Blinde oë, Lofprysing, Nuwe hoop

Snoesige Kombers

Hou op nee sê
Liefste wêreld
Hou op sê
Julle het My nie nodig nie

Julle weet nie
Wat julle sê nie
Julle weet nie
Wat julle vra

Ek vra julle
Om julle planne neer te lê
Ek vra julle
Om te kom na My

In totale oorgawe van hart
Wil Ek vra
Dat julle voor My sal buig
En dat julle sal bely

U is God
Grote Koning
En daar is niemand soos U
U hou die Heelal in U hand

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet glo
Dit is tyd om te glo
Dit is tyd om weer voor My aangesig te beef

Vir te lank het julle aanhou sê
Maar daar is beter
Vir te lank wat julle glo
Dat julle My nie rerig nodig het

Ek roep julle tot inkeer sê Vader
Ek roep julle tot inkeer
Ek roep hierdie wêreld om te erken
Dat sy ‘n fout begaan het om te laat gaan van My

Liefste wêreld
Liefste kinders
Hierdie wêreld kan julle nie gee
Wat Ek in soveel liefde en omgee vir julle gee

Ek wil alles vir julle nuut maak
Liefste wêreld
As julle net wou kom
En dit rerig wou glo

Lê asseblief neer
Liewe wêreld
Die strydbyl wat tussen ons lê
Ek wil dit nie meer daar hê

Dankie Abba Vader
Dat U ons liefde gee
Bo alles verstaan
Dankie dat U ons waarlik liefhet

Abba Vader ek wil praat
En bid vir elke siel
Wat ooit hierdie woorde sal lees
Abba mag hulle U waarlik innooi

Mag hulle ontdek
Dat U die Bron
Van geluk en vreugde is
Mag hulle ontdek dat U vrede is

Liefste Koning
U is so mooi
U aangesig so skoon
Ons wil net meer en meer van U bly hê

Ons wil U soek
Soos nog nooit vantevore
Ons wil by die diepte
Van wie U is uitkom

Dankie Abba Vader
Dat U ons liefhet
Met ‘n liefde
So bitter-baie groot

Ek bid dat elke mens
Wat hierdie woorde
Hoor of lees
U kosbare liefde sal ervaar

Abba mag dit op hulle neersak
Soos ‘n warm snoesige kombers
‘n Kombers
Wat U om hulle vou

Abba Vader U liefde is so warm
U omgee so baie groot
Dankie liefste Koning
Dat U ons so baie liefhet

In U arms van liefde
Vind ons rerig rus
Ons vind genesing
Vir alles wat ons bly pla

Vader ons wil
U waarheid en Lig innooi
In die diepste wese van wie ons is
Mag U alles van ons besit

Ons wil dit met die grootste liefde
Vir U oorgee
Koning Here Jesus
Want ons weet U kyk mooi na ons

U is die beste Koning
U is die beste God
En ons sê
So bitter-baie dankie daarvoor

Aan U al die lof en eer
Abba vir wie U is
U is ons Koning
U is die Heer

Altyd in beheer
Niks sal U ooit keer
Om te doen wat U wil
En ons sê Abba baie, baie dankie daarvoor

Aan U al die lof en eer
Ewig, ewig
En vir altyd o Heer
Amen!

Lof en eer
Aan U
Lof en eer
Aan U

Halleluja, Amen!!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s