'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Kom nou

Kom na My liewe wêreld
Kom na My
Bring jou hart en lewe
Kom na My

Dis al so lank
Wat Ek na julle roep
Liefste wêreld
Wanneer gaan julle kom en luister vir My

Gee oor julle harte
Gee oor julle lewens
Asseblief liefste kinders
Kom na My

Kom na My liefste wêreld
Gee julle harte
Gee julle lewens
Bring alles na My

Ek wag al so lank liewe wêreld
Vir julle om te draai na My
Wanneer
Wanneer gaan dit wees?

Bring julle harte
Liewe wêreld
Bring julle lewens
Bring dit alles na My

Daar is soveel meer dinge
Wat Ek julle wil wys
Wil leer
Asseblief kinders kom na My

Kom na My
Gee asseblief alles oor
Julle harte, julle lewens
Alles vir My

Daar is so baie dinge
Liefste wêreld
Wat skeiding tussen ons bring
Soveel dinge is nie van My

Hou julle oë op My
Liefste wêreld
Hou julle oë
Asseblief op My

Kom na My
Liefste wêreld
Asseblief
Gee oor

Ek wil hê
Julle moet luister
Ek wil hê
Julle moet waarlik vind

Kom asseblief na My
En gee alles oor
Dit is hoe julle vind
As julle rerig soek

Soek My
En vind My
Dit is
Wat Vader vra

Gee alles oor
Glo My
Liefste wêreld, liefste kinders
Glo in My

Ek kom weer
Ek kom weer
Om My kinders te kom haal
Gaan jy saam, is jy gereed?

Wanneer gaan julle weet van My
Wanneer gaan julle kom
Asseblief liefste kinders
Kom en gee oor aan My

Soveel meer
Soveel meer wat Ek julle wil leer
Wanneer gaan julle kom
Wanneer gaan julle ja sê wil Abba-Vader weet

Liefste kinders
Dis tyd dat julle begin ja sê
Ja sê asseblief
Vir alles in My hart

Hoeveel kere wil julle hê
Moet dit nog wees
Hoeveel kere wil julle nog hê
Ek moet vra

Dis belaglik hoeveel kere
Julle nie wil draai na My
Asseblief liefste wêreld
Asseblief liefste kinders kom na My

Alles wat julle is
Alles wat julle het
Asseblief kom lê dit neer voor My
Asseblief gee alles oor

Eer aan ons Abba Vader
In die hoogste hemel
Hierdie Vader weet van julle
Elkeen wil Hy Sy kind noem

Amen liefste wêreld
Asseblief kom na My
Gee oor
Vertrou My hart

Halleluja, Amen
Halleluja, Amen

Gee oor
Liefste wêreld
Gee oor
En vestig julle oë op My

Dis al wat Ek vra liefste wêreld
Kom en gee oor
Ja liefste wêreld kom nou
Voor ons almal sê dit is te laat

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Kom nou”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s