Blinde oë, Byt vas, Oorgegee

Lampies

Is jy gereed
As die Seun Sy bruid kom haal
Maak seker jy is geklee
Maak seker jy wag

Soveel maagde
Wat Hy Sy bruid wil noem
Is hulle gereed
Dit is wat ons Vader vra

Is jy gereed
Wil die Koning van alle konings weet
Is daar olie in julle lampe
Wag julle vir My

Liefste kinders
Liefste wêreld
Julle moenie toelaat dat hierdie wêreld steel
Met alles wat nie is van My

Ek nooi julle liewe wêreld
Om te glo
Ek nooi julle
Om gereed te staan

Soveel dinge wat die olie
In My kinders se lampe steel
Sonde en seer
Wat die sonde net verdoesel

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Kom maak julle lampe vol
Vol van My genesing en liefde vir jul

Soveel dinge wat steel
Steel wat Ek aan julle wil gee
Liefste kinders julle lampies loop leeg
Sonder dat julle dit agterkom

Hoekom is dit so
Wil ons Koning weet
Julle is nie gereed liefste kinders
As Ek My bruid kom haal

Gaan Ek jou gereed vind
Is jy aan die slaap
Is jou lampie vol
Het jy genoeg van My in jou?

Liefste kinders dis die ding
Julle moet so vol word
Van My Lig en Liefde in julle
Dat julle sal oorloop

Dis die salwing
Wat die juk breek
Daarom wil Ek vra
Maak julle lampies asseblief vol

Begin tyd met My spandeer
Soos jy nog nooit het
Begin My aangesig soek
Asof jy dit rerig bedoel

Liefste kinders
Dis die verskil tussen
Die wêreld en My bruid
My bruid sy was gereed

Sy het haar kleed reggekry
Sy het mooi klere aangetrek
Haar hart was suiwer
Met die mooiste liefde ooit

Dis wat Ek wil hê
Moet in jou hart brand vir My
Pure bewondering wat sê
Ek sien so uit om My bruidegom te ontmoet

Lewe hierdie begeerte in jou hart
Of is jy gelukkig met waar jy is
Geniet jy hierdie wêreld?
Geniet julle die sonde wat julle omring?

Want dit is hoe julle sal weet
Julle ken My hart
Dit is hoe julle sal weet
Julle is wedergebore

As julle liefhet
Alles wat Ek liefhet
As julle haat
Alles wat Ek haat

Liefste kinders julle moet begin doen
En liefkry alles wat is van My
Julle moet begin nee sê en aanhou
Vir die sonde wat altyd weer sy voet in die deur wil kry

Hou aan nee sê liefste kinders
Want dit is wat die olie
Uit julle lampies steel
Die sonde wat julle so omring

Moenie toelaat dat sonde
So ‘n hoë plek
Van respek en agting
In julle harte kry nie

Asseblief liefste kinders
Laat dit staan
Dit is nie van My
Dit is wat skeiding bring

Ek vra nie dat jy so bewus is van jou sonde
Dat jy konstant sleg voel daaroor nie
Ek vra dat jy oorgee
En waarlik kom na My

Liefste kinders sien
Dit is wat die verskil bring in hierdie wêreld
My kinders wat bly glo
My kinders wat bly doen

Liefste kinders asseblief
Hou op om sonde
So hoë plek in julle lewens te gee
Asseblief lê neer alles wat Ek nie sal doen

Dit is wat Ek van julle vra
Om soos Jesus te leef
Sou Hy dit doen
Sou Hy dit sê

Maak julle lampies vol
Kry hulle reg
Wees julle gereed
Asseblief liefste kinders dis wat Ek vra

My Seun het Ek gegee
Sy bloed was meer as genoeg
Nou moet julle leef in die salwing van die Heilige Gees
Elke tree sal Sy julle lei

Hou julle oë
Dan altyd op die kruis
Omdat Hy – Jesus – oorwin het
Kan ook julle

Die Heilige Gees sal julle leer
Hoe om staande te bly
Luister dan na haar
Doen wat sy vra

Hou asseblief op
Om die Gees se stem uit te doof in julle lewens
Liefste kinders haar woorde is sag
Na alles wat soet is lei dit

Lewe is haar hart vir julle
Elke tree sal sy julle lei
Moet haar stem nie uitdoof nie liefste kinders
Leer om dit lief te kry

Sy sal julle help
Om julle lampies in orde te kry
Luister na haar raad
Gee altyd oor

Dankie Abba liefste God
Dat U altyd by ons is
Dat U ons liefhet
Dat U ons lei

In U weë wil ons volg
Help ons dan asseblief Abba
Om ons lampies gereed te kry
Vol te hou

Dat ons nie beskaamd sal staan
Die dag wat U U kinders, U bruid
Die wat reg was, die wat gewag het
Die wat uitgesien het na U koms kom haal

Abba hou ons asseblief getrou
Dat ons U altyd liewer as sonde sal hê
Dat ons alles sal neerlê wat weer wil skeiding bring
En dat ons altyd bereid sal wees om vir U ja te sê

U hart
U wil
U weë
Bo die van myne

Abba laat dit asseblief
Altyd so wees
Soos die vyf maagde wat wys was
So wil ons ook wees

Help ons asseblief
Om gehoorsaam te wees
Help ons om te weet
U is altyd in beheer

U gee om
Meer as wat ons kan verstaan
En U alleen
Is die Een wat Ware Lewe gee

Wys, wys
Wil ons soos die vyf maagde wees
Olie in hulle lampe
Ten volle gereed

Wagtend vir U koms
Smagtend vir dit deur U voorberei
U Koninkryk
Ons wil veraltyd saam met U wees

‘n Bruilofsmaal
Is voorberei
En ons wil dit
Vir geen oomblik mis

Help ons Abba asseblief
Om altyd getrou te bly
Aan U wil en Woord
U Woord, tot aan die einde en weer

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Lampies”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s