Blinde oë, Liefde so groot, Lofprysing

My hart

Ons harte is gemaak
Om U te vind
Van die vroegste vroeg
Tot die jongste jonk

Ons harte is gemaak
Om U s’n te vind
In U hart van liefde vir my
Vind ek soveel vrede, vind ek soveel rus

Dankie liefste Pappa-God
Dat U U Seun gegee het vir my
Dankie liefste Seun van Pappa-God
Dat U U alles kom gee het vir my

My hart word so oneindig dankbaar
Vir al die mooi wat U kom gee het vir my
In geen ander arms
Sal ek ooit dieselfde vind

Ek wil net dankie sê Pappa-God
U is die rede
Vir die blydskap en vrede
Wat binne in my hart rus

Soveel rustigheid en kalmte
Soveel liefde en aanvaarding
Het ek in U gevind
U is die rede

U liefde moes my vind
Daarvoor is ek gemaak
Om altyd maar altyd
Saam met U te wees

Ek wil ophou hardloop
Ek wil begin oorgee
Sodat ook my hart
U rus en vrede kan vind

Dankie liefste Koning
Dat U my liefhet
Met ‘n ewige liefde
Dat niks, niemand ooit daarnaby kan kom

My hart was gemaak
Om U s’n te vind
Ek sien dit nou liefste Koning
En ek sê baie dankie daarvoor

Dankie dat U
My kom vind het
Dankie dat U
Nooit opgegee het op my

Aan U al die lof en eer
Vir al die dankbaarheid en vrede
Wat nou op hierdie oomblik
In my hart heers

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “My hart”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s