'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

My glimlag

Ek kies U eerste Abba
Bo Alles
Wil ek saam met U
Tyd spandeer

Ek wil loop soos U wil loop
Ek wil U hartklop vir my lewe hoor
Ek gee oor en ek gee U totale beheer
Kom loop deur my hart en lewe Heer

Laat my U stem hoor Abba
In elke besluit wat ek moet neem
Ek wil weet wat U daaroor sê
Van elke besluit Abba-Heer mag U maar die leisels oorneem

Kom gee my U hart en lewe Vader
Heer dat ek altyd sal weet U is in beheer
Meer geloof in donker tye
Meer geloof wanneer alles om my sê nee

Abba ek wil U hart vertrou
Soos wat U dit verdien
Ek wil nooit op U uithou nie Heer
Ek gee oor en ek gee U totale beheer

Laat my ore altyd oop wees
Vir U roepstem Abba-Heer
Leer my meer en meer
Hoe om van U te hoor

Waarlik in my wese my Koning
Wil ek U eerste stel
Hoog bo almal en alles om my heen
U verdien 1ste plek my Koning en ek wil dit so graag vir U gee

Van U groot liefde
Wil ek altyd sing
Vir almal vertel
Van my Hemelse Koning daarbo

Die Een wat die maan en aandsterre
In Sy hand hou
Die Een wie jou en my
Bemin

Liefste kind jy wat nog nie glo
Wil jy nie ook maar kom?
My liefde strek so ver
Ook vir jou is dit meer as goed genoeg

Liefste kind
Kom nou asseblief
Voor dit te laat is
Kom en gee oor aan My

Ek wil jou leer
Hoe om van My te hoor
Om voor My aangesig te kom
Met liefde en blydskap so groot

Abba-kind hoor hierdie woorde
Jou Abba-God is lief vir jou
Ek gee om My liefste kind
Ek wil nie hê jy moet sê jy het genoeg gehoor

Liefste kind
Ek roep en nooi jou nader
Asseblief sal jy My hart kom vind
Op goue sand en strate My weë kom vind

Sal jy daarop stap
My liefste kind?
Sal jy kom hoor
Hoe diep My liefde vir jou lê?

Lank voordat hierdie wêreld begin het
Het Ek jou in My arms neergelê
Vir jou vertel daar is ‘n droom vir jou lewe
En jy moet hom gaan vind

Ek sal jou help
Het Ek gesê
Om jou weg
Terug na My te vind

Nie almal het gehoor
Nie almal wil hoor
Dat wie jy is
Jy slegs in My sal vind

Ek is die volmaaktheid van wie jy is
My liefste kind
In My
Vind jy jouself

Daarom liefste kind wil Ek jou vra
Om saam My te droom
Om oor te gee, om te vertrou
Om te weet Ek gee om vir jou

Liefste kind kom vind jouself in My
Kom vind en spoor na die drome in My hart
Aardse drome kan nie gee
Wat Ek in My liefde en grootheid gee

Vind My hart, spoor na My weë
En julle sal vind
Julle sal My verseker vind
Dit is waar en dit is so

Halleluja. Halleluja. Amen.

Spoor na God se hart
Spoor na God se weë
En julle sal vind
Lewe in al Sy volheid lê voor julle deur

Lewe nie soos julle ken
Beter as dit
Lewe in Volheid
Lewe in Hoop

Was My in U bloed Jesus
Was My en vat weg alles wat nie van U is
Sodat ek die mooi van die lewe kan geniet
‘n Skoon gewaste Koningskind

Sien ons sien dit nie altyd
En ons wil dit ook nie altyd hoor
Maar Vader-Jesus se reëls is sooo mooi
Dit sal ons met alles wat mooi is omring

Ek is sooo moeg
Om op my eie weë te loop
Ek wil oorgee en vertrou
Want ek weet daar is ‘n Koning wat hoor

Hierdie Koning is goed en mooi
Hy is getrou in al Sy weë
Hy is Lewe
Hy is Mooi

Meer en meer wil ek van Hom vertel
Van Sy grootse mag
Van Sy kinders wat hoor as Hy vra
Van Sy weë

Sy weë is mooier as myne
Ek wil ophou om dit nie meer te glo
Alles wat mooi is
Sal ek in Hom en Sy weë vind

Wil jy Hom nie ook deel van jou lewe maak
Wil jy nie ook glo Hy is in volle beheer
Saam met my boeties en sussies wil ek glo
Hy staan voor ons deur

Die lewe wil ek saam Hom loop
Vir almal vertel van die Hoop wat in my leef
Mag ek Hom deel?
Mag ek ook vir jou vertel?

Hy is my asemteug
In die more se vroeg opstaan
Hy is die glimlag in my lag
Hy is die rede dat ek hier wil wees

Hy is die Een waaroor ek juig
Hy is die Een waarvan ek getuig
Hy is die rede vir my glimlag
Hy is die vertroosting in elke traan

Omdat ek weet my Koning gee om
Wil ek altyd naby Hom wees
Ek wil Hom nooit verloën
Ek wil tyd saam met Hom spandeer

Soos ‘n beste vriend
Wil ek my Bybel optel
Hom nader nooi en sê
Koning kom sit asseblief by my

Ek weet in U Woord
Sal ek U vind
Ek sal aanhou lees
Want ek weet U sal opdaag

U doen altyd my Abba-Heer
Met liefde sag is U altyd naby
Ek gee oor Abba
Ek wil U nader nooi

In my tyd
En in my wese
Ek weet U is
Altyd naby

Ek is moeg daarvoor
Om ver van U te wees
Want ek het uitgevind en geleer
U is eintlik altyd baie naby

Ek weet nie of dit leuens is
Of ons wat dit so graag wil glo
Maar Abba dit het tyd geword
Om U waarlik te vind

U is die rede vir my opstaan
U is die rede vir my aangaan
En ek sê
Baie dankie daarvoor

Die rede vir my glimlag
Die rede vir my Hoop
Dit is U
Ek het myself in U gevind

Dankie Abba liefste God
Vir U genade en liefde
Meer wil ek U vertrou
Want elke storm stap U saam my deur

Leer my meer Abba
Asseblief meer van U
Wie U is
Wat U beteken vir my

Want ek wil weet Abba
Ek wil weet wie U rerig is
Daarom wil ek bid en vra
Abba vul ons met U hart en wese

Elkeen wat hierdie woorde lees
Maak ons minder en U meer
Sodat die wie ons sien
Sal weet dit is U

Skyn ‘n Lig so groot
In ons harte
Dat ons lewens sal verkondig
Ons Koning is groot!

Ons smag na U wese
Ons smag na U hart
Leer ons meer Abba
Meer hoe om van U te hoor

Dankie Abba
Pappa-God
U liefde is oneindig groot
Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “My glimlag”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s