Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Skittermooi

Genade, genade
Ontvang ons elke dag uit U hand
Ek wil net sê
Baie dankie daarvoor

Liefste Koning
U het die mooiste grootste lig
‘n Passie vir U
In my hart kom aansteek

Abba liefste God
Ek wil dit asseblief
Nie ooit verloor
Ek wil U aanhou liefhê

Soos U dit oor en oor verdien
U is die Liggie
In my hart
Ek sê dankie daarvoor

Abba mag hy asseblief altyd brand
Met U genade daaroor
Ek wens ek kon dit oorvertel
Ek wens ek kon mense help

Om te sien en glo
U is alles wat ons nodig het
Abba-God
U is alles en nog meer

Hierdie liggie in my hart
Brand vir U Abba-God
Ek wil hê hy moet nog hoër brand
Nog meer hoop gee

Abba-God liefste God
U is my alles
My lewe
My hele bestaan

Ek wil meer en weer
Aan U oorgee
Want as dit is wat gebeur
Wil ek so graag hê ander mense moet dit ook glo

Liewe wêreld
Ons kan
Hierdie God se hart
Vertrou

Dis skitter-mooi
En blink vir elke mens
Wat Hy
Sy kind wil noem

Liefste wêreld
Ek roep julle om te kom hoor
Ek roep julle om te kom uitvind
Hierdie Koning kan julle maar glo

Liefste wêreld kom nader
Kom hoor Abba se hart
Kom hoor hoe baie Hy omgee
Sy liefdesplanne vir julle is net mooi

Liefste wêreld
Hierdie Koning Hy is so lief vir julle
Wêreld Sy weë is die mooiste
Sy planne vir julle vêr by die van die wêreld verby

Sy hart is mooi
Hoekom wil julle dit net nie glo
Die seerkry in hierdie wêreld
Is nie van My nie sê ons Abba-God

Ek het nee gesê daarvoor
Maar toe sê julle ja daarvoor
Verleidelik het die giftige slang voor die boom gestaan
En gesê kom ‘n bietjie nader gemaakte Koningskind ek wil jou verlei

Liefste kind kan jy sien
Ek het gekom om alles te vervolmaak
Ek wil ook nie hê julle moet meer ly
Liefste kinders, liefste wêreld

Dit maak My hart seer
As Ek sien hoe julle ly
Ek put geen vreugde daaruit nie
Dit is wat ons Vader sê

Liefste wêreld
Hoekom wil julle dit nie glo
Hoekom kan julle nie sien
Ek het gekom om IN julle plek te ly

Ek het gekom en die straf gedra
Wat julle verdien
Liefste wêreld sê en wys dit nie vir julle
Dat Ek baie beter vir julle wil hê

Dit sê Ek is God
Ek is genadig
Ek is barmhartig
Sê ons Abba-Heer

Hoekom hou julle aan
Om julle harte te draai
Weg van die Een
Wat julle liewer het as die lewe self

Liefste kinders julle is verlei
Dinge vertel wat net nie waar is
Liefste kinders, liefste wêreld
My hart vir julle is mooi

Hoekom kan en wil julle dit nie glo
Dit is so maklik vir julle
Om die slegste
Van My te glo

Liefste kinders
Asseblief hou op daarmee
Kyk ‘n bietjie om julle
Kyk ‘n bietjie wat het Ek alles gemaak

Liefste kinders
Sou Ek dit vir julle gegee het
As Ek nie lief was vir julle
Met alles in My

Liefste wêreld Ek is besig
Om My hart vir julle oop te maak
Ek is besig om vir julle te vertel
Hoe ongelooflik baie Ek julle liefhet

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek roep julle om te hoor
Asseblief Ek roep julle om ag te gee

Hoekom wil julle nie op My weë loop nie
Ek verstaan nie sê Abba
Dis so mooi
Dis so skoon

Dit sal alles wat mooi is uit julle bring
Liefste kinders
Hoekom kies julle die wêreld bo My
Hoekom kies julle duisternis bo lig

Dit maak so seer
Sê Abba-God
Dit maak so seer
Dit breek My hele hart

Liefste kinders Ek wil hê julle moet glo
Ek wil hê julle moet weet
Julle is My hele lewe
Ek wil so graag hê julle moet terugkom na My

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek mis julle
Dit is wat ons Abba sê

Hoekom wil julle nie kom
Hoekom wil julle nie glo dat Ek van beter weet
Liefste kinders want Ek doen
Ek doen weet altyd beter

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek wil vra
Kom loop die pad

Dieper saam met My
Kom en kom sien
Julle kan My altyd glo
Julle kan My altyd vertrou

My hart vir julle is liefde
Liefste kinders
My hart vir julle
Is alles wat mooi is

Ek wil vra asseblief liefste kinders
Dat julle sal begin glo
My hart vir julle is mooi
Altyd-altyd mooi

Ek het nie misbedoelings
Ek wil julle nie misbruik
Ek is nie soos julle nie
Liefste kinders

Julle kan My hart bly glo
Nooit sal Ek julle
In die steek laat en sê
Ek gee nie meer om

Liefste kinders
Dit sal nooit so wees
Dit is wat ons Vader sê
Ek wil hê en vra

Julle moet weer My hart vertrou
Soos in die tuin van Eden
En julle voor die slinkse slang en sy slinkse vrae staan
Sal julle asseblief hierdie keer My hart vertrou en nee dankie sê?

Liefste kind baie dankie
Dat jy kies om te bly glo
My hart bly waar en mooi
Maak nie saak wat die duiwel of die wye-wêreld sê

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Skittermooi”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s