Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Liefste Suid-Afrika

Vlindersag begroet die douvoordag my
Hulle vertel van die pragdag vir ons voorberei
Vlindersag begroet die seemeeue my
Vertel my van die dieper liefde wat in hulle lê

Dit is tyd dat julle dieper begin kyk
As wat net voor julle lê
Liewe kinders dit is tyd dat julle dieper kyk
My aangesig kom soek en vind

Lank-verwag lê tussen My en jou deur
Dis al so lank wat Ek vir julle wag
Liewe wêreld om terug te draai na My
Wanneer gaan dit wees wil ons HemelVader weet

Draai terug na My Suid-Afrika
Draai terug na julle Abba-God
Julle het My gesoek maar nie gevind
Daar is net niemand soos Ek

Lank-verdwaal was julle
Onder die kinders van die aarde
Ek het julle gesoek
Ek het julle bymekaar gemaak

Soos ‘n hen haar kuikens
Onder haar vlerke hou
So het Ek julle bymekaar gebring
Onder My Veilige Vleuels bewaar

Hoekom het julle My verlaat Suid-Afrika?
Hoekom het julle mense en ander dinge bo My geplaas?
Liewe Suid-Afrika dis tyd dat julle terugdraai sê ons Abba-God
Dit is tyd dat julle terugdraai na My

Vir hoe lank het Ek gewag
Om hierdie woorde vir julle te skryf
Julle verstaan nie Ek moes wag
Ek moes julle harte voorberei

Julle verstaan nie sê Abba-God
Julle dink Ek het julle lankal reeds verlaat
Maar julle verstaan nie Ek was nog altyd daar
My bestaan hang nie van julle af

Ek was en sal nog altyd wees
Dit is wat ons Abba sê
Liefste wêreld, liefste Suid-Afrika wil julle nie weer
Julle hoop op My kom plaas, Ek is die Enigste Een wie ewig is

Sal julle My begin soek sê Abba
Dit is tyd dat julle weer voor My aangesig beef
Liewe wêreld, Suid-Afrika
Kom terug na My dit is wat ons Vader vra

Lank terug het julle My verlaat
Vergeet om in alles na My wil te vra
Liefste kinders Ek vra julle
Asseblief kom terug na My

Keer terug na My
Met alles wat julle is en het
Hou op om sulke hoë huise
Sonder My te bou

Liefste kinders besef julle nog nie
Ek roep julle terug na My
Liewe kinders Ek roep julle terug na self-ondersoek
Ondersoek julle harte, ondersoek julle verhouding met My

Ondersoek wat in julle harte lê
Vra julleself
Is dit van My Vader?
Hoort dit daar?

Hooggeplaastes is daar baie
Die wat neerkyk op My
Liefste kinders Ek wil vra
Waar is die respek, liefde en agting wat My toekom?

Liefste Suid-Afrika
Ek is nie julle speelmaatjie nie
‘n God waarmee julle kan doen
Net soos wat julle wil

Liefste kinders
Liefste Suid-Afrika
Ek roep julle terug na ‘n tyd
Waar Ek waarlik nommer een is en bly

Liefste kinders, Suid-Afrika
Dit is tyd dat julle stil word
Dis tyd dat julle julself begin afvra
Waar het ons, ons God verlaat?

Want tradisie en godsdiens
Is daar so baie
Maar waarlik min kinders
Wat by My kom hoor

My Woord en Waarheid
Het afgesaag en ‘n cliché geword vir julle
Waar is die dae toe dit goud was liefste kinders?
Waar is die dae toe julle nie kon wag om die vuur binne julle te deel?

Liefste kinders dit begin als by
Ek nommer een
En dit is waar Ek moet bly
Heel bo-aan jou lys

Bo jou vrou of geliefde
En dit wat so dikwels jou aandag van My steel
Kan Ek vra liefste seun en dogter
Liefste Suid-Afrika kan ons oor begin?

Ek is besig om met julle te praat
Suid-Afrika
Jy wat nou hier lees
En goed verstaan wat Ek hier sê

Dis tyd om terug te draai
Suid-Afrika
Soek My aangesig, Soek My aangesig
Soek My

Lank terug het jy My verlaat
Sonder om terug te draai
Kom terug sê Abba-God
Vind jou weg terug na My

Ek wil hê en vra
Begin vir julle land en sy mense BID
Verwyder elke woord van onheil
Verwyder elke woord van trots

Bid vir julle land Suid-Afrika
Bid sê Abba-God
‘n Groot werk wil Ek in julle midde doen
Liefste kinders asseblief begin bid daarvoor

Moenie meer kla en moun nie
Liefste kinders die antwoord is voor jul deur
Gaan op jou knieë
En begin bid

Bid vir My wil om te geskied
Bid vir julle land om terug te draai na My
Bid My Seun se bloed en vergifnis oor julle land
Liefste kinders begin bid

Sien sê Abba-Vader
Dit help nie altyd julle het soveel daaroor te sê
Maar tog weier julle om te doen soos Ek vra
Om te doen soos Ek julle lei

Liefste kinders plaas julle oë op My
Te lank het julle dit afgehaal van My
‘n Vuur wil ek uitstort oor My kinders
Julle hele nasie wil Ek draai

Praat vergifnis en liefde sê Abba
Oor mense wat nie lyk soos jy
Ook hulle het Ek gemaak
Ook hulle sal vir Ewig wees saam met My

Liefste kinders, liefste Suid-Afrika
Verstaan julle nie
Ek het almal ewe lief
Nie een mens word voorgetrek

Verwyder die haat en naywer uit julle harte
Ek kan nie daarmee werk
‘n Instrument van genade en vergifnis wil Ek jou maak
As jy My dit net wou toelaat

Liefste kinders, liefste Suid-Afrika
Asseblief keer terug na My
Julle woorde en dade
Dit wat julle sê en doen dit moet aan My behoort

Hou asseblief op
Om My met louheid te dien
Hou op om die louheid
In julle harte toe te laat

Liefste kinders dit is nie die antwoord
Nooit nie
Soek My aangesig
Dit sal vir ewig bly

Hou op liefste kinders
Hou asseblief op om sonde so ‘n geliefde plek in julle harte te gee
Die vuilste dvds kyk julle kinders
Word hulle ooit vertel van My?

Liefste kinders asseblief verstaan julle nie
Alles wat skoon en rein is sal julle in My kry
Hoe kan julle dvds, televisie en prente kyk
Waarin alles wat toegelaat word nie is van My?

Asseblief liefste kinders
Vra julleself eerder af
Sou My Koning dit doen
Sou Hy hierna kyk?

Liefste kind Ek wil hê
Dit moet die maatstaf wees waaraan jy meet
Nie om nooit te val
Maar om aan te hou probeer

Sien liefste kinders
Die saak staan so
As julle My net liewer kon kry
Sou alles in elk geval vir goed draai

Sien dis tyd
Sê Abba-God
Dat My kinders wat hulself Christene noem
Werklik soos Christene sal begin leef

Hoekom noem julle julself Christene
As julle alles doen wat nie is van My?
Liefste kinders Ek vra julle mooi
Besin weer asseblief

Nie alles wat julle doen
Nie alles wat julle julself toelaat om te doen is van My
Hoekom ken julle die wêreld en sy dinge so goed
Maar wil bittermin van My weet?

Hoekom spoor julle nie na My weë
Hoekom kom vra julle nie daarna
Ek is soos ‘n spaarwiel-kruk
Wat julle net in tye van nood wil nader hurk

Liefste kinders
Asseblief verstaan julle nie
Daar moet ‘n hartsverandering wees
Julle moet begin liefkry alles wat van My is

Lank genoeg het julle dit gehoor
Maar geweier om dit te doen
Liefste kinders word liewer vir My
Dit is die beste geweer

Die beste teenvoeter vir sonde
Is liefde vir My
Kyk na die kruis, besef, besin
Ek het My Seun gegee vir jou

As jy net elke dag
Wou groei in liefde vir My
Sou jy besef, jy sou weet
Ek het My alles gegee vir jou

Liefste kind Ek wil vra
Leer My beter ken
Word witgewaste kinders
In wat julle doen en sê

My Seun se bloed maak julle so goedkoop
As julle nie luister wat Ek vir julle sê
Asseblief liefste kinders hou op om daaroor te trap
Hou op om te sê maar ek het ‘n beter manier

Liefste, liefste kinders
Ek het die beste manier vir julle gegee
My Seun het julle kom wys
Lê neer jou eie weë

Hy het julle kom wys
Gehoorsaamheid kry meer eer
Tot op die einde was Hy bereid om te sê
Abba net U wil

Liefste, liefste kinders
Sal julle asseblief dieselfde doen
Sal julle jul weë neerlê
Julle manier van doen en Myne optel

Sien Myne sê Abba
Lei altyd na die Ewige Lewe en Ewige Hoop
Nie ewige dood soos al die paaie
Wat julle elke dag verlei

Ek wil vra begin vir julle regering bid
Hulle het dit nodig sê Abba-God
Verstaan julle dat Ek engele sal stuur
As julle net bereid is om te vra?

Begin hulle seën eerder as om te vervloek
En weet Ek kan enige iemand en alles draai vir My eer
Soos Ek Nelson Mandela gebruik het vir My Eer en Koninkryk
So kan Ek elkeen van julle gebruik

Liefste kinders Ek vra
Begin seën net waar julle gaan
Begin opkyk en weet
Daar is ‘n Koning daarbo

Weet julle dat Ek julle ongelooflik liefhet?
Weet julle dat Ek ‘n mooi plan het vir julle lewens?
Liefste, liefste kinders BID vir julle land
Bid vir sy mense en weet Ek kan alles-alles draai vir My eer

In Jesus se wonderlike heilige naam, Amen.

Liewe Anker van Hoop-familie kan ek vra dat julle asseblief hierdie kosbare woord van Vader aanstuur net soos die Heilige Gees julle lei? Ons land Suid-Afrika het nodig om te weet daar is HOOP. Baie dankie Vader, baie dankie julle! Seën & Jesus-liefde vir elkeen. Letitia xxx

Advertisements

Een gedagte oor “Liefste Suid-Afrika”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s