Byt vas, Oorgegee

Nuwe Seisoen

Vra na meer liefste kinders
Vra asseblief na meer
Daar is soveel meer
Soveel meer wat Ek julle wil leer

Moenie so gou moed opgee
Moenie so gou ingee
Om My te leer ken
Dit moet vreugde vir julle wees

Liefste kinders asseblief
Kom ‘n bietjie nader
Kom hoor hoe klop My hart
Alles net vir jou

Hoeveel meer wil Ek jou gee!
Hoeveel meer wil Ek julle leer
Liefste kinders daar is meer, soveel meer
Asseblief begin daarna soek

My hart is diep en donker
Daar is soveel skatte
Wat vir julle wag
Om hulle te vind

Moenie ophou nie
Liefste kinders
Smag na meer
Vra na meer

Wie Ek is
Dit wil Ek julle wys
Gee dan oor
Kom asseblief na My

Begin vra na My hart
Sê Abba
Begin vra na alles
Wat is van My

Asseblief liefste kinders
Vra na My
Vra na alles
Wat is van My

Sien liefste kinders
Daar is ‘n verskil
Hoe hierdie wêreld
En Ek dinge glo

Daar is ‘n verskil
Liefste kinders
En julle moet weet
Julle moet weet wat is van My

Soveel dinge
Wat Ek julle wil leer
Soveel dinge
Wat Ek julle wil wys

Asseblief liefste kinders
Sal julle kom en uitvind
Wat belangrik is vir My
Soveel skatte wat vir jou wag om hulle te vind

Moet dan nie opgee nie
Vra na meer
Vra na My
Vra na alles in My hart

Julle moet nie opgee nie
Julle moet vra na meer
Liefste kinders daar is meer
Daar is soveel meer

Smag na meer
Word honger vir meer
Liefste kinders daar is soveel, soveel meer
Daar is die hele Ek

Dit is wat Ek julle wil leer
Dit is wat Ek wil hê julle moet vind
Die hele Ek liefste kinders
Die hele Ek

Moet dan nie moed verloor
Met die goeters wat van My is
Ek wil julle leer liefste kinders
Alles wat is van My

Leer my meer van U Abba
Dit moet julle daaglikse gebed wees
Dan kan Ek kom liefste kinders
Julle meer van My wysheid leer

Het julle geweet
Liefste wêreld
Dat daar niks mooier
As My wysheid is?

Liefste wêreld
Liefste kinders
Kom asseblief na My
Laat toe dat Ek julle leer

Ek wil so graag hê
Julle moet op My weë loop
Ek wil so graag hê
Julle moet kom en waarlik glo

Abba se kinders
My kinders
Ek wil hê julle moet glo
Soos Ek glo

Ek wil hê
Julle moet dinge sien
Soos Ek dit sien
En nie andersom

Liefste kinders
Hoe gaan julle ooit weet
Wat belangrik is vir My
As julle nie vra daarna

Liefste kinders asseblief
Ek vra julle weer
Asseblief lê neer
Asseblief lê neer alles wat nie van My is

Dieper en meer
Dit is wat Ek julle wil gee
Dieper en meer
Alles wat Ek is

Vra daarna liefste kinders
Vra na alles van My
Liefste kinders
Lewe en oorvloed sal dit vir julle bring

In Jesus Christus
Se wonderlike mooi naam
Julle Koning en Heer
Die Een wat julle Verlosser noem

Kom dan uit onder hierdie wêreld
Liefste kinders
Kom dan uit onder die manier
Hoe hulle glo

Liefste kinders
Dit kan nie meer so wees
Tye het verander
My koms is voor die deur

Dis ‘n nuwe seisoen
Sê Abba God
‘n Nuwe Seisoen
Het vir My kinders aangebreek

Een waar julle
My hart moet kom naspoor
Liefste kinders
Een waar julle My sal vind

Asseblief liefste kinders luister
Dit is julle Pappa-God
Wat met julle praat
Ek het nodig dat julle kom

Ek het nodig
Dat julle ten volle
Deel van My
En My koninkryk word

Liefste kinders
Daar is nie meer tyd vir leeglê nie
Dit is tyd dat julle kom
En kom vind

Kom liefste kinders
Kom en kom vind
Alles wat mooi is
In My hart

Alles liewe kind
Alles sal Ek julle leer
Stap vir stap
Elke tree wat julle gee

Julle hoef nie bang te wees
Soos wat julle vorentoe tree
Ek sal daar wees
Ek self is die Een wat julle leer

Ek voel so trots op julle
Sê Abba-God
Soos wat julle vorentoe tree
Aanmeld om nog meer van My te leer

Liefste kinders Ek wil julle meer gee
As wat julle kan droom
Ek wil julle gee
Al die mooi in My hart

Vertrou My dan
Liefste kinders
Kom, asseblief kom
En kom leer alles van My

Ek wil hê julle moet oorgee
Ek wil hê julle moet kom
Asseblief liefste kinders
Kom en gee oor

Alles wat Ek julle wil leer
Alles is in My hart
So vra daarna sê Abba
Vra My om My hart vir jou te wys

Moenie bang wees nie
Liefste kinders
My hart is wys
My hart is skoon

Alles wat mooi is
Alles wat mooi is
Sal julle
Daarbinne vind

Word wys liefste kinders
Asseblief kom leer meer van My
Ek wil julle wys
Wat is van My en wat is nie

Soveel onderskeiding
Wat Ek julle wil gee
Soveel onderskeiding
Wat Ek julle wil leer

Nie alles in hierdie wêreld
Is van My
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet

Ek en hierdie wêreld
Is nie een nie
Nooit sal dit so wees
Dit is wat ons Abba sê

Kom glo dan nou vir My
Kom loop op My weë
Lê neer haar manier van doen
En vra na My met alles in jou

Liefste kinders
Meer en dieper
Dit is wat Ek wil gee
Asseblief liefste kinders vra daarna

Ek wil julle vind
Ek wil julle leer
Alles in My hart
Ja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Nuwe Seisoen”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s