Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Lewe saam My

Ken jy Hom wat jou
Sy vriend wil noem
Hy weet van jou
Hy ken jou naam

Hoe hoop en wens Hy
Dat jy sal kom
Dat jy sal ja sê
Dit is nog nie te laat

Hy sal jou vergewe
Uit die put van sonde sal Hy jou lig
‘n Kind van God
Dit sal Hy jou maak

Vergewe jouself dan
Soos Ek jou vergewe
Liefste kind
Kom uit agter daai deur

Weet jy
Dat Ek by jou is
Weet jy
Dat Ek verskriklik baie omgee

Liefste kind
Ek is by jou
Ek weet van jou
Ek gee om

Vergeet dan
Dit wat agter is
Strek jou uit na wat voor lê
Weet dit Ek kom weer

Liefste kinders hierdie wêreld
Is soveel meer as dit wat julle dit maak
Dit is Lewe, dit is Lig
Dit gebeur net 1 maal

Wees dan bly liefste kinders
Weet dit
Julle is nie alleen
Elke tree is Ek by jul

Nooit hoef julle
Een enkele ding alleen te trotseer
Altyd is Ek daar
Om julle daardeur te help

Gee asseblief op liefste kinders
Julle eie weë
Kom gee op, kom gee oor
Sê ‘Vader ek sal U manier leef’

Dis al wat Ek van julle vra
Liefste kinders
Om julle weë neer te lê
Myne te probeer

Hoekom wil julle nie kom nie
Hoekom wil julle nie oorgee nie
Liefste kinders die tyd raak min
Asseblief kom loop op My weë

Lewe en Oorvloed
Liefste kinders
Dit is wat hulle
Vir julle sal bring

Hoor dan reg
Kom asseblief nou
Daar is nog tyd, tyd vir jou
Om jou saak reg te maak met My

Liefste kind
Dis wat Ek wil hê moet so graag gebeur
Ek sal dit nie teen jou hou
Ek sal jou waarlik vergeef

Liefste kind my hart vir julle
Is vergifnis
My hart vir julle
Is vryheid

Hoekom wil julle dit nie glo
Die kettings om julle harte en lewens
Hoe graag
Wil Ek dit breek!

En liefste kinders
Ek kan en Ek wil
As julle nou wou glo
En waarlik kom na My

Maak oop jou oë
Maak oop jou hart en oë vir My
Sien jy liefste kind
Hoe graag Ek wil binnekom?

Liefste kind
Ek wil jou leer
Ek wil jou lei
Ek wil vir jou sê dat daar nog soveel hoop is

Omdat Ek leef
Sal daar altyd hoop wees
Omdat Ek leef
Kan jy met blydskap uitsien na die dag van môre

Liefste kinders
Sal julle dit asseblief weer glo
Sal julle asseblief ophou
Om altyd so swartgallig te wees

Liefste kinders
Dit is nie My hart vir julle nie
My hart is hoop, blydskap
Vrede wat alles wat mooi is saambring

Dit is liefste kinders hoekom Ek julle vra
Om aan te hou glo
Ek weet van julle
En Ek is altyd naby

Al wil die wêreld
Julle anders oortuig
Hou vas liefste kinders
Hou vaster aan My

Nooit sal Ek julle verlaat
Nooit sal Ek julle sommer los
Ek is altyd-altyd
Naby

Dit is wat Ek
Julle nooi om te glo
Vertrou My
Vertrou My weë

My weë loop na alles
Wat mooi is
Sê Abba Vader
Alles wat skittermooi is

Blink en oop en skoon
Dit is Ek sê ons liefste Vader
Glo dan in My sê Hy
En asseblief moet nooit ophou

Weet julle hoe naby is Ek
Aan die wat My liefhet en dien
So naby sê Abba Vader
So bitter baie naby

Dit is hoekom Ek julle vra
Asseblief kom na My
Lê neer julle weë
Gee asseblief oor aan My

Lewe en Oorvloed
Liefste kinders
Soos julle nog nie gesien of ervaar het nie
Lewe saam met My

Asseblief liefste kinders
Sal julle kom
Sal julle glo
Sal julle asseblief oorgee aan My?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s