Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Klatergoud

Hoor julle liewe wêreld
Hoe die Koning der konings
Met julle harte praat?
Hy lag en gesels

Hy hoop dat julle Hom hoor
Geruisloos praat Sy stem
In die wind wat deur die blare
En bosse in die duine tussen-ritsel

Wêreld hoor julle Sy stem?
Hoor julle hoe Hy met julle praat?
Hy is sooo lief vir julle
Die wind in my hare

Die wind in jou oë
Hulle vertel van liefde so groot
Hulle vertel van die diep liefde
Wat die Koning van die Heelal vir ons koester

Het julle hom al gehoor liewe wêreld
Het julle al gehoor hoe Hy met julle praat
Sy hart bars van trots oor die kinders op aarde
Wat hul vreugde in Hom vind

Wat weet Hy sal hulle nooit ooit verlaat
Liewe vriend en vriendin
Het julle al toegelaat
Dat Hy julle harte aanraak?

Sal julle toelaat dat Sy sagte hart van liefde
Julle harte van klip deurboor
Hierdie Koning is so lief vir julle
Hoe wens ek julle kon Hom ook hoor

Harte sag en op-soek
Opreg in wat hulle vra
Hulle sal Hom vind
As hulle met heel hul harte na Hom vra

Stukkende wêreld
Ek wil julle nader nooi
Ek wil hê julle moet Hom kom vra
Wat in Sy hart verborge lê

Liewe wêreld
Liefste kinders
Sal julle asseblief luister
Sal julle asseblief hoor

Glaskastele hou nie
Net My Woorde sal vir alle tyd vasstaan
My Koninkryk
My weë

Liefste kinders
Wil julle jul nie eerder daarvoor beywer
Dis al wat Ek van julle vra
Liefste liefste kinders

Ek begeer julle liefde
Julle aanvaarding ook van My
Diep binne hoor ek my Koning se stem
Ek sien hoe Hy konstant in liefde uitreik

Uitreik, Aanhou
Liefste wêreld
Sien julle nie hoe die Koning van die Heelal
Konstant met julle harte werk?

Hy vra na meer
Meer van My in jou
Sê Hy
Liefste kinders sal julle My toelaat

Sal julle My toelaat om alles vir julle te word
Lugkastele, lugballone
Liefste kinders hulle werk nie
Net My Gees in julle harte

Sy teenwoordigheid binne in julle sal julle deurtrek
Meer en meer
Meer soek ek van my Koning
Ek wil aan Hom my alles gee

Liefde so groot soos waarmee die Koning van die Heelal
Mensekinders liefhet verdien ons alles en nog meer
Liefste wêreld Ek wil julle vra
Hou op om My en My Woord konstant van julle af weg te skuif

Liewe wêreld
Hoor
Ek, Ek alleen
Is julle enigste ware lewende Hoop

Geen niks in hierdie wêreld kan gee
Wat Ek konstant aan julle uitdeel
Son op julle velle
Warmgebak in Sy hemelse strale

Die wêreld het julle so verblind
Julle kyk na alles wat blink vertoon
Uit plastiek en nog meer gemaak
Liefste kinders wil julle nader kom

Ek nooi julle om nog meer te kom hoor
Sien julle nog die ware mooi in hierdie lewe
Liewe kinders
Het julle dit verloor?

Ek wil julle terugnooi na ‘n tyd
Toe My en My teenwoordigheid meer as genoeg vir julle was
Na ‘n tyd toe saam My wandel
Julle enigste en diepste begeerte was

Liefste kinders waar het Ek julle verloor?
Wanneer het al die ander goed belangriker as Ek geraak?
Liefste kinders
Liefste kinders

Ek roep julle terug na ‘n tyd
Toe dit wat belangrik was vir My ook belangrik was vir jou
Iewers het ons mekaar verloor
Iewers in hierdie wêreldse gesoek na altyd-meer

Liefste kinders Ek sien julle harte
Ek sien waarna julle verlang
Die mooi van hierdie wêreld
Het soveel mooi verloor

Want julle sien dit nie meer raak
Julle sien nie meer raak
Hoe Ek julle konstant in My liefde optooi
Berge en dale

Valleie baie diep
Liefste kinders sien julle dit nog raak
Sien julle hoe Ek met julle praat
In die diepblou van die see

Sien julle hoe Ek met My warm liefde aan julle lippe raak
Wanneer julle ‘n klein kind in jul arms optel en aan sy voorkop raak
Liefste kind, liefste kinders
Sien julle dit nog raak?

Sien julle hoe Ek My liefde aanhou uitdeel
Of raak dit nie meer aan jou
Afgesaag het dit geraak
Want julle smag altyd na meer

Wêreldse genot en vreugde kan julle net soveel gee
Kom smag eerder na meer van al die ware wysheid
Wat in My binneste lê
Liefste kinders Ek smag na meer

Ek smag na verhouding met jou
Ek smag na jou liefde
Ek smag na My in jou
En jy in My

Liefste kinders
Sal julle My toelaat
Sal julle My toelaat om julle nader aan My te trek
Hou asseblief op om daarteen te stry

Kom net liefste, liefste kind
Kom net en gee oor
Blink, blink is soveel dinge om julle heen
My sien julle nie meer raak

Vinniger en beter
Dit is julle harte se gesoek
‘n Gesug na meer
Na alles wat ‘n mens moeg maak

Het julle al gesien hoe Ek My liefde en seëninge uitdeel
Die wat My ken weet dit is iets waarvoor jy nie meer hoef te vra
Dit sal julle volg net waar julle gaan
Dit is wat ons Vader sê

Soek My en alles anders sal volg
Volg My, My Koninkryk
En alles sal jou volg
Goedheid en Guns

Blydskap en Lag
Dit is alles in My teenwoordigheid te vind
Dis tyd dat julle wapens neerlê
En net My liefde optel

Liefste kind aanvaar dit
Ek is lief vir jou
Liewer as wat enige iemand nog ooit vir jou was
Liewer as wat enige iemand ooit vir jou sal wees

Sal jy My vind?
Sal jy toelaat dat My hart joune vind
Liefste kind maak oop jou hart
Asseblief laat My binnekom

Ek gee om
Ja Ek gee waarlik-waarlik om oor JOU
In My liefde sal jy jouself vind
Die ware jy, die jy wie Ek jou gemaak het om te wees

Halleluja,
Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Klatergoud”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s