Blinde oë, Nuwe hoop, Oorgegee

Vandag se Kinders

‘n Kind
Is ‘n geskenk van Bo
‘n Kosbare geskenk uit die hemel
Dit is wat ons Vader sê

Ek vra dat julle na hulle sal kyk
Soos Ek sou sê ons Abba-Heer
Ek vra dat julle hulle sal opvoed
In My weë

Liefste kinders
Kinders is ‘n geskenk uit My hand
Ek sê dankie vir die waardering
Wat julle daarvoor het

Elke dag sal Ek julle leer
Julle help
Om hulle op te voed
As julle bereid is om te vra

Ek vra dat julle sal ophou
Om nie in My te glo
En dan ook julle kinders
So te leer

Die kindertjies in hierdie wêreld
Het nodig om van My te weet
As ouer is dit jou verantwoordelikheid
Waar anders gaan hulle hoor

Leer julle kinders asseblief My weë
Vertel hulle van kleins af
Daar is ‘n God wat hoor
En hierdie Koning is baie lief vir hulle

Dat hulle sal weet
Liefste kinders
Hulle is ‘n Seën
En Ek gee om vir hul

Hou asseblief op
Om hulle nie van My te vertel
Waar anders gaan hulle hoor
Vra ons Abba-God

Dis nie ander mense
Se verantwoordelikheid
Om julle kinders te leer
Dit is hoekom julle daar is

Vertrou My dan
Liefste kinders
Vra na My weë
En help jou kinders om ook daarop te loop

Want die vaders
Moet hulle kinders leer
Hoe anders sal dit gebeur
As julle nie wil

Gebrokenheid lê die wêreld vol
Ouers, kinders
Stukkend
Deur die wêreld se seer

Ek wil jou genees
Sê ons Abba-God
Dat deur jou
Ek dieselfde vir jou kind kan doen

Sal jy My toelaat
Sal jy My asseblief toelaat
In jou seer
Sodat Ek jou meer van My kan leer

Sag is My deernis
Dit is Ek wat jou nader nooi
Kom leer van My liefste kind
Sodat ons saam, jou kinders My weë kan leer

Al wat Ek vra
Is dat julle nader sal kom
Hou op om agter julle kinders te skuil
Asseblief kom klop self aan My deur

Want so dikwels spot julle daarmee
Dit is maar hoe kinders is vandag
Dit is die nuwe geslag
Nee liefste kinders was hulle My weë geleer?

Ek wil vra dat julle dit sal begin doen
Liefste kinders
Van kleins af
Laat hulle toe om van My te leer

Van liefde vir jou naaste
Tot werk vir dit wat jy wil hê
Van liefde vir God
Tot gehoorsaamheid aan My wil

Dit is die dinge wat Ek julle vra
Om vir julle kinders te leer
Asseblief liefste kinders
Sal julle?

Dit is die vreugde vir ouers
Sê Abba-God
Om julle kinders
In My weë groot te maak

Jull sal sien
Dat hulle dan
‘n Groot seën
Vir julle sal wees

Al het hulle op ‘n tyd weggedwaal
Sal hulle terugkom sê Abba-God
Want hulle sal onthou
Wat het mamma en pappa my geleer

Dit is wat Ek gebruik
Om hulle terug te bring
Sê Abba-God
Die woorde wat julle vir hulle gesê het as kind

Die manier wat julle geloop het
Julle voorbeeld
Daarom is dit ook belangrik
Dat julle in My weë volg

Mamma, pappa en kinders
Hoe wonderlik sal dit wees
Een van sin
Een van gees

Vra na My weë liefste kinders
Vra na My weë
Vir jou, jou kinders
En jou nageslag

Loop op My weë
Loop op My weë
Jy, jou kinders
En jou nageslag

Tyd kan geen mens terugdraai
Daarom vra Ek nou leer hulle van My
Sodat jy nie eendag as jy oud is
Sal terugkyk en sê Het ek maar

Nee jy sal terugkyk en sien
Hulle was ‘n seën vir my
Want ek het hulle
Van die Koning geleer

Hom lief te hê
Hom te dien
Hom te gehoorsaam
Hom eerste te stel in al hul weë

En onthou liefste kinders
Kinders doen wat mamma en pappa doen
Dis die maklikste manier om hulle te leer
Ja liefste kind as ook jy in My weë loop

My liefhet en dien
Vir hulle die voorbeeld stel
Sodat hulle in en deur jou lewe
Jesus se manier sal sien

Leer hulle dan om alles te onderhou
Soos Ek julle vra
En om My net lief te hê
Eerste, alles, bo almal

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s