Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

Hartewens

Vestig julle oë op My
Liewe wêreld
Vestig julle oë op My
En weet dit Ek kom weer

Wees dan asseblief gereed
Die dag wanneer Ek My bruid kom haal
Sy was reg, sy het gewag
Sy het haarself voorberei

Dit is wat Ek wil hê
Julle moet doen liefste wêreld
Julle moet reg wees vir My koms
Julle moet weet Ek kom weer

Elke oog sal sien
Elke tong sal bely
Dat Ek die ware
En enigste Koning is

Moet dan nie liefste kind
So ‘n groot oordeelsfout
Met jou siel begaan
Jy moet weet is jy reg vir My

Asseblief lê alles neer
Wat jy weet is nie van My
As jy sukkel
Groei net nader aan My

In liefde vir My
Sal jy die oorwinning behaal
Hou jou oë op My, die kruis
En word net liewer vir My

Alles wat julle nodig het
Is in die kruis
Alles wat julle nodig het
Om die oorwinning te verkry

Liefste kinders
Hou julle oë dan asseblief op My
Moet nie laat gaan
Hou vas liefste kinders tot Ek julle kom haal

Julle is My priced possession
Die wat vir My wag sê Abba
Die wat reg maak
Vir die koms van My Seun

Dankie dat julle glo
My liefste kinders
Dat julle My liefhet
Dat julle luister vir My

Hoe hoop en wens Ek
Dat ook die andere sal glo
Dat ook hulle, hulle vertroue
In My sal kom plaas

Help hulle dan sê Abba Vader
Deur die woorde wat julle spreek
Deur die dinge wat julle doen
Om in My te glo

Liefste kinders
Daar is meer, soveel meer
As waarvan hierdie wêreld weet
Asseblief liefste kinders help hulle om My te glo

In julle sal hulle sien
Dat Ek anders is
In julle sal hulle sien
Dat hulle maar kan kom

Help hulle liefste kinders
Asseblief help hulle om in My te glo
Moenie opgee nie, hou aan
Ek sal vir julle die krag gee

God is in beheer
God is op die troon
Ja Halleluja
Groot Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s