Blinde oë, Liefde so groot, Oorgegee

Blinkste Mooi

Die skrefie in my hart
Wink my God bly nader
Nader Pappa-God, nader
Ek wil nog baie meer van U weet

Ek wil nie hê
Hierdie kraantjie in my hart
Moet ooit opdroog nie Pappa-God
Ek wil meer en meer van U weet

Hoe meer ek U leer ken
Hoe meer wil ek van U weet
Abba hoe kan U hart so mooi wees
U weë so baie skoon?

Koning Jesus
Abba God
Ek wil meer weet
Van wat in U hart aangaan

Ek wil weet
En rerig verstaan
Hoe bitter-baie naby U aan my is
Ek wil weet hoe baie U rerig omgee

Abba-God ek wil weet
Ek wil meer van U weet
Liefste kinders sal julle dit begin vra
Meer en meer wanneer julle tyd saam My spandeer?

Lê julle weë neer
Asseblief liefste kinders
Kom loop op Myne
Hulle is soveel, soveel meer

Soveel, soveel kere
Wat Ek aanhou vra
Wanneer gaan julle My begin glo
Rerig na hulle begin vra

Sien liefste kinders
Ek weet daar is baie weë
Waarop My kinders loop
Soveel treë wat julle weg van My julle Vader neem

Ek wil nie hê dit moet so wees
My liefste kinders
Ek nooi julle elkeen nader
Kom verken julle Pappa-God se hart

Moenie stop nie
Sê Abba Vader
Vra na dieper
Vra na alles in My hart

Liefste kinders
Ek wil julle soveel meer leer, soveel meer gee
Hoekom wil julle nie vra nie
Hoekom wil julle nie kom nie?

My liefste kind
Hoe kan jy jouself My kind noem
Maar nooit enige tyd met My spandeer?
Liefste kind dit kan mos nie wees

As jy omgegee het oor My, selfs vir ‘n oomblik
Sou jy wou
Jy sou wou kom
En luister na My

Hoekom is daar
So min van My kinders daarbuite
Wat wil luister vir My
Hoekom sê Vader

Hoekom?
Liefste kinders Ek wens so
Dit was nie gewees
My hart breek sê Abba-Vader

Want liefste kinders
Julle het hierdie wêreld
Soveel liewer as vir My
Ek wonder dikwels hoe kan dit wees?

Alles wat blink en mooi is
Wil sy vir julle gee
Maar sy vertel julle nie
Dat net Ek die diepste plekkie in julle wese kan vervul

Alles wat mooi en blink is
Wil sy aanhou uitdeel
Maar liefste kinders
Sy vertel julle nie haar weë is vrot

Kinders, kinders
Hoekom luister julle nie
Hoekom hoor julle nie
Julle Pappa-God se hart nie?

Hoekom bly julle
Aanhou wegloop as Ek julle
So naby aan My wil hê
Ek wil julle nie verhinder nie

My liefste kinders
Ek nooi julle elkeen nader
Ek nooi julle om die goud in My hart
Te kom naspoor

Liefste kinders asseblief
Sal julle net ‘n bietjie begin luister
Sal julle asseblief net ‘n klein bietjie nader kom
Dis Ek wat julle nader nooi en vra om vir die wêreld te begin nee sê

Lê neer julle weë
Asseblief liefste kinders begin vra na Myne
Hulle is rein, hulle is skoon
Hulle sal die blinkste mooi in julle na vore bring

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Blinkste Mooi”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s