'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Treëtjie

Soveel, soveel seer
Wat in ons harte lê
Die vyand wil hê ons moet daarvan vergeet
Hy wil nie hê ons moet daarvan weet

Liefste vriend en vriendin
Ek wil julle nooi
Daai seer moet oop
Sodat ons Abba dit kan heel

Vir jare kruip hulle weg
Vertel ons so gereeld
Dit is nie meer ‘n probleem
Dit is goed om daarvan te vergeet

Liefste vriend en vriendin
Ek wil julle nooi om Jesus se Lig in te nooi
Diep in al die donker plekke
Van jou lewe en bestaan

Laat toe dat Hy die spinnerakke wegspoel
Met die water van Sy Woord
Al die leuens
Met die waarheid van wie Hy is

Liefste kinders sal julle My dit toelaat
Om die diep sonde van julle harte te vergeef
Dis wat Ek wil doen sê Abba
Ek wil alles maar alles nuut maak

Liefste kinders alles
Jou binnekant, jou buitekant, jou alles
Ek wil jou so graag genees
Sal julle My dit toelaat?

Ek weet van die seer
Ek ken dit sê Abba-Heer
Ek kan dit genees
Ek wil sê die Koning-Heer

Liefste kinders asseblief
Begin My toelaat om daaraan te werk
Ek wil sê ons Abba-Heer
So graag, so graag

Daai diep seer moet oop
Kind ons moet jou op ‘n plek bring
Waar jy daaroor kan praat
Sonder om enige seer te ervaar

Ek weet dis seer sê Abba-God
Liefste kind ons gaan stadig daardeur
Ek sal nie oornag die onmoontlike wil vermag
Ons vat dit tree vir tree

Dis al sê Abba
Treëtjie vir treëtjie
Sal jy My asseblief daarvoor vertrou
En nie daarvan vergeet

Dis al sê Abba
Dis al wat Ek van jou bly vra
Liefste kind asseblief sal jy luister
Asseblief sal jy My ware lig innooi

Die diep seer daarbinne
Die diep seer wie gevorm het wie jy vandag is
Liefste kind Ek wil dit so graag genees
En Ek wil hê jy moet weet Ek kan

Die bloed van My Seun is gestort
Vir jou om vry te wees daarvan
Vir jou om te weet Ek gee om
En Ek kan waarlik genees

Soveel getuienisse wat julle daagliks omring
Soveel getuienisse wat julle vertel God genees
Begin om daarvan te hoor
Begin om My te vertrou

Liefste kinders Ek gee waarlik-waarlik om
Om oor die diep seer in jou hart
Om dit te genees
Vir dit om nie meer daar te wees

Liefste kinders sal julle My asseblief toelaat
Om julle te leer
Om julle te help
Om julle te vergeef

Ek wil liefste kinders
Al die seer van die verlede
Dit moet uit
Dit moet uit sodat Ons dit kan genees

Moenie daarop sit nie sê-vra Abba
Moenie daaroor tob nie
Vertrou My
En vra asseblief daarna

Dankie liefste kind
Dat jy luister
Dat jy omgee
Dat jy waarlik kom na My

Treëtjie vir treëtjie
Stadig maar seker
Sal ons daaraan werk
Alles genees

Ja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s