Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

My Seun

Liefste wêreld
Liefste wêreld
My Seun het Ek gegee
Sodat julle jul weg kon terugvind na My

Hoekom
Hou julle aan sê nee
Hoekom
Wil julle net nie kom

Julle ken My nie
Dit kan Ek so duidelik sien
Deur die redes aangevoer
Julle ken My nie

Dis belaglik hoeveel teorieë
Julle van My aanhang
Dis belaglik hoe julle soek
Maar My nogsteeds nie vind

Liefste kinders dis belaglik
Soveel redes word daar daagliks aangevoer
Vir mense om nie te kom na My
Liefste wêreld, liefste wêreld julle is so verkeerd

Hoe julle glo
Hoe julle dinge sien
Julle is so
So verkeerd

Ek nooi julle
Om nader te kom
Ek nooi julle
Om waarlik te kom uitvind

Hoekom
Ek julle gemaak het
Hoekom
Ek wil hê julle moet kom

Dis liefde liewe wêreld
Alles gaan oor liefde
Ek het jou gemaak om lief te hê
Ek het jou gemaak om liefgehê te word

Liefste wêreld
Dit is wie Ek is
Dis hoe Ek so graag wil hê
Dit moet wees

Julle ken die storie
Sê Abba Vader
My Seun het Ek gegee
Sodat ons twee weer een kon wees

Tog vind
Julle dit so moeilik
Tot vandag
Bly dit ‘n struikelblok

Julle verstaan nie
As Ek nie My Seun gegee het nie
Was daar GEEN MANIER
Wat jy ooit weer jou weg na My sou vind

Liefste wêreld elke mens het gesondig
Elke mens is vêr van My
As Ek nie My Seun gegee het nie
Was daar nooit ‘n manier!

My Seun is die Weg
Waarheid en Lewe
Slegs deur Hom
Sal julle weer die Lewe vind

Slegs deur Hom kan julle kom
En weer gemeenskap met My hê
My kind dit is My hart
Om weer van jou te hoor

Sonde
Het die Weg van Skeiding gebring
My Seun
Het daai skeiding geskeur

Sien julle liefste wêreld
Hoe Ek die antwoord is
Sien julle hoe Ek julle gered het
Van die Ewige Dood

Ewige vlamme
Is daar vir die vyand voorberei
Tog kry hy dit reg
En vat ander saam met hom

Dis hy wat maak
Dat julle nie glo
Dis hy wat maak
Dat julle nie julle weg terugvind na My

Dis hy wat vir julle vertel
Ek is God maar kyk wat gebeur
Dis hy wat julle vertel
Daar is geen God

Liefste kinders
Verstaan julle dat daai vlamme
Vir ewig gaan bly uitroep
Daar was ‘n God

Dis nie Ek wat julle straf nie
Sê Abba
Dis julle en julle sonde
Wat nie wil luister na My

Ek gee nie om liefste kind
Of jy 1 keer of 100 keer gesondig het nie
Feit bly staan
Jy het gesondig

Ek het die prys vir jou sonde betaal
Sê Abba-God
Deur die dood en bloed
Van My Seun

Sonder My Seun
Was julle vir ewig verlore
Sonder My Seun
Kon julle nooit weer voor My troon kom

Liefste kinders
Liefste seun en dogter
Ek straf julle nie omdat Ek wil nie
Ek straf julle nie omdat Ek moet nie

Verstaan julle nie
Ek het My Seun gegee
En Hy het in jou plek gely
Sy plek vir joune

Liefste kinders in My Seun
Is daar soveel Hoop
In My Seun
Kan julle kom

Sonder My Seun
Was daar geen manier
Sonder My Seun
Kan julle nie kom

Dis My Seun
Se dood aan die kruis
Wat julle bevry
En julle wat daardie offer bely

Sonder Hom sal julle nooit
Regverdig voor My kan staan
Sonder Hom
Kan julle nie kom

Dis Hy
Wat die weg gebaan het na My
Dis Hy
Wat verhouding tussen ons twee moontlik maak

Liefste wêreld
Ek nooi julle om te glo
Ek is God
En Ek is by jul

Glo in My
Glo in God
Dit is wat
Ons Vader sê

Lank genoeg word julle bedrieg
Soveel goed wat julle bo die waarheid glo
Dis okay liefste kinders
Want daar kom ‘n dag dan word alles openbaar

Elke stukkie leuen
Elke stukkie lieg
Sal My Waarheid in daardie dag opvreet
En dan sal julle sien Ek is EWIG WAAR

My hart is sag
My Woord is soet, My Woord is waar
Ek nooi jou om te kom eet
Ek nooi jou om te glo

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “My Seun”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s