Blinde oë, Nuwe hoop, Oorgegee

Groei in Liefde vir My

Dienskneg, dienskneg
Dis wie ek wil wees en bly
Altyd nederig
Altyd getrou

Abba Vader-God
Sal U my asseblief kom leer
Om meer en meer
Te dien

Hy wie die grootste onder julle wil wees
Hy moet die kleinste wees
Dit het U gesê
Abba asseblief maak dit my

Ek wil dien
Soos Jesus gedien het
Ek wil wees
Wie Hy was

Ons Koning en Meester
Het vir ons die voorbeeld gestel
Mag ons altyd dien
Ons is nie beter as Hy

Meer en meer wil ek hê
Dat Jesus se manier ook myne sal wees
In wat ek doen en sê
In elke woord wat my lippe verlaat

Ek wil ander mense
Hoër as ek stel
Maar ek weet dis iets wat nie gebeur
Tensy U rerig in my leef

Abba daarvoor wil ek vra
Vat die ek weg en gee my U
Help my om te verstaan
Dat ek rerig soos U moet leef

Nie net met wat ek doen en sê nie
Maar met alles in my
Woorde is min
Maar dade wys

Daarom wil ek vra
Meer as wat ek doen en sê
Kom leef Abba-God
Waarlik in my

Mag my gedagtes
U verheerlik
Ja selfs die waarvan net U en ek weet
Ek wil nie al die lelike goed bedink

Ek wil my hoop en wese
Wie Ek is
Op U sit
Ek wil U en U weë bedink

Abba sal U my asseblief daarmee help
Om altyd te weet
U is my God
En U sal my altyddeur lei

As julle meer wil weet
Vra na My
Vra na My wil en weë
Vra My om jou te help sien

Liefste kind Ek wil jou help
Ek wil jou leer
Al wat Ek vra is dat jy sal omgee
Om te hoor van My

Gee om sê Abba-God
Gee asseblief om om van My te hoor
Ek wil jou leer maar dit kan nie gebeur
As jou hart nie ook wil hoor

Ek wil julle leer
Altyd-altyd
Meer en meer
Mooi is My weë

Beautiful sê Abba
Is Ek en alles om My heen
Beautiful
Ek wens julle kon dit sien

Soveel mooi dinge sê Abba
Wat julle omring
Dit is alles van My
Dit is My geskenk aan julle

Ek is bly julle hou daarvan
Sê Abba
Meer en meer wil Ek aan julle gee
Dit is altyd My hart

Om My te verheerlik
In wat julle doen en sê
Dit bly altyd vir My so mooi
Iets waarvan Ek nie genoeg kan kry

Daarom wil Ek vra
Mooiste, liefste kinders
Groei in Liefde
Word asseblief liewer vir My

Nog helderder
Wil Ek deur julle skyn
As julle My net sal toelaat
Om julle te laat blink

Sien dit is My hart
Dit is My wese
Om hierdie wêreld te verander
Hom ‘n beter plek te maak

Deur My in My kinders
En hulle wat My toelaat om te werk
Kan Ek
Wil Ek sê ons Abba-God

So laat My toe
Sê Abba Vader
Om deur jou te skyn
Meer en meer sê ons Abba-God

Jy kan ‘n verskil maak
In hierdie wêreld
Liefste seun, liefste dogter
Sal jy?

Dit begin by die kleinste gebare
Ek sal vir jou wys
‘n Vriendelike woord
‘n Blik wat omgee

Liefste kinders, liefste kinders
Deur julle – My kinders
Wil Ek skyn
Wil Ek hierdie wêreld aanraak

Sal julle My liefde sê Abba
Met almal om julle deel
Nie net almal met wie julle wil nie
Maar rerig almal

Liefste, liefste kinders
Ek gee om vir julle
Ek is julle Koning groot
Vertrou My wil en vertrou My weë

Dankie Abba liefste God
Ons lief dit om van U te hoor
Sluit ons toe Abba
Sodat ons waarlik vir U sal leef

Dit is my grootste hartsbegeerte
Om altyd binne in U hart te woon
Daar is dit altyd mooi
Daar is daar altyd HOOP

Daarom Abba-God
Vat my hart en lewe
Vir U Naam en eer
Vir U Koninkryk

Ja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Groei in Liefde vir My”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s