Blinde oë, Nuwe hoop

Harte wat wil

Ons Koning is so mooi
Hy het die mooiste hart ooit
Hoe bid ek julle kon dit sien
Ook julle kon dit vind

Moenie so gou opgee nie liewe wêreld
Julle soek nie lank en goed genoeg nie
Julle soek My skaars
So sal julle My nie vind

Julle kyk en soek net bolangs
So gaan julle My nie vind
Ek soek dieper, Ek soek meer
Ek soek harte wat Myne vind

Liefste wêreld
Hoekom gee julle so gou op op My?
Ek soek meer
Ek soek harte wat wil

Julle sal My vind sê Abba-God
As julle met heel jul harte vra
Julle gee so vinnig op
Want julle het nie waarlik gesoek na My

Soek meer
Soek dieper
Soek met al jul hart
Dit is wat ons Vader vra

Bolangs gaan julle My nie vind
Julle gaan moet dieper gaan
Dit is wat ons Vader vra
Dankie liefste kinders

Vir die wie kom
Vir die wie waarlik vind
Ek is so lief vir julle
Ek gee waarlik om

Dieper en meer
So sal julle My vind
Moenie net oppervlakkig soek nie
Kom vind die diepte in My

Liewe wêreld
Ek wil julle meer gee
Maar dit gaan vat dat julle bely
God is in beheer

Meer en beter
Weet Hy as jy
Dit maak nie saak hoe dinge in hierdie wêreld lyk
Die diepte en rykdom in My is nog nie gevind

Daar is meer
Daar is altyd meer
Kom soek na meer sê Abba-God
Kom soek na My

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Harte wat wil”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s