Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Paleis van Liefde

Abba U woorde is so mooi
U woorde is so skoon
Ek sê baie dankie Abba-God
Dat U woon in my

Elke dag lief ek U
‘n Bietjie meer
Elke dag wil ek
Nog meer van U weet

Meer en meer Abba
Leer my asseblief meer
Leer my en help my asseblief
Om my weë neer te lê

Ek wil glo Abba
Soos U glo
Ek wil sien Abba
Alles net soos U dit sien

Asseblief besny dan my hart
Met alles wat is van U
Sodat ook ek
Lewe en Oorvloed kan ervaar

Ek weet U is by my
Ek weet U gee om
Meer en meer wil ek oorgee
Sodat U waarlik in my kan woon

Liefste kind
Asseblief kom na My
Ek wil jou meer gee
As waaroor jy kan droom

Al wat dit vat
Is dat jy sal glo
Dat jy jou hart sal oopmaak
En My waarlik na binne nooi

Liefste kind kan Ek jou vra
Om asseblief nie meer
Jou hart toe te hou
Vir My

Liefste kind
Ek wil so graag inkom
My Woning
Diep in jou hart maak

Ek wil ‘n Paleis van Liefde
In jou hart vir My bou
Dat jy altyd sal weet
Ek gee om vir jou

Ek wil dat jy sal weet
Niks sal ons ooit skei
Geen dood of lyding
Iets bo in die hemel of iets nie van My

My liefste kind
Ek is so lief vir jou
Hoe bid Ek dat jy dit sal glo
Hoe bid Ek dat jy dit sal weet

Liefste kind
Dit maak My hart so seer
As Ek sien hoe jy
Konstant van My af wegskarrel

Jy glo nie dat Ek lief is vir jou nie
Dis asof jy dit nie weet
My liefste kind
Ek is so lief vir jou

Ek wil hê dat dit jou skans sal wees
Teen die storms in jou
Ek sien hoe dinge woed
In en rondom jou

Liefste kind weet jy
Dat Ek die stilte in jou storms is
Weet jy dat Ek
Die grootste storms tot berusting bring

Dit is ook wat Ek
In hierdie storm vir jou wil bring
Hemelse Vrede wat sê
Vertrou My

Want dit is wat Ek doen
Sê Abba
Met harte wat My vertrou
Ja sê Abba Vader

Ek weet julle harte
Word baie kere bang
Ek weet julle beef
Van binne-in

Tog wil Ek hê julle moet weet
Liefste kinders
Vrees en angs
Is nie van My

Ek wil My vrede en rustigheid
Skenk in die diepste waters
Sê Abba
Want dit sê jy vertrou My

Dit is liefste kinders
Hoekom julle oë in die storm
Op My moet wees
En nie die storm rondom

Het julle geweet
Dis al hoe julle gesond
Deur die storms kom
Deur julle oë op My te bly hou

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om Vrede en Rus
In My arms te kom vind

Ek gee so baie om vir julle
Ek is baie lief vir jul
Saam gaan ons hierdie storm deur
Tot aan die anderkant

Dankie liefste kinders
Dat julle jul oë op My bly hou
Dat julle nie opgee
Dat julle lief is vir My

Ek is die Vrede
In julle storm
Ek is die Rustigheid
Kom na My en weet Ek is naby

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s