Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Vind voordat jy opgee

Glo in My liewe wêreld
Asseblief glo in My
Ek nooi julle elkeen
Om waarlik te glo in My

Lank genoeg
Lank genoeg draai julle
Julle aangesigte weg van My
Hoekom is dit so wil ons Abba-Vader weet

Daar is soveel
Hoogheid in julle harte
Soveel beter weet
Liefste kinders hoekom lê julle dit nie eerder neer

Liefste kinders
Kom vra na die eenvoud van hierdie lewe
Kom vra na die ware mooi
Kom vra na alles wat lewe in My hart

Liefste kinders
Ek nooi julle
Om die dieptes en mooi
In My hart te kom verken

Het julle geweet
Besef julle
Dat julle nooit enige iets beter sal vind
As dit wat hier binne in My woon

Al die skatte
Wat mens ooit kan verlang om te vind
Dit lê alles in My
Alles, alles in My

Die ware mooi in hierdie lewe
Is Ek en ‘n verhouding met My
Liefste kinders hoekom wil julle dit nie glo
Sê My het julle al probeer, probeer om My waarlik op te spoor?

Want liefste kinders
Oppervlakkige gesoek
Dit lei na niks
Julle moet dieper soek

Julle moet soek na My
Julle gaan My nie so vind
As julle net halfhartig probeer
Julle gee op en julle het nog nie eers waarlik gevind

Liefste kinders
Asseblief nee
Ek vra dat julle nie sal ophou
Nie voordat julle My vind

Luister na My
Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet My vind
Ek wil hê julle oë moet wees op My

Soveel goeters in hierdie lewe wat julle verblind
Soveel goeters wat julle weglei van My
Liefste kinders
Dit is tyd dat julle My waarlik vind

Ek weet wat Ek wil hê
Kinders wat glo
Kinders wat kom
Kinders wat in My weë loop

Hoekom is dit so moeilik
Om oor te gee?
Hoekom is dit so moeilik
Om My te vind?

Dis omdat daar iets moet doodgaan in julle
Voordat julle My waarlik kan vind
En dit
Is die eie ek

Die eie ek
Moet julle neerlê liefste kinders
Julle moet ‘n bietjie begin sterf
Aan julle eie manier van dinge doen

Ek weet dit maak seer liefste kinders
Maar dit is net in die begin
Totdat julle sien
Hoe Ek met julle werk

So mooi en sag
Liefste kinders
So sag
Dit is wie Ek is

Asseblief liefste kinders
Ek vra julle
Om die ek neer te lê
Om My waarlik te kom vind

Sal julle asseblief liefste kinders
Sal julle My kom naspoor
Met alles wat julle is en het
Met alles totdat julle My waarlik vind?

Advertisements

Een gedagte oor “Vind voordat jy opgee”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s