Blinde oë, Liefde so groot, Oorgegee

Wandel saam met Vader-God

Die geskenk van lewe
Is so groot voorreg
Ek wonder of julle dit besef
Ek wonder of julle dit weet

Liefste kinders
Hou asseblief op
Om sonder waardering
Daarna te verwys

Liefste kinders, Abba se kinders
Julle is hier met ‘n doel
Julle is hier met ‘n rede
Weet jy wat dit is?

Liefste kinders
Ek vra julle om te kom
Om julle weë neer te lê
Om Myne te vind

Liefste kinders
Hoe gaan julle ooit uitkom
By dit wat Ek vir julle voorberei het
As julle dit nie kom vind

Kom liefste kinders
Kom en kom vind
Die plan wat Ek in my hart
Vir jou lewe het

Liefste kinders
Liefste kinders
Kom asseblief
En kom vind uit wat dit is

Die voorreg van lewe
Is so groot geskenk
Julle is nie net hier om te bestaan
Julle is hier om groot verskil te maak

Liefste kinders
Sal julle asseblief kom
Sal julle asseblief doen
Soos wat Ek van julle vra

Lê neer liefste kinders
Lê neer julle weë
Kom loop op Myne
Kom vra daarna

Daar is soveel meer dinge
Wat Ek julle wil wys
Soveel dinge wat Ek
Julle wil gee en leer

Hoekom wil julle nie
Daarna vra nie liefste kinders
Hoekom wil julle nie
Kom nie

Hoekom glo julle nie
Liefste kinders
Dat Ek ewig is
Dat Ek altyd in beheer is

Abba dis die grootste voorreg
Om van U te hoor
Ek wil dankie sê Abba
Ek weet U hoor my

Dankie dat U so baie omgee
Dankie dat U ons gemaak het
Vir ‘n rede, ‘n spesiale doel
Abba dat ons nie sommer net hier is

Abba dis die grootste voorreg
Om U kind te wees
Om gered te wees uit genade
Om U Pappa-God te noem

My hart word so bly Abba
Want dit is wie U is
En dit is wie
U vir ewig sal bly

Dankie Abba-God
Dat U ons liefhet
Meer as wat enige woorde
Ooit kan verwoord

Dankie Abba-God
Dat U die laste en swaarkry van hierdie lewe
Saam met ons dra
Ons kan voorwaar nie sonder U

Abba Pappa-God
Dankie dat U ons leer
Om elke dag net ‘n bietjie meer
Soos U te wees

Om elke dag te vertrou
Om elke dag ‘n bietjie meer
Oor te gee
Abba-God U is ons Koning

U is die Een wat hierdie lewe
Soveel betekenis gee
Abba-God ons kom na U
En ons gee alles oor

Alles wil ons neerlê voor U Troon
Wie ons is, wat ons het
Alles liefste Vader
Alles kan U maar kry

U het U Seun gestuur
Sonder om twee keer daaroor te dink
Abba hoe kan ons minder gee
U is die Een wat ons alles verdien

Abba alles wat ons is
Alles wat ons is
Dit wil ons vir U
Met die grootste blydskap gee

Liefste Koning sal U ons asseblief help
Om U liewer te kry
Daar is soveel dinge in hierdie wêreld
Wat ons aandag van U af lei

Vader ons grootste begeerte
Is om van U te hoor
Om in U weë te loop
Help ons asseblief meer en meer daarmee

Abba ons wil na U weë vra
Wanneer ons bid
Wil ons sê
Liefste Koning kom in meer en meer

My lewe wil ek vir U gee
Sodat die mense om My sal kan sien
U is die Een wat ewig leef
Asseblief liefste kind sal jy vra daarna

Ek kan soveel verskil
In hierdie wêreld maak
Deur kinders wat net sê ja
Kinders wat bereid is om te kom

Liefste kinders
Ek vra julle om te kom
Asseblief vir My
Asseblief vir julle

Daar is soveel mense daarbuite
Soveel mense wat moet weet
Dat Ek hulle Ewige Vader is
Dat Ek soveel omgee vir hulle

Liefste kinders
Kan Ek julle na die wêreld stuur
Ek vra julle om te gaan
Ek vra julle om ‘n verskil te maak

Net waar jy is
Liefste kind
Dit is waar als begin
Asseblief begin vra daarna

Begin My toelaat
Om jou te verander
Begin My toelaat
Om jou mooier te maak

Liefste kinders
Dit is My grootste hartsbegeerte
Om My Seun Jesus
In jou wel en weë te sien

Ja liefste kinders
Dit gebeur dalk nie oornag
Maar dit gebeur
Met oorgee

Dis al wat Ek van julle vra
Liefste kinders
Om meer soos Jesus te word
In al jul wel en weë

Liefste kinders asseblief
Lê neer julle weë
Kom vind Myne
Met elke tree wat julle gee

Die Heilige Gees
Soveel meer wil hy julle leer
Sal julle asseblief oorgee
Sal julle asseblief vra daarna

Want dit is wat dit vra
Dit is wat dit kos
Lê neer julle eie weë
Lê neer en kom loop in alles op Myne

Alles liefste kind
Alles moet Myne word
Jou begin en einde
Dis wie Ek vir jou moet wees

Liefste kinders
Asseblief kom
Kom vra in alles na My kosbare weë
Lê jou eie neer

Liefste Koning Jesus
U is voorwaar die lewe self
Om van U te hoor
Dit bly ons einde, dit bly ons begin

Dankie dat U ons so liefhet
Dankie dat U gekom het
U is die lewe
U is alles vir ons

Meer en meer
Wil ons dan nog oorgee
U is ons alles Koning Jesus
Die Begin en Einde van alles wat ons is

Weet dit dan liefste Koning
Sonder U
Is daar geen ware begin
U is die Een wat aan alles lewe gee

Ook aan my liefste Koning
En ek sê baie dankie daarvoor
Word verheerlik liefste Koning
Ons wil dit sê oor en oor

Want net Een is waardig
En dit is U o Heer
Word dan verheerlik Abba
Deur die woorde wat ons sê

Die gedagtes wat ons dink
Die dade waarop ons voete loop
Ons wil meer van U hê
Daarom wil ons alles neerlê

Ons manier van doen
Vir U manier van doen
Hoe ons dinge sien
Vir dit wat U ons nog wil leer

Abba want ons wil U hart ken
Dit is waarby ons wil uitkom
Vat ons dan dieper Abba-God
En moenie toelaat dat dit ooit genoeg is

Want Abba ons is lief vir U
Daarom wil ons dit vra
Ons wil oorgee Abba-God
Ons wil meer van U en U weë leer

Abba asseblief
Verander dan ons harte
Moet asseblief nie dat ons opgee
Om van U te hoor

En Abba al maak dit dalk nie vir ons sin
Wil ons glo
U verstaan
En U is altyd daar

Sonder U sal ons nooit nodig hê
Om ons weg te vind
Sonder U
Is daar geen manier

Stadig maar seker Abba
Wil ek hê
Dat alles wat U is
Myne sal word

Hoe U dink
Hoe U praat
Hoe U redeneer
Laat dit myne wees

In alles Abba
Wil ek U s’n wees
Om in totaliteit
Voor U te kom doen

Leer my dan
Meer en meer
Om U met alles in my
Te loof en eer

Meer en meer
Wil ons vir U gee
U is ons einde
U is ons begin

Dankie liefste Koning
Dat U die Begin en Einde is
Van alles wat ons hoop
Om op hierdie aarde te wees

Soveel hoop
Het U kom aansteek in my
Ek wens dat iedere en elke een
Ook dieselfde sal ondervind

Ek bid dat hulle
U sal vind
Ek bid dat ook hulle
U in alles sal vind

Want liewe wêreld
Dit is waar Hy is
Hy gee so baie om vir julle
Hoe hoop Hy dat julle waarlik sal kom

Soveel, soveel hoop in my hart
Alles omdat U leef
Dankie liefste Jesus
Dat U gekom het en alles gegee het vir my

Alles wat U is en het Abba
Alles wat U is en het
Dit het U
Met ons kom deel

Ons sê dan dankie Abba
En ons wil so graag
Ons lewens vir U leef
Ons wil aanhou oorgee

Sodat almal wat ons
Sien en ken
Sal weet U is die Een
Wat vir ewig en altyd is

Ons wil hê
Dat wanneer mense vir ons kyk
Hulle vir Jesus
Binne in ons sal sien

Ons wil hê
Dat wanneer hulle ons ondervind
Hulle sal kan sê
Jesus was nou-net by my

Nie omdat ons oulik is
Maar alles omdat U
Binne in ons leef
Alles omdat U U-self met die wêreld wil deel

Help ons dan
Om oor te gee Abba
Om waarlik
Vir U te leef

Meer en meer
Wil ons met alles in ons
U weë liefhê
U weë doen

Meer en meer
Liefste Jesus
Wil ons vir U gee
Alles wat ons binne is

U maak die mooiste mooi
Van die eie ek
As ek net kies om my weë neer te lê
En U s’n op te tel

Help my asseblief Abba-God
Om meer en meer daarna te vra
Om te sê, om te bely
Ek kies U s’n bo myne

Want dit is
Waar die Lewe lê
Ons wat oorgee
U wat ons alles is

Ons wil nie vir onsself lewe nie o Koning
Ons wil ons alles vir U gee
Want U is
U is die Een wat ewig is

Abba-God laat ons oorgee
Asseblief help ons daarmee
Om nie aan te hou om op ons eie weë te loop
Maar om U s’n met alles in ons te kies

U is LEWE
U is die OORVLOED
Wat ons verlang om te ervaar
Abba-God help ons asseblief daarmee

Dis op U weë
Dat ons die lewe vind
Dis op U weë
Waar alles wat mooi is vir ons wag

Liefste kinders
Kom dan asseblief nader
Kom hoor dan asseblief
Wat dit is wat Ek vir julle wil gee

Dankie liefste Koning
Dat U ons meer wil gee
Ons wil kom hoor
Wat dit is wat in U binneste lê

Help ons dan asseblief Abba
Om meer en meer van U te hoor
Om alles oor te gee
En om in U weë te loop

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s