Blinde oë, Liefde so groot, Oorgegee

Pa se Seun

Dankie Jesus dat U verstaan
Ons ergste nag
Ons donkerste dag
U was al daar, U verstaan

U het so swaar gely
Aan die kruis van Golgota
Nooit het God U verlaat
Hy sal ook nie vir my

Gebroke het ons Vader
Na hierdie wêreld gedraai
Sien julle liewe wêreld hoe lief Ek julle het
My eie Seun het Ek nie gespaar

My hart is stukkend sê Abba
Oor soveel mense in hierdie wêreld wat nie wil glo
Soos die Fariseërs en Skrifgeleerdes
Hou hulle hulself nogsteeds net so blind

Kinders se oë asseblief gaan oop
Dit is nie te veel gevra
Hoe kan julle aanhou miskyk
Die verlossingswerk behaal aan Golgota

My kind was stukkend
Hy was so bang
Vir julle het Hy kom ly
Sodat elke mens ‘n kans kon kry

Liefste Seun dankie dat jy gekom het
Sê Abba God
Dankie dat jy jou eie weë weggelê het
En Myne gevolg het

Dankie My liefste Seun dat jy gekom het
Vir My omdat Ek gevra het
Omdat jy gekies het om te ly
Vir die wat na Ons sou vra

Dankie My liefste Seun
Vir dit wat was
Is
En altyd sal wees

Ek is so trots op My Seun
Sê Abba
My weë het Hy gekies bo sy eie
Myne het Hy gekies om aan vas te hou

Besef julle dat hierdie wêreld
Nooit gered sou kon wees sonder die bloed van My Seun
Besef julle dat as Hy nie gekom het nie
Daar geen kans was vir een van julle?

Dankie liefste Seun dat jy gekom het
Pappa is so trots op jou
Dankie My liefste Seun
Ek gee so baie om vir jou

Ek is so bly en dankbaar
My Seun het gekom om in jul plek te ly
Ek is so bly Hy het dood oorwin
Ek is so bly Hy sit langs My

Dankie My liefste Seun
Dat jy Pa bly vertrou het
Al was dit donker
Dankie dat jy gebly luister het vir My

Pa is so trots op jou Seun
So bitter-baie trots op jou
Dankie liewe Seun dat jy gekom het
Dat jy geluister het vir My

My Seun se dood
Is en was nie goedkoop nie
Dit het nie gekom sonder pyn en lyding
Dit was beslis nie die maklikste pad ooit!

Dankie Jesus, dankie!
Dankie dat U gekom het om my te bevry
Ek is so lief vir U en ek is so dankbaar Pappa-God
Hou my asseblief altyd naby

Abba-Vader liefste God
Asseblief hou my naby aan U hart
Hou my naby aan U
Asseblief help my om U nooit te verlaat

Tot die dood wil ook ek getrou bly
Selfs al moet ook ek soos Jesus ly
Abba asseblief ek wil U nooit verlaat
Daarom wil ek bid Abba

Ek wil vra hou my asseblief ook trou
Deur die storms van die lewe
Ook die kere wat ek op heuwels staan
Asseblief hou my ook trou

Dat ek ook net soos Jesus
U weë bo die van myne sal plaas
Dat niks van my eie planne sal geskied
Maar net U sin o Abba-God

Tot die einde was U so naby aan U Seun
Nooit het U Hom verlaat
Uit die dood het U Hom gaan haal
Hom vir altyd bevry!

U is die groot Koning
Jesus Christus
Ons God
Dit is wie U is, dit is wie U sal bly

Veraltyd wil ons naby U bly
U weë bo die van ons s’n stel
Net soos Jesus gemaak het
Sodat ons veraltyd by U sal wees

U vra nooit verniet
As U vra dat ons iets neerlê
U vra omdat U weet wat die beste is
U vra omdat U omgee

Abba mag ook ons dit sien
Mag ons altyd weet
Jesus het gekom en vir ons gely
Al het Hy nie nodig gehad om ja te sê

Vir my en jou, ons
Het Hy Sy planne en weë neergelê
Sodat ek en jy dieselfde kon doen
Die weg na Hom, ons Vader, kon vind

Liefste kinders
Moenie ooit bang wees om oor te gee
Kom na My
Vertrou My weë

Ek sal jou nooit onnodig seermaak
Die pyn wat Jesus moes ly
Was nodig
Sê Hy

Liefste kinders
Maar het julle gesien wat Ek daarmee maak
Lewe en Oorvloed
Het Ek oor My Seun uitgestort

Ewige oorwinning na die Dood
Sodat ook jy dieselfde kon vind
Lewe na die dood
‘n Plekkie saam My

Liefste kinders
Asseblief kom na My
Vertrou My hart
Gee oor aan My

Lê jou weë neer
Sodat jy Myne kan vind
Ewige oorwinning na die Dood
Dis wat My Seun kom doen en gee het vir jou

Gee Hom dus al die eer
Loof Hom daarvoor
Hy is dit waardig liewe wêreld
Oor en oor

Slegs in Hom sal julle My vind
Daar is net geen ander manier
Deur die bloed en dood van My Seun
Daar is geen ander weg

Ek is lief vir julle liewe wêreld
Ek het gekom, vir julle gely
Sodat julle kon vind
Die weg loop deur My

Deur My, deur My
Geen ander een
Dit sê ook die Seun
Asseblief liewe wêreld glo in My

Halleluja Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Pa se Seun”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s