Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Pad van Geloof

Lewe en Lag
Liefde en Blydskap
Dit is wat julle
In My en My weë sal vind

Soveel vreugde
Sal dit vir julle bring
As julle net wou begin
Om in My weë te loop

Liefste kinders
Ek is so lief vir julle
Ek nooi julle om te kom smelt
In die groot omgee wat Ek vir julle het

Weet julle
Dat Ek julle meer wil gee
As waaroor julle
Ooit kan droom?

Dit is wat Ek wil
Waar maak in julle lewens
Liefste kinders
As julle dit net wil glo

Meer wil Ek julle gee
Meer as waaroor julle kan droom
Dit is wat Ek vir julle wil gee
Sal julle begin vra daarna

Dit sal vat dat julle My weë
Bo die van julle sal moet vertrou
Dit sal vat dat julle
Jul weë moet neerlê

Liefste kinders
Al wat Ek kan sê
Die einde van die pad van geloof
Is mooi, so bitter-baie mooi

Kom liefste kinders
Kom nader aan My hart
Kom gee oor, kom maak oop
Vir die Lewe wat Ek jou wil gee

Soveel blydskap
Wat op jou wag
Soveel vreugde
Asseblief kom en sê ja

Sê ja vir alles in My hart
Sê ja vir al die mooi
Tawwe tye sal daar dalk wees
Maar saam sal ons dit maak

Elke tree kan jy My vertrou
Ek sal vir jou lewe gee
Met elke tree
Ek is die Een wat jou bo hou

Weet dit altyd
Liefste kind
Ek is by jou
Om nooit op te gee

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s