Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Branders-Blou

Branders-blou
Kom klop aan my hart
Hulle vertel my van meer
Hulle vertel van die liefde wat ons Skepper vir ons het

Hulle het Ek gemaak
Om daagliks vir julle te vertel
Van die diep liefde en wonders
Wat in My hart verborge lê

As hulle kon praat
Sou hulle net sê
Hoe diep My liefde
Vir julle lê

Die branders sing
Van omgee groot
Hulle praat van meetsnoere
Ongemeet

Hoeveel branders breek
Aan die kuste van hierdie wêreld
Dit wil my hart geskok weet
Vra My kind jy weet mos daar is meer

Meer en meer
As die kuslande kon praat sou hulle sê
Vir jare breek ons branders
Net om vir julle die blye boodskap te bring

God is lief vir julle
Dit sing hulle al van die begin
Sal julle hulle toelaat om nader te kom
Sal jy toelaat dat ‘n brander om jou voete breek

Duisende wit spatsels
Sal jy sien spartel om jou bene
Weer moet hulle verenig
Terug-trek om weer die boodskap te bring

Konstant breek hulle om ons voete
Vertel vir ons konstant
Diep-diep is waar My liefde
Vir jou en hierdie wêreld lê

Onvergelykbaar groot is dit
My liefde vir jou
My liefde vir hierdie wêreld
Dit is wat ons Vader sê

Vestig julle oë op My liewe wêreld
Laat toe dat Ek julle leer
Laat toe dat Ek julle wys
Waarvan niemand nog iets weet

Alle wysheid is nog nie gevind nie
Dit is iets wat net binne My lê
As julle dit soek, kom en kom vra
Ek sal julle gee wat nog verborge lê

Ware Wysheid
Lê in My
En My
Alleen

Die wysheid van hierdie wêreld
Is nie wysheid nie
Dis boosheid
En lei net weg van My

Hou julle oë eerder op My
Liefste kinders
Ware Wysheid
Lê net in My

Plaas julle oë op My
My alleen
Ek sal julle lei
En Ek sal julle leer

Ja, Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Branders-Blou”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s