Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Verkeerde Prentjie

Die Koning van hierdie wêreld
Is so baie mooi
In Sy hande het my hart
Die Ware Lewe gevind

Julle ek is so bly
Ek het gekom
Dit is omdat ek weet
Hy weet van my

Hierdie Koning wag
Liewe wêreld
Om jou
Sy kind te noem

Hy wag vir julle
Om te kom
Hy wag vir julle
Om oor te gee aan My

Liefste wêreld
Sal julle asseblief kom
En julle oë
Op My kom plaas

Hou op om te sê
Julle wil nie
Hou op om te sê
Nie nou nie

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek smag om julle meer te gee
As julle net wou vra

Meer van die diepte
En waarheid in My hart
Dit is wat Ek verlang
Om vir julle oop te breek

Sal julle asseblief
Vra daarna
Liefste kinders sal julle asseblief
Vra daarna

Begin om oor te gee
Liewe wêreld
Begin om My te glo
Begin om tyd met My te spandeer

Begin om te weet Ek is altyd daar
As jy jou Bybel sou oopmaak
Sou jy weet dat Ek
Jou nooit in die steek sal laat

Begin om van My te leer liewe wêreld
Begin om van My te weet
Die Koning van die wêreld
Hy nooi julle nader

Liefste wêreld
Sal julle Hom begin binnenooi
Hom waarlik ‘n kans gee
Want julle doen nie sê Hy

As dinge nie volgens
Julle planne verloop nie
Is julle so gou
Om My te verlaat

Hoekom doen julle dit liewe wêreld
Hoekom doen julle dit liefste kinders
Hoekom draai julle
So gou weer julle rue op My?

Dis nie deursettingvermoë nie
Sê Abba
Dis nie oorgawe nie
Dit is nie geloof nie

En dit is liefste kinders
Wat Ek julle so graag wil leer
Om te glo
Al het julle nog nie gesien

Net soos ongelowige Thomas
Glo baie mense nie vandag
Ek het uit die dood opgestaan
Liewe wêreld dis okay

Ek wil net hê julle moet weet
Julle is so verkeerd oor My
So gou glo julle
Alles wat sleg is van My

Ek wonder of julle weet
Mooi bestaan uit My
Alles wat mooi is, is Ek
Als wat mooi is

Glo dit
Liefste kinders
Glo dit asseblief
Bietjie vir ‘n slag

Ek raak so moeg
Sê Abba Vader
As Ek na hierdie wêreld kyk
En hoor alles wat julle van My sê

Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet dit hoor
Julle is so verkeerd!

So verkeerd oor My
En alles waar dit My aangaan
So so verkeerd
Ek wens Ek kon vir julle reg glo

Maar Ek kan nie
Sê Abba God
Dit is julle
Wat moet begin reg hoor

Soveel redenasies
In julle harte
Soveel redenasies
Oor hoekom Ek nie bestaan

Liewe wêreld
Ek raak moeg daarvoor
Ek wil julle
‘n Ding of twee wys

Liewe wêreld
Ek het alles gemaak
Kyk rondom jou en WEET
God bestaan

Geen enkele molekule
Het sonder My tot stand gekom
Ek het Lewe daaroor gespreek
Dit tot stand geroep

Ek word so moeg
Sê Abba Vader
As Ek hoor die minagting
Wanneer jy van My praat

Liefste kind
Liefste wêreld
Ek verdien
Die hoogste respek

Alles wat Ek gemaak het
Het Ek vir julle gegee
Om te geniet
Alles waarvoor julle sê ja?

Hoekom begin julle nie
‘n Bietjie vir My ja sê nie
Liewe wêreld
Ek het alles gemaak

Hoekom begin julle nie
‘n Bietjie glo Ek bestaan
Hoekom begin julle nie glo
Dat Ek presies weet wat aangaan

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Ek sien regdeur julle

Daar is niks wat julle
Vir My kan wegsteek
En ja sê Abba Vader
Weet julle

Dat bo al die verkeerde glo
Bo al die leuens wat julle oor My vertel
Dat Ek julle nogsteeds
So baie liefhet

Ja sê Abba Vader
Ek sal julle vergeef
Ek sal julle vergeef vir alles verkeerd gedoen
As julle net wou kom en kom jammer sê

Weet julle liefste wêreld
Dat Ek reg maak alles verkeerd
Weet julle dat Ek besig is
Om alles te herstel

Liefste wêreld
Liefste kinders
Luister vir My
Julle gaan agterbly as julle My nie ken

Ek wil nie hê dit moet so wees nie
Sê Abba Vader
Ek het My Seun gegee
Sodat jy in Hom kon glo

Liefste kinders, liewe wêreld
Hoekom glo julle nie
Julle is besig om soveel skuld op julle skouers te laai
Skuld wat Ek nie wil hê julle moet dra nie

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek het My Seun gegee
Om jou skuld te dra

Vergeet ‘n bietjie
Van nee sê
Begin ‘n bietjie
Kom

Liefste kinders
Liefste wêreld
Julle lewens hang daarvan af
Julle lewens in die Ewigheid

Julle is besig
Om soveel te verloor
Soveel
Alles omdat julle leuens wil glo

As julle net wou kom
Met harte vol geloof
As julle net wou kom
En waarlik GLO

Sou julle uitvind
Wat Ek vir julle sê
Dit is inderdaad
Die waarheid

Ek raak moeg vir ‘n wêreld
Wat My konstant wegwens
Liefste wêreld nee
Ek wil hê julle moet My embrace

Omhels die waarheid
Van wie Ek is
Omhels die waarheid
Van wat Ek deur My Seun kom doen het vir jou

Liefste wêreld, liefste kinders
Ek is LIEF vir julle
Ek vra julle om dit te GLO
Sodat Ek die waarheid vir julle kan begin oopbreek

Dit is al hoe julle ooit
Werklik gaan sien sê Abba
As julle eers kom
Eers glo

Ek sal
My waarheid oopbreek
Vir die wie wil sien
Die wie wil glo

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek klop aan julle hartsdeur
Hoe hoop Ek nie almal sê nee

Liefde vir julle liewe wêreld
Liefde totdat My Seun terugkom
Mag julle Hom vind en sien
Voordat julle eendag sê dit is te laat

Die tyd is NOU liefste kinders
Die tyd is NOU
Ek nooi julle om te glo
Ek nooi julle om Hom waarlik in te nooi

Asseblief liefste kinders
Nou, nou
Voordat julle hoef te sê
O my word nou is dit, nou is dit ewig te laat

Voor dan wil Ek hê
Dat julle by My sal uitkom
Asseblief liefste kinders
Kom na My

Asseblief asseblief begin GLO
Sodat ook Ek nie nodig het
Om ooit te sê
Nou is dit te laat

Ek het My allerbeste gegee
Ek het My allerbeste gedoen
Hulle wou nie kom
Hulle wou nie glo

Alles het Ek gedoen, alles het Ek gegee
Nogsteeds wou hulle nie glo
Nogsteeds wou hulle nie kom
Nogsteeds het hulle bly sê nee

Liefste kind Ek wil nie hê
Dat dit ooit tot op daai punt moet kom
Ek wil hê julle moet glo
Ek is rerig real

Real
Soos wat ‘n mens kan kry
Liefste kinders dit is Ek
Asseblief begin My glo

Ook Ek bid gereeld
Dat dit nie ooit te laat sal wees
Maar liefste kind Ek kan dit nie keer
Want jy het nie ja gesê

My lewe het Ek gegee
Sodat julle My kon vind
Liefste kind sê asseblief nie nee
Hou op daarmee

Asseblief kom liefste kind
Kom na My
Gee oor
Asseblief vertrou My hart

Leer My ken
Stukkie vir stukkie
Nooi My in
Weet van My

Liefste kind
Alles kan Ek draai
Alles sal Ek vergeef
Alles as jy net kom

Asseblief liefste kind
Asseblief begin sê ja
Ja Vader-God ek glo dat U bestaan
Asseblief leer My meer

Dit is die Begin
Van groot dinge vir jou
Dit is wat Abba sê
Begin My vertrou liefste kind, meer en meer

Julle sal sien
Julle sal vind
Wat Ek hier sê
Dit is presies waar

Maar wat moet gebeur
Vir jou om jou weg na My te vind?
Jy moet glo liefste kind
Jy moet glo in die bloed van My Seun

Vir jou het Hy gekom
Vir jou het Hy gesterf
Vir jou het Hy gely
Alles om jou terug te bring na My

In Hom is jy skoon
In Hom is jy vergeef
In Hom het jy nuwe lewe gevind
In Hom kan jy kom!

Moet dan nie terughou nie
Liewe kind
Kom nader
Kom vind meer

Soveel meer as dit
Wat jy tot dusver het
Dit is My hart liefste kind
Liefste wêreld vir jou

Liefste wêreld
Glo in My
Glo asseblief in die Een
Wat Abba gestuur het om jou te bevry

Sy hart is so mooi
Liefste wêreld
Sy hart is so mooi
In My -Hom- sal julle die Ware Lewe vind

Kom na My
Kom na My
Glo in My
Asseblief kom na My

Die prys betaal
Aan Golgota
Is so groot
Dit is so groot

Ek het gekom vir jou
Liefste kind
Liefste wêreld
ASSEBLIEF glo in My

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s