Lofprysing, Nuwe hoop

10 000 Miljoen kere oor

My hart word so bly
So diep dankbaar
Wanneer ek die woorde
Van my Pappa-God hoor

Dankie Abba-Vader
Dankie
Dit beteken vir my die lewe en meer
Om aan U te behoort

Dankie Abba-God
Dat ek kan en mag hoor
Dankie dat U gee
Dankie dat U opoffer

Wie U is deel U so graag met ons
Ek bid en vra
Dat ons meer sal wil hoor
Dat ons waarlik sal omgee

Abba-God maak my asseblief
Liewer vir U
Maak U die persoon wie ek
Die liefste in die hele wye wêreld het

U is mooi
U aangesig so skoon
Abba-God ek wil verstaan
Hoe kan U soveel liefde wees?

U verstom my hart
Maak my binneste baie stil
Diep, diep dankbaar
Pappa-God hoe kan U so mooi wees

Het ons dit dan nog wragtie
Al die jare verkeerd
Vir generasies en generasies is ons geleer
U sit ook agter alles verkeerd

Abba-God ek wil dit nie meer glo
Ek wil na U waarheid begin vra
Baie meer as my eie
En my weë waarop ek so graag loop

Ek wil my weë neerlê
Pappa-God
Ek wil U s’n optel
Ek wil in U s’n loop

Ek wil dan vra Abba
Dat U my sal help
Om meer en meer te glo
En om meer en meer op U weë te loop

Help my asseblief Vader
Om meer oor te gee
Om U liewer te hê
As als wat so dikwels my aandag van U steel

Ek wil U aanhou liefkry
Ek wil aanhou groei
Ek wil aanhou weet
Dat U my nooit in die steek sal laat

Meer en meer Abba
Meer van U in my
Dit is waarna ek vra
Dit is waarna ek verlang

Om U te hoor is Lewe
Om U te gehoorsaam
Is vrede, liefde
En so baie blydskap

Ek het nooit geweet
Dat om U te vertrou
My hart en lewe
Soveel hoop sou bring

Daarom wil ek net dankie sê
Pappa-God uit my hart
Dankie, dankie
10 000 miljoen kere oor

Ek weet woorde
Kan dit skaars verwoord
Maar Vader ek wil so baie dankie sê
Vir wat U kom doen het in en vir my

Sonder U was dit
Nooit moontlik nie
Ek wil dankie sê Pappa-God
Ek wil so baie dankie sê

Mag my lewe altyd getuig
My woorde, dade en alles van my
U is God
U is Koning ja

En ja selfs al faal ek dikwels
Is ek so bly
Want dit hou my trou
Want U hou my vas

U verwag nie perfeksie
U vra na harte wat wil
Harte wat U liewer wil kry
Harte wat in U weë eerder as ons eie wil loop

En Abba dis wat ek U wil gee
‘n Hart wat oorloop omdat U leef in my
Dankie Abba-God, dankie, dankie
My hart, my hart loop oor.

Advertisements

Een gedagte oor “10 000 Miljoen kere oor”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s