoe Ek vir jou die deur oopmaak

Ek wil jou binne nooi
Ek wil jou nader nooi
Liefste kind sal jy kom
En asseblief self by My kom hoor

Ek wil nie hê jy moet meer glo
Net wat ander mense glo nie
Nie net wat ander sê nie
Ek wil hê jy moet self kom hoor

Ek wil hê jy moet My stem vir jouself leer ken
Daar is te veel verleidings in die wêreld
Te veel opinies en teorieë oor wat die waarheid is
Nee liefste kinders Ek wil hê julle moet self kom hoor

Julle moet self begin My Woord oopmaak
Daar is te veel dinge in hierdie wêreld wat nie rerig van My is
Liefste kinders hoe gaan julle weet?
Hoe gaan julle onderskeid kan tref?

Maak oop julle harte
Maak oop julle oë
Sien die waarheid liefste kinders
Dit lê en wag voor julle deur

Nader
Nader aan My
Dit is julle antwoord
Sê die liefste Heer

Vergeet ‘n bietjie van die ander goed in julle lewens
Wat julle so belangrik ag
Asseblief liefste kinders
Kom en fokus vir ‘n slag ‘n bietjie op My

Nie op al die ander goed rondom julle nie
Maar op My
Daar is baie goeters in hierdie wêreld
Wat julle aandag aftrek van My

Liefste kinders haal asseblief ‘n bietjie
Julle oë af daarvan en plaas dit op My
Lewe liefste kinders
Lewe wil Ek aan julle gee

Dit is My hart vir jou
Sê Abba-God
Nie die dood
Wat julle elke dag omring

Liefste kinders
As julle jul besighou
Met dinge wat bittermin ewigheidswaarde dra
Wil Ek vra dat julle jul besluit sal heroorweeg

Soveel goeters is nie van My
As die goeters net jou vlees laat groei
Moet jy weet, Jy moet weet
Dit is nie van My

Dit is nie My hart
Om jou vlees vet te voer nie sê Vader
Dit is My hart om Lewe en Oorvloed
In en oor jou Gees uit te stort

Dit is die Lewe waarvan Ek praat
Liefste kinders
Lewe in jou Gees
En dan alles wat daaruit voortvloei

Liefste kinders Ek wil Fonteine van Lewe
In julle harte laat voortspruit
Sodat die Lewende Waters kan vloei
Alles in en om jou met Lewe kan aanraak

Lewe in die Gees
Liefste kinders
Dit is waarvan Ek praat
Dit is waar alles begin

Is jou Gees al wakker
Vra Abba
Is jou Gees al wakker?
Vir My Stem en dit wat Ek jou wil leer

Voortvloei liefste kind
Voortvloei dit is hoe Ek wil hê dit moet wees
Ek wil hê die Lewe in jou Gees
Moet voortvloei na alles in en rondom jou

So baie van My kinders sê Vader
Wat hierdie lessie nog moet leer
Hoe om van My te hoor
Hoe om van My te hoor in die diepste van hulle Gees

Liefste kinders asseblief
Asseblief kom nader
Ek wil jou leer sê Abba-God
Nie net die Pastoor of sy seun

Nee liefste kind jy het die voorreg
Om self by My te kom hoor
Dominees is goed, Leraars is goed
Daar is baie

Maar liefste kinders Ek wil vra
Kom hoor self by My
Moenie net alles wat jy hoor
Vir soetkoek opeet nie

Liefste kinders nie alles is waar nie
Al is dit hoe goed bedoel
Hulle is mense
Hulle kan ook verkeerd wees

Liefste kind kom na My toe
Laat toe dat Ek julle leer
Moenie teoloë en teorieë aanhang
Kom vra eerder na My

Liefste kind
Alleen in jou kamer
Ek en jy
Daar wil Ek jou leer

Dis hoe als begin
Moenie bang wees daarvoor nie sê Abba
Kom nader
Nog ‘n bietjie nader aan My

Besef jy dat Ek alreeds vir jou wag?
Liefste kind
Ek sien so uit
Sê asseblief jy sal kom na My

Voor jy jou Bybel oopmaak
Vra My ‘Liefste God
Sal U my asseblief deur U Gees kom lei
Die weg vir my aandui’

Moenie bang wees
Om jou Bybel oop te maak nie
Party goed sal dalk glad nie vir jou sin maak nie
Ander sal

Dis My liefste kind hoe Ek jou begin leer
Hou dan net aan daarmee liefste kinders, nie net nou en dan
Die kleinste rukkie kan Ek gebruik
Solank dit ‘n daaglikse instelling is

Sien liefste kind dis die ding
Ek wil sooo graag met jou tyd spandeer
Al wat Ek voor vra
Is dat ook jy dieselfde met My sal wil doen

Liefste kind as jy lief is vir My
Sal jy mos tyd met My wou spandeer
Is dit nie so?
Is dit nie waar?

Dit is liefste kind
Hoe jy jou liefde vir My kan meet
Dit is hoe jy sal weet
Of jy waarlik omgee oor My

Daar is altyd plek vir meer
Julle kan My nooit te veel liefhê
Altyd wil Ek julle meer wys
Altyd wil Ek julle meer leer

Liefste kind sal jy kom
Asseblief net soos wat jy is
Ek wil jou leer
Ek wil Gees-Lewe aan jou skenk

Deur dit te doen sê Abba Vader
Elke dag met My tyd te spandeer
Sal jou Gees groei
Want jy is besig om lewe en nie dood te deponeer

Liefste kinders
Die dinge van hierdie wêreld
Het ‘n manier om net dood
In julle harte en lewens te bring

Daarom wil Ek vra dat julle My sal toelaat
Om julle onderskeid te leer
Onderskeid tussen goed en sleg
Onderskeid tussen reg en verkeerd

Nie alles wat julle doen, kyk, lees of luister
Is goed vir julle nie
Party is so sleg
Net slegte saad saai dit in die harte van My kinders

Liefste, liefste kinders
Sal julle My toelaat om julle te wys
Om julle te leer
Om julle te bring op plekke in die Gees waarvan baie net droom

Dit is en kan wees sê Abba Vader
Dit is en kan wees
Alles begin by jou
Sê Abba Vader

Jy wat ja sê
Jy wat My glo en vertrou
Jy wat My elke dag
‘n Bietjie liewer kry

Dankie liefste kind
Dankie dat jy omgee om te hoor van My
Jou Abba-Pappa liefste God
Weet dit Ek is lief vir jou

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Gees-Lewe”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s