Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Vanuit die Hart

Oorgee van die hart
Dit is waarna ons Vader verlang
Kinders wat Hom liefhet, dien en glo
Hy hulle enigste bestaan

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom uitvind
Hoe ongelooflik lief Ek julle het

Hoekom wil julle
Dit nie glo nie?
Hoekom wil julle
Nie daarop bly staan?

Liefste kinders Ek weet
Van iedere en elkeen van julle
En kinders
Ek gee rerig om

Lank genoeg
Wat die vyand julle bedrieg
Hy sê altyd Ek gee nie om
Hy sê altyd Ek is nie daar

Liefste kinders sal julle asseblief
Ophou om hom so te glo
Hy voel niks vir julle
Hy weet, hy weet wie Ek is

Liefste kinders asseblief
Kom ‘n bietjie nader aan My
Lê julle weë en planne neer
Asseblief kom kyk na Myne

Hoekom glo mense
My nie meer nie?
Hoekom glo hulle nie
Dat Ek alreeds van alles weet?

Liefste kinders asseblief
Ek nooi julle om te glo
Ek nooi julle om te kom na My
Waarlik, waarlik vanuit die hart

Asseblief liewe kind
Word dan net ‘n bietjie liewer vir My
Assblief liewe kind kom leer My ken
Diep vanuit jou hart

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s