Blinde oë, Nuwe hoop, Oorgegee

Word wakker!

Bring jou hart
En lewe
Bring alles voor My troon
En gee alles vir My oor

Liefste wêreld
Liefste kinders
Dis My hartsbegeerte
Dat ons in alles een sal wees

Geen skeiding wil Ek tussen ons hê
Liefste kinders
Ek wil hê
Julle moet rerig van My hoor

Hoekom vertrou julle nie My hart
Soos die van die wêreld
Alles wat julle hoop, alles wat julle is
Dit plaas julle op haar

Liefste wêreld, liefste kinders
Dit moet nie wees
Asseblief kom na My
Gee alles oor

Julle opinies en menings
Julle manier van dinge doen
Lê asseblief neer julle weë
Asseblief liewe wêreld kom na My

Gee oor, gee oor, ken My in al julle weë
Kyk hoe Ek julle paaie gelyk maak
Dit is My Woord liewe wêreld
Dit is wat My Woord beloof

Gee oor liefste wêreld
Gee oor liefste kinders
En asseblief
Kom waarlik na My

Gee oor
Met jou hele hart en lewe
Gee oor met alles liewe kind
En asseblief maak ALLES Myne

Hou julle oë op die Here
Dit is wat ons Vader vra
Hou julle oë op nie die wêreld
Dis al liefste kinders hoe ons dit gaan maak

Dit is
Wat ons Vader vra
Dit is
Wat Hy wil weet

Liefste kinders
Liefste wêreld
Daar is nie tyd
Vir al die goed wat julle omring

Dis tyd dat julle kom
Liefste wêreld
Rerig omgee om te hoor
Rerig omgee om te vind

Is julle gereed liefste wêreld
Die koms van My Seun
Is voor die deur
Julle moet weet gaan julle saam

Diep in julle harte
Wil Ek die begeerte sit
Om meer van My te hoor
Om meer van My te weet

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek roep julle om wakker te skrik
Julle slaap al te lank

Julle moet waak
En bid
Julle moet weet
Is julle gereed

Daar is nie meer tyd vir slaap nie
Liefste wêreld
Liefste kerk
Word wakker

Word wakker uit die sluimering
Waarin julle verkeer
Asseblief liefste wêreld
Word wakker

Julle gaan onkant gevang word
Sê Abba
As julle nie nou
Wakker geskud word nie

Liefste wêreld
Ek weet dit is nie lekker nie
Ek weet jy wil nog slaap
Liefste kind My koms is voor die deur

Word wakker sê Abba Vader
Word wakker!
Dis nie My hart
Dat een van julle agterbly

Julle moet weet sê Abba
Of dit wat julle doen
Of dit rerig van My is
Vra jouself sou Jesus dit doen

Sou Jesus dink
Dis goed en reg
Sal Jesus my vergeef
Dit moet op jou lippe wees

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek sal julle altyd vergeef
Solank julle aanhou oorgee

Dis al hoe dit gebeur
Sê Abba
As julle vra daarna
As julle waarlik in My weë loop

Liefste kinders, liefste wêreld
Die dae is lank verby
Wat julle net van My weet
Dit is tyd dat julle My waarlik ken

Ek nooi julle
Om oor te gee
Ek nooi julle
Om My te vind

Liefste kinders
Daar is nog tyd
Ons kan ‘n verskil maak
In die manier wat jy loop

Dit is nog nie te laat
Sê Abba
Daar is nog altyd hoop
Altyd omdat ons altwee nog leef

Solank daar nog tyd is liefste wêreld
Is daar soveel wat lê
In die hoop dat jy
Asseblief draai na My

Lê julle weë asseblief neer
Liefste wêreld
Kom volg in Myne
My weë en wil maak dit asseblief joune

Ja liefste wêreld, ja liefste kinders
Daar is nog tyd vir julle
Om My te vind
Asseblief moenie meer nee sê

Julle het nie ‘n idee
Wat julle wegwys
Julle moet mooi dink sê Abba
Julle moet weer dink

Lewe liefste wêreld
LEWE en alles wat mooi is
Sal julle in My vind
Asseblief hou op om dit weg te wys

Lewe en Oorvloed
Dit is My hart vir elke mensekind
Moet dan nie nee sê
Om My te kom vind

Hou asseblief op om nee te sê
Liefste kind
Dis vir My niks lekker
Om dinge so te vind

Jy so vêr van My
Ek niks anders as ‘n lewelose god
Vir jou is dit dalk hoe dit lyk
Liefste kind jy is so verkeerd

Liefste wêreld, liefste kind
Ek wil hê jy moet weet
Jy gaan My nooit so vind
Jou hart gaan moet sag word

Jy gaan rerig moet begin omgee
Om te hoor van My
Harde harte is nie van My
Harde harte Ek kan nie daarmee werk

Lê dan asseblief die hardheid in julle harte neer
Asseblief liefste wêreld
Laat toe dat julle harte sag word
En die woorde van Lewe aanneem

Ek praat met harte
Wat nie wil hoor
Ek praat met harte
Wat nie glo dat Ek wel bestaan

My liefste, liefste kinders
Julle is so verkeerd
Ek staan by julle harte liefste kinders
ASSEBLIEF sal julle oopmaak?

Ek wil hê julle moet kom
Asseblief liewe wêreld
Ek wil hê julle moet oorgee
Ek wil hê julle moet ophou sê nee

Alles wat Ek is, alles wat Ek het
Wil Ek met julle deel
Sal julle My asseblief vergeef
Vir die haat wat julle teen My het

Ek verstaan dalk nie alles
En Ek weet dalk nie hoekom
Maar liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek is lief vir julle

My hart vir julle is vryheid
My hart vir julle is liefde
Sal julle My asseblief vergeef
Vir dit wat julle teen My het?

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek kan nie al die seer in hierdie lewe keer

Baie dinge
Is uit My beheer
Daar is dinge
Wat Ek nie kan keer

Ek kan julle meer leer
Ek kan julle wys
Maar dit gaan neem
Dat julle eers glo

Liefste wêreld
Dis al hoe julle gaan uitkom
By die waarheid soos in My hart
Julle moet eers glo

Julle moet ‘n plekkie vir My
In julle harte in-werk
Dis eers geloof
En dan sal julle sien

Dit is liefste kinders
Hoe dinge in My Koninkryk werk
Eers glo
En dan sien

Dis daarom dat Ek vra
Asseblief liefste kinders
Vertrou eers My hart
Asseblief begin oorgee

My hart is seer sê Abba
Baie seer as Ek sien
Hoe mense teen My draai
Hoe hulle My probeer uitredeneer

Liefste wêreld
Julle het nie ‘n idee
Wie Ek is nie
Julle het geen idee!

Julle kyk na My
Met die verkeerdste oë
Julle ken My nie
Inteendeel … glad nie!

Julle weet dalk van My
Maar julle ken My nie
Julle weet nie wie Ek rerig is
Julle glo net leuens inteendeel

Liefste wêreld
Julle gaan My nooit so vind nie
Julle gaan moet begin soek
In erns, in liefde, in oorgee

Julle harte gaan moet sag word
Liefste wêreld dis al hoe julle Myne gaan vind
Sag en nederig dit is Ek
Nie hard en hoog soos wat julle dink

Julle dink Ek speel
Met hierdie wêreld ‘n speletjie
Julle ken My hart nie
Julle is so verkeerd!

Nooit ooit sou julle
Hierdie woorde ooit kon sê
As julle My geken het
Wys julle, julle het g’n idee

Julle het nie ‘n idee
Waarop julle uitmis
Julle is so verkeerd!
Oor hoe julle My sien

Oor hoe julle glo
Al wat Ek kan doen
Is om aan julle
Liefde te bly bewys

Om julle aan te hou roep
En om te hoop
Julle hou nie aan
Sê nee

Wat meer kan Ek doen
Sê Abba
Vir jou
Om te glo

My Enigste Seun het Ek gegee
Vir jou, in jou plek
Tog blyk dit nie
Genoeg te wees

Ek is nie die God van Selfsug
Soos wat julle so graag glo nie
Liefste kinders, liefste wêreld
Julle is so verkeerd

Hou dan asseblief op
Om My te haat
Hou asseblief op
Om My weg te wys

Julle moet weer dink
Julle moet mooi dink
Liefste, liefste kinders
Julle het nie ‘n idee waarvoor julle nee sê.

Advertisements

Een gedagte oor “Word wakker!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s