'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Genesing van Binne

Liefste Pappa-God
Ek weet U is by my
Selfs al voel dit U het my verlaat
Selfs al wil die duiwel hê ek moet dit so graag glo

Ek weet U is by my
Ek weet U sal my nooit verlaat
U Woord het so beloof
Met my alles sal ek daarop bly staan

Ek weet
Ek weet
U sal my nooit ooit
Verlaat

Liefste kind moet asseblief nooit
Die woorde van die vyand glo
Hy vertel jou so gereeld God is nie lief vir jou
Sodat jy jou vertroue in My kan verloor

Liefste kind asseblief nee nooit nie
Selfs al lyk dit hoe
Selfs al is die donker hoe donker
Ek sal jou nooit verlaat

Ek wil hê jy moet op hierdie waarheid vas bly staan
My liefde vir jou liefste kind
My liefde vir hierdie wêreld
Is baie groter as My oordeel

Ek het julle nie verlaat liefste wêreld
Ek sal ook nie ooit
Ek sal aanhou tot die einde
Ek sal aanhou met die hoop dat almal sal hoor

Ek kan nie alles wat sleg is
Altyd keer nie
Liefste kind Ek kan probeer
Maar dit werk net nie altyd nie sê die Heer

Liefste kinders Ek wil hê en vra
Dat julle My sal vertrou
Al lyk dit hoe donker
Al kry julle baie seer

Abba dit breek my hart
Al die seer waar ons moet deur
Dis net verskriklik al die goed wat gebeur
Ek weet nie Vader, verstaan nie hoe gaan ons hierdeur?

Hoe hou ek aan glo
Hoe hou ek aan vertrou
As alles, alles om my
Vir my sê nee?

Ek verstaan nie Vader
Hoe doen ek dit
Want dis iets wat net nie wil gebeur
Sonder U

Ek weet nie hoe nie Vader
Ek weet nie hoe nie
My hart het ek verloor
Myself kan ek nie vind

Hoe vind ek en weet ek
Wie ek is in U?
Hoe weet ek dit Vader?
Hoe kan ek dit waarlik glo?

My hart behoort aan U
My wese is aan U verkleef
Vader tog weet ek nie
Hoe kan al die slegte goed met my gebeur?

Dis so seer Vader
Dis so seer om al hierdie seer in die oë te kyk
Dit sny so diep Vader
Dit maak so seer

Ek wil nie meer nie Vader
Ek wil nie meer hierdie pad van seer loop nie
Dit maak my hart stukkend
Dit maak amper dat ek nie meer wil probeer

Hoe doen ek dit Vader?
Hoe gee ek oor
Hoe weet ek
U is rerig-rerig in beheer?

Want Abba dis wat my hart vir my aanhou sê
Maar my kop dit sê presies die teendeel
Jou God het jou verlaat
En Hy gee nie rerig om oor jou

Ek sal daardie waarheid nie glo
Ek wil dit van my af weggooi
In die diepste van die see
Want ek weet my Abba gee om oor my

Ek weet dis partykeer so stil
En dan wonder ek of U ooit my gebede hoor
Abba ek wil aanhou glo
Ek sal aanhou glo

Selfs as die wêreld iets anders van my vra
Selfs as hulle wil hê ek moet iets anders glo
Ek sal nie my Pappa-God se hand los nie
Ek sal nie want ek glo en weet met alles in my U is daar

Partykeer is U stil want U wil ons leer
Om net aan te hou glo
Om by die diepte en waarheid
Van U Woord uit te kom

My God se Woord sê Hy sal my nooit ooit verlaat
Dis tyd dat ek by hierdie waarheid uitkom
Dis tyd dat ek dit waarlik waarlik glo
My God sal my nooit verlaat ek gee nie om wat mense daarvan sê

Dit kan hoe lyk in hierdie wêreld
My situasie en vleeslike waarheid kan vir my wat sê
Maar ek sal aanhou glo
Ek sal op my Pappa-God se Woord bly staan

Sy Woord sê Hy gee om
Meer as wat ek ooit sal kan verstaan
Liefste kinders sal julle hierdie woorde glo
Met julle alles daaraan vashou?

Ek sal julle nooit ooit verlaat nie
Liefste kinders
Luister na My Woorde
En weet dit is waar

Tot aan die voleinding van die wêreld
Sal Ek
Saam met julle wees
Ek sal julle nooit ooit verlaat

My liefste kind Ek weet jou hart is stukkend
Ek weet jou hart breek diep binne-in
Liefste kind kan Ek hierdie woorde vir jou fluister
Ek weet waardeur jy gaan

Ek weet dis diep-diep seer My liefste kind
En Ek beloof Ek sal dit gesond maak
Met My hart van liefde sal Ek
Vleuels van genesing oor jou trek

Ek sal jou nuut maak binne-in My kind
Ek sal weer nuwe hoop aan jou gee
Ek weet my liefste kind
Sonde het julle so verniel

Dit het alles wat lelik is en seer maak
Met julle laat gebeur
Liefste kinders Ek sal die angels van sonde se seer
Uit julle lewens en harte uit trek

Ek sal alles nuut maak met die bloed van My Seun
Hou julle oë op My
Liefste kinders
Moet nooit ooit My woorde verlaat

Ek weet van en Ek gee om oor julle seer
Selfs al sê die wêreld wat
Moet dit asseblief
Nie ooit weer glo

Ek wil julle nuut maak liefste kinders
Nuut van binne-in
Ek wil My genesing en liefde oor julle laat spoel
Ek wil julle nuwe vure van vreugde laat aansteek

Liefste kinders sal julle My vertrou
Sal julle nooit ooit moed opgee
Sal julle altyd glo Ek weet van beter
Sal julle nooit ooit van My hande laat gaan

Want liefste kinders Ek doen
Ek doen weet altyd beter
En Ek wil nie hê julle moet sonder My deur die lewe gaan
Ek wil julle help, elke tree

Al wat Ek vra is dat julle sal oorgee
Dat julle My weë en hart
Bo die van julle sal vertrou
Sal julle liefste kinders altyd glo Ek weet van beter

Ek weet van meer sê Abba-God
Ek weet rerig van meer
Ek weet waar die oop deure en gate vir die vyand lê
En Ek sal julle daarheen lei

Dis hoekom liewe kinders Ek vra
Hou aan kyk na My
Maak seker dat jou hart en oë
Nooit die van Myne verlaat

Selfs al raak dit moeilik met tye
Selfs al weet jy nie hoeveel jy nog sal kan vind
Delf dieper saam met My sê Abba
In die wêreld en verlede se seer

Ek wil die pyn saam met jou gaan uithaal
Liefste kind
Sodat julle kan nuut en heel word saam met My
Sal julle My asseblief vertrou?

Sal julle My toelaat om die trane se water
Van julle gesigte af te vee
Sal julle altyd weet Ek is baie naby
En Ek gee waarlik om

Liefste kinders, liefste kinders
Ek weet daar is baie seer in hierdie wêreld
Daar word baie seer My kinders aangedoen
Tog liefste kinders sal julle asseblief vergeef

Sal julle kies om te doen
Dit wat Ek in My Woord van julle vra
Sal julle kies om te bly gehoorsaam
Al wil die vlees iets anders van jul vra

Liefste kinders Ek weet dis ongelooflik moeilik
Om die woede in julle harte te laat vaar
Party mense verdien dit
Hulle verdien al die swaar wat hulle kan kry

Maar liefste kinders dis nie My hart vir julle mense nie
Sê Vader
Ek weet wat onvergifnis en bitterheid aan mense doen
Die mensehart is nie daarvoor gemaak

Daarom wil Ek vra liefste liefste kinders
Vergeef en spreek vry
Dit is wat ons Hemelse Vader
Van ons vra

Sal julle My weë bo die van julle kies
Wil Abba weet
Sal julle My manier
Bo die van julle kies?

Want liefste kinders
Dis al wat Ek vra
Vergeef asseblief
Doen wat Ek van jou vra

Moet nie goed teen mense hou nie
Al verdien hulle dit
Moenie dit doen nie sê Abba
Dit is nie My hart nie

My hart is om te vergeef
My hart is om vry te spreek
My hart is om mense te laat gaan
Want dit is wat hulle terugbring sê Hy

Dit is wat hulle terugbring na My
Dit is wat Ek gebruik
As hulle sien hoe My kinders
Waarlik My voorbeeld gebruik

Liefste kinders dis hoekom Ek vra
Kom ons verander hierdie wêreld vir julle Koning
Kom ons wys hulle wie weet van beter
Wie is rerig in beheer

Vergeef die mense wat julle seergemaak het
Sê Vader
Van lank terug en ook nou
Begin vir hulle bid en begin hulle seën

Ja liefste kinders met julle opregte gebede
Kan julle soveel dinge draai
Begin bid vir hierdie wêreld
Begin bid vir alles wat nie is van My

Dis hoe Ek dit verander
Deur julle wat bid
Sê Abba-God
Sal julle liefste kinders, sal julle asseblief bid?

Ek weet dit is somtyds moeilik
Ek weet dis moeilik om My Wil te doen
Maar liefste kind dis hoekom jy kan vra
God kom asseblief my swakheid te hulp

Ek wil julle help sê Abba-Vader
Ek is altyd naby om julle te help
As julle net sal kies om My wil te doen
Bo oor die van my

Liefste kinders asseblief
Ek soek kinders wat bereid is
Om te vra en te leef en te sê
Ek sal God se manier probeer

Ja liefste kinders die antwoorde sal dan dalk
Nie lyk soos die van die wêreld nie
Maar glo vir My
Dis beter

Ek weet wat die beste werk
Ek weet rerig sê ons Abba-God
Daarom wil Ek vra dat julle rerig My manier van dinge-doen sal probeer
Dit ‘n groot prioriteit in julle lewens sal maak

Liefste kinders
My weë is beter
Liefste kinders
My planne van oplossing is beter

Probeer God se manier
Vra Abba-God
Nie joune nie
Sê ons Abba Heer

Liefste kinders sal julle My asseblief vertrou
Sal julle asseblief altyd weet
Ek weet van beter
Ek weet van meer

Dis nie omdat Ek julle wil seermaak daardeur nie
Sê Vader
Dit is net so
My weë is beter as julle s’n

Dit is net so
Kom ons begrawe en lê neer die strydbyl sê Abba Vader
Kom ons breek af
Die muur wat ons twee bly skei

Liefste kinders asseblief
Dis nie vir My lekker om julle sover van My te hê
Ek wil julle naby My hê
Naby My hart van liefde, naby van waar af julle kom

Liefste kinders vergeef mense wat jou seergemaak het
Vergeef en laat hulle gaan
Anders gaan die vyand net terugkom
En jou daardeur beseer

Ek wil nie hê dit moet so wees nie
Sê Abba
Ek wil hê julle moet vergewe
Ek wil hê julle moet rerig vryspreek

Mense wat haat gaan hel toe sê Abba
Liefste kinders asseblief
Haal die haat uit julle harte
Laat My toe om julle te vergeef

Ek wil sê Abba
Ek wil so graag
Maar Ek kan nie sê Abba
As julle nie van die haat en frustrasie in julle harte wil laat gaan

Mense is nie gemaak om mense te haat nie sê Abba
Dis nie hoe Ek dit gemaak het nie
Dis wat die duiwel kom doen het
Hy het alles wat mooi is in menseharte kom verdraai

Ja sê Abba-God hy kry dit reg
Want mense wil nie vergeef
Hulle wil nie soos Ek – deur My oë
Na alle mense kyk

Vader sê alle mense het Ek gemaak
As hulle soos jy lyk
Dan moet jy weet
Hulle behoort aan My

En Ek gee om vir hul
Hoe kan julle mense so behandel sê-vra Abba Vader
Met soveel haat wat julle in julle harte toelaat
Verstaan julle nie sê Abba-God

Ek het gekom sodat julle kon vry wees daarvan
Haat, nyd en rassespraak
Dit is nie van My
Dit is wat ons Koning vra

Liefste kinders sal julle asseblief ophou daarmee
Liefste kinders Ek vra julle
Om mense lief te hê soos Ek hulle liefhet
Om mense te behandel soos Ek sou

Liefste kinders dit is mos nie te veel gevra
Ek weet dis moeilik sê Abba-Vader
Ek weet
Maar liefste kinders dit is moontlik

As julle net wil vra
Vra My om julle te help
Ek sal sê Abba-God
Ek sal julle help om mense deur My oë te sien

Dit is al wat Ek van julle vra
Ek wil hierdie land draai
In iets so mooi
Iets wat min mense sal kan glo

Liefste kinders Ek wil
Sal julle My toelaat
Dit begin deur julle wat julle harte ondersoek
Deur te kyk en te weet sou God dit toelaat

Liefste kinders
As dit nie in My hart is nie
Wil Ek nie hê
Dit moet in joune wees nie

Dis mos hoe ons weet sê Abba-Vader
Dit is hoe ons weet ons twee is rerig een
Liefste kinders asseblief laat gaan van alle bitternis en haat
Moet dit nie ‘n plek in julle harte toelaat

Hierdie land wil Ek draai
Hierdie land gaan Ek draai
Deur mense wat wil hoor
Deur mense wat My toelaat om hulle te leer

Laat gaan liefste kinders
Laat gaan van rassehaat
Dit is nie van My
Ek wil hê julle moet dit weet

Dis tyd dat ons skoonkom Vader
Dis tyd dat ons U rerig toelaat
Sal U ons help Abba
Sal U ons help om asseblief te laat gaan

Daar was soveel reg in die verlede
Daar was soveel verkeerd
Vader ons wil groei
Ons wil U rerig toelaat

Vergeef ons asseblief Abba
Vir al die verkeerd
Help ons om rerig
U manier te leef

Ja dit is soveel kere moeilik
Soveel kere lyk dit onmoontlik
Maar Abba ons weet U maak die onmoontlike moontlik
Selfs al is dit tree vir tree

En dis al wat ons wil doen Abba Vader
Ons wil U plan en droom vir ons lewens leef
As dit insluit vergeef
Dan doen ons dit met graagte o Heer

Wanneer dit moeilik is dan vra ons
Abba-Heer Koning help my
Want ek wil U hierdeur eer
En ek weet Abba U hoor altyd so gebed

‘n Hart wat U pad kies
‘n Hart wat kies om U te gehoorsaam
‘n Hart wat U liefhet
Abba dis hoe ons wil hê dit moet wees

Dankie Abba dat U die seer van die verlede kom genees
Dat U wil en dat U kan
Dat U omgee en dat U weet
Dankie Abba-God dat U ons HEEL.

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s