Liefde so groot, Lofprysing

Wie U is

Hef julle oë op na die berge
Waar kom ons hulp vandaan
Ons hulp kom van die Here
Hy sal ons help om in Sy weë te loop

Om Sy wil te doen
Om Sy aangesig te bly soek
Tot die dood en daarna
En ons dan veraltyd saam met Hom sal wees

Abba U is ons groot Koning
En ons sê dankie daarvoor
Dat U ons liefhet met ‘n Ewige Liefde
Dat U, U Seun gegee het vir ons

Dankie liefste Koning dat U ons help
Om tot die einde getrou te bly
Ons wil bly glo
U bly altyd in beheer

Dankie liefste Koning
Vir wie U is
U is liefde
U is alles-alles wat mooi is

Tot die einde wil ons getrou bly
Altyd alles vir U gee
Sodat ons kan wees saam met U
By die plek vir ons voorberei

Ons wil gereed wees
As U, U Seun stuur
Ons wil gereed wees
As U ons kom haal

Dankie liefste Koning
Vir wie U is
Dat U liefde is
Dat U omgee is

Dankie Abba
Dat U ons dra tot op die einde
Dat U Lewe is
Dat U Oorvloed is

Aan U alleen al die lof en eer
U is in beheer
U is die groot Koning
Amen, Amen, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s