Blinde oë, Oorgegee

Die Hele Ek

Blinker as die blinkste son
Dit is die Koning van my
Dit is die Koning van jou
Liewe vriend weet jy wie Hy is?

Van die hemel daarbo
Het Hy neergedaal
Om vir my en jou te kom vertel
Hoe bitter-baie Hy ons liefhet

Sonde het Hy
Aan die kruis kom vasnael
Sodat nie ek of jy ooit weer
Onder sy heerskappy hoef te sit

Dit is hoe baie Hy – ons Koning
Ons lief het liewe vriend
As gevolg van sonde het Hy vir ons
My en jou – hierdie wêreld – kom ly

Sodat ons kan vry wees daarvan
Sodat ons nooit weer as gevolg daarvan moes ly
Het jy nog nie genoeg gely?
Liewe vriend dan vra ek dat jy sal nader kom

Sal kom hoor
Hoe baie dit is
Dat hierdie Koning
Omgee vir jou en my

Meer as al die sterre tesaam in die aandlug
Meer as die son op die warmste dag
Meer as al die mooi op die aarde
Dit is die liefde van ons Koning vir jou en my

Wil jy nie nader kom?
Wil jy nie jou naam aan Hom vertel?
Sê net aan ons Koning daarbo
Dankie Vader dat U gekom het om in my plek te ly

Dis al wat Hy wil hoor
Ons Koning daarbo
Hoe jy jou Hoop en Vertroue sit
In die bloed en dood van Sy Seun aan die kruis

Soveel genade het ons Hemelse Vader
Aan ons bewys
Die dag toe Hy Sy Seun stuur
Vir jou en my

Liefste vriend
Ken jy al vir My?
Het jy al jou hart oorgegee?
Leef jy al ten volle vir My?

Liefste kind
Want dit is wat Ek van jou vra
Dat jy My sal liefhê
Soos wat Ek jou liefhet

Bemin My met jou alles
Sê-vra ons Abba-Heer
Nie net nou en dan ‘n bietjie
En dan vergeet jy weer van My

Liefste kinders daar is soveel meer waarde aan hierdie lewe
As wat julle dikwels daaraan heg
Daar is meer
Daar is die Hele Ek

Liefste kinders hoekom hou julle so vroeg op
Hoekom hou julle op voordat julle My ten volle bereik
Hoekom hou julle van lou-wees
Hoekom hou julle nie van die hele Ek?

Lou lewens en lou harte
Liefste kinders dit kan nie meer
Kyk na binne, kyk wat daar lê
Maak asseblief seker dit is Ek

Liefste kinders dit is tyd
Dat Ek julle harte besny
Met My Waarheid en Lig
Asseblief kom vra daarna

Daar is nie meer tyd
Vir lawwe speletjies speel
Liefste kinders daar is meer
Daar is die hele Ek

Liefste kinders Ek wil vra
Kom spoor My volheid na
My Hele Ek
Nie net deeltjies van My

Ek wil vra dat jou lewensaltaar
Ten volle aan My sal behoort
Nie net hier en daar ‘n stukkie
Nee liefste kinders julle alles moet julle neerlê

Soos Abraham sy seun Isak moes neerlê
Soos Ek dit met My Seun moes doen
Liefste kind asseblief lê neer jou lewe
Sodat jy die Ware Lewe kan vind

Liefste kind asseblief
Ek wil vra hou jou oë op My
Jy sal sien dit is nie te veel gevra
Dit is die pad van ware gehoorsaamheid sê Hy

Soveel van My kinders sê Abba
Wat in nagemaakte gehoorsaamheid wandel
Hulle woorde sê hulle is Myne
Maar hulle dade sê iets anders

Liefste, liefste kinders
Ek wil vra dat julle woorde en dade
Sal begin op-lyn met My Woord
Daar is nie meer tyd om hulle te skei

Ware Aanbidders sê Abba
Ware Aanbidders
In Gees en in Waarheid
Moet julle aan My behoort

Geen valse altaars gaan meer werk
Liefste kinders Ek wil hê julle moet kom hoor
Lou-wees
Daar is net geen tyd meer daarvoor

As jy aan My behoort
Wil Ek vra dat ook jou lewe daarvan sal getuig
Liefste kinders julle kan nie in julle lewens toelaat en koester
Dit wat Ek met ‘n passie haat?

Weet julle wat Ek haat sê Abba
Liefste kinders nou hoekom word dit in julle lewens toegelaat
Hoekom is julle lief vir alles wat nie van My is
Hoekom word dit met wye arms ingenooi en omarm

Dis asof hoe meer liberaal My kinders
En die wêreld kan dink hoe beter
Liefste kinders dit is nie goed om grense te bly verskuif
Daar is net geen veiligheid daarin te vind

Liefste kinders grense is goed
Dit weerhou julle van die hekke van duisternis
Die pad wat net na die hel loop
Sal julle My glo?

Sien dis die ding sê Vader
Hoe meer en verder julle van My wil en weë loop
Hoe nader kom julle aan die duisternis
Hoe nader kom julle aan alles wat nie van My is

Hoekom moet julle die sonde so baie liefhê?
Hoekom besef julle nie
Dit is wat ons aan die begin geskei het
Dit is wat nou nog skeiding tussen ons bring

Liefste kind die skeiding is geskeur
Sodat julle weer julle weg na My kon vind
Alles wat julle nodig het lê in My
Alles wat julle nodig het sal julle in My vind

Sien die saak staan so sê Vader
Hoe nader jy is aan My
Hoe verder is jy van Sonde
Hoe nader aan sonde, hoe verder van My

Dis die keuses liefste kind
‘n Ewige vreugde of ‘n Ewige verdoemenis wag op jou
Dit alles lê in die keuses wat jy vandag maak
Sonde bo My of andersom

Liefste kind Ek wil vra asseblief
Begin My Heelbo aan jou prioriteitslysie plaas
Hou op om ‘n speletjie daarvan te maak
Hou op daarmee om My nie ernstig op te neem

Dis soveel meer as speletjies
Sê Vader
Dis ‘n ewigheid
Met kosbare siele op die spel

Liefste kinders
Daar gaan nie weer ‘n lewe op aarde sonder My wees
Hierdie is julle enigste een
Die een waar julle julle voorberei

Liefste kinders
Asseblief maak seker
Dat julle Ewigheid in goeie hande is
Asseblief maak seker dit lê in My

Daar is nie meer tyd om te mors nie
Daar is nie meer tyd om sonde bo My lief te hê
Dis is tyd liefste kinders om te kom
Om waarlik te glo en My met oorgee-harte te dien

Weet julle hoe lief Ek vir julle is
Weet julle hoekom Ek aanhou om vir julle te skryf
Dis omdat Ek nie wil hê 1 hart moet ooit verlore gaan
Dis omdat Ek wil hê almal moet die Ewigheid in My vind

Ek wil nie eendag alleen daarbo wees nie
Ek wil al My kinders saam My hê
Dis hoekom Ek julle vra om die pad van voorbereiding te loop
Sodat julle reg sal wees liefste kinders wanneer Ek My Seun vra om julle te kom haal

Sal julle asseblief reg wees vra Vader
Sal julle die sonde en dit wat julle so gou verstrengel neerlê
Sal julle My die liefste van alles in en om julle lewens hê
Sal julle My altyd 1ste sit dit is wat ons Vader vra

Liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Alles wat julle hier verloor sal julle in die Ewigheid vind
Lê jou lewe neer en vind dit saam met My
Blydskap, vrede en hoop dit sal altyd saam met jou wees

Loop jou lewe saam My vra Vader
Nie saam met die duiwel en sy manier van loop
Vra na My weë, wandel daarop
Hulle is blink en mooi, so sal jy die Weg na My vind

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Die Hele Ek”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s