'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Geskenk van Lewe

My hart is so seer
As ek aan mense dink
Hulle sê en dink hulle het van God gehoor
Tog klop verwoesting aan hulle deur

Abba-God
Ek verstaan nie
Ek kan nie leer
Hoe het dit gebeur?

Vader my hart is seer
In ongeloof
Staan ek verstom
Hoe kan dit wees?

‘n Lewetjie is weggeneem
‘n Kindjie uit U hand
‘n Geskenk van Bo
En toe sê hulle nee

Abba ek verstaan nie
Hoe kan dit wees
My hart is seer
Wens dit was nie so gewees

Abba vertel asseblief aan my hart
Wat het gebeur
Sodat ek kan verstaan
Hoekom is die kleintjie weggeneem

My hart is seer Abba
Ek vra na genesing van Bo
Alles maak sin sê hulle
Dit moes so wees

Abba ek verstaan nie
Hoe kan dit wees
Mag ons sê nee
Selfs al sê U ja

Vader ek verstaan nie
Is partykeer kinders net ‘n ongeluk
Moet van hulle
Net nie hier wees

Ek verstaan nie liefste God
Ons het dinge in ons eie hande geneem
Nou sê ons dit is reg
Nou sê ons dit was van U?

Abba ek verstaan nie
Hoe wens ek ek-het-geweet
Mag ons ‘n kindjie om die lewe bring
As die wêrelds-stem sê nee

Abba ek verstaan nie
‘n Mongooltjie kon die kleintjie wees
Net omdat mamma of pappa nie wou hoor
Abba hoe kan dit wees?

Abba ek verstaan nie
Asseblief laat my toe
Om U hart
Hieroor te hoor

Soveel babatjies is al van julle weggeneem
As gevolg van hierdie rede sê ons Abba-God
Is dit slim?
Is dit wat Ek wil hê moet gebeur?

Nee liefste kind nee
Elke kind is ‘n geskenk van Bo
‘n Geskenk uit My hand
‘n Ware Seën

Dit is hoekom Ek hulle
Vir julle gee
Dit is hoekom Ek dit toelaat
Om vir julle vreugde te bring

Liefste kinders Ek verstaan ook nie
Hoekom julle dinge in eie hande moes neem
As julle My vertrou het sou julle sien
Ek kan alles draai vir My eer

Selfs ‘n stukkende, gebrekkige babatjie
Kan Ek verander in ‘n seën
As julle My net wou toelaat
Sê ons Abba-Heer

Dis so verkeerd sê Abba
Dat die kleintjies in hierdie wêreld
Moet betaal vir hulle ouers
Se verkeerd

Julle moes My nie
Uit die prentjie haal
Julle moes vertrou
Dat Ek van beter weet

Julle vrese het harder gepraat
As julle geloof
Dit is hoekom julle
My nie so duidelik kon hoor

Vader ek verstaan nie
Kinders is hulle van U
Hulle staan in geloof
Sê dit was van U

Iemand het verkeerd gehoor
Ek, U
Hulle
Die hele spul

Vader help my asseblief
Om te verstaan
Mag ons ooit
‘n Klein lewe neem?

Ek verstaan hoekom mense
Dit doen My liewe kind
Maar dit maak dit nooit reg nie
‘n Lewe is geneem

Ja hulle het nie
Kans gesien daarvoor nie
En toe word ‘n kindjie weggeneem
Voor ware lewe kon binnetree

Liefste kinders
Hoekom het julle nie vertrou nie
‘n Mongooltjie sou julle dalk moes grootmaak
Maar Ek kan enige iets gebruik vir My eer

Ja julle moes dalk eers dink
Voordat julle aan die dwelms of verkeerd raak
Maar sê My liefste kinders
Is dit reg dat ‘n kleintjie daarvoor moes boet?

Eers moes julle daaraan dink
Die skade wat dit kon maak
‘n Lewe kon dit neem
‘n Kleintjie baie seermaak

Ek vergewe julle sê ons Abba-God
Ek weet en besef dit was nie om te steel
In julle harte het julle ‘n besluit geneem
Een wat so bitter-baie seermaak

Dit is iets waarmee hulle
Sal moet saamleef My kind
‘n Lewe is geneem
Want hulle het gedink hulle weet beter

Min was hulle vertroue in My
Verantwoordelikheid wou hulle nie neem
Of dis
Al die seer

Abba asseblief help hulle om aan te gaan
Leer hulle asseblief die lesse wat U wil hê hulle moet leer
Ek vergewe hulle
Ek weet ons gaan hierdeur

Abba mag net U wil geskied
Asseblief
Op die aarde
Net soos in die hemel daarbo

‘n Lewetjie is geneem
Ons sien uit om hom of haar weer te sien
Rus het die kleinding gevind
In U arms o Heer

Sê asseblief vir haar Abba-Heer
Daar is iemand wat uitgesien het om haar te ontmoet
Al was dit kort, al was dit vlietend
Sy het ‘n diep plekkie in my hart gehad

Ek was klaar lief vir haar
Sal U dit asseblief vir haar sê Abba-God
‘n Tannie het van haar geweet
En ek sien uit om haar eendag te ontmoet

Help my dan asseblief Abba
Om van haar afskeid te neem
Haar oor te gee vir U
En te vertrou U draai alles vir U eer

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Geskenk van Lewe”

    1. Liewe Babsie dankie vir jou kommentaar. Dis altyd so vol lig & lewe, bring altyd ‘n glimlag na my hart. Dankie baie. Liefde vir jou!
      #DankieVader

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s