Blinde oë, Byt vas, Oorgegee

Verkeerde Glo

Kom liefste wêreld
Kom en lê neer
Alles neer
Voor My Troon

Kom en erken
Kom en bely
Ek is God
En daar is niks wat Ek nie weet

Meer en meer
Wil Ek hê
Dat julle van My
Sal leer

Ja liefste kinders
Ek wil hê julle moet kom
Ek wil hê julle moet
Rerig oorgee

Soveel kinders
Wat wil hê
Ek moet oorgee
Ek moet in hulle weë kom loop

Liefste liefste wêreld, liefste kinders
Dit werk nie so
Ek is God
Ek is die Een voor wie julle moet bely

Ja liefste kinders
Bely dit asseblief
Met julle tonge ja
Maar ook met julle harte

Julle harte moet Myne wees
Sê-vra Abba
Daar kan geen verdeeldheid meer wees
Julle moet dit nie toelaat

Liefste kinders
Ek nooi julle om nader te kom
Aan alles – en nie dit wat nie is –
Van My

Liefste kinders
Ek nooi julle om
Voor My Troon te kom
Julle ‘ek’ waarlik neer te lê

In soveel probleme
Word julle elke dag gedompel
Alles omdat julle nie
Vir die wêreld nee kan sê

Liefste wêreld
Julle moet begin nee sê vir sonde
Julle moet die verkeerd
Begin neerlê

Liefste, liefste kinders
Ek het gekom vir julle
Om vry te wees van sonde
En nie andersom

Liefste wêreld
Ek het julle lief
Met ‘n Ewige Liefde
Ek wil hê julle moet dit kom en weet

Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek altyd by julle is
En dat Ek julle nooit in die steek sal laat

Liefste wêreld
Kom en erken
Ek is in beheer
Daar is niks wat Ek nie weet

Ek kan waarlik alles doen
Sê Pappa-God
Daar is NIKS wat ooit
Vir My onmoontlik sal wees

Lig dan op liefste kinders
Die dooie hande en harte wat My dien
Kom liewe wêreld
Kom word asseblief liewer vir My

Leer My beter ken
Sê Abba-God
Leer My ken
Soos Ek jou ken

Soveel liefde
Vreugde en blydskap
Wat jy op hierdie pad van Lewe sal vind
Lê neer liefste kind

Lê asseblief neer julle eie weë
Julle weet in julle harte
Of julle rerig in My weë loop
Julle weet of dit die pad is wat na die Lewe loop

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Daar is soveel goed wat julle harte bedrieg

Julle moet weet
Of dit wat julle
Elke dag doen
Of dit rerig van My is

Hou op om julle opinies
Oor en op My waarheid te bou
Liefste kinders dis nie reg nie
Dit hoort nie so

Soveel opinies wat julle kinders
Oor My Waarheid vorm
Dis verskriklik
Dit lei net na die Dood

Liefste kinders
Liefste wêreld
Dis tyd dat julle My Lig
Met die waarheid innooi

Soveel kere
Wat julle waarheid
Dit wat julle glo
Julle in die donker hou

Liefste wêreld
Liefste kinders
Asseblief begin My aangesig soek
Asseblief liefste kinders soos nog nooit vantevore

Ek wil hê julle moet so naby aan My hart wees
Dat niks julle ooit sal kan mislei
Liefste kinders dis die antwoord
Kom asseblief nader aan My hart

Begin My Lig innooi
Sê dit wanneer jy bid
Pappa-God kom besny my hart asseblief
Met alles wat van U is

Ek wil hê en vra
Dat julle waarlik julle harte
Voor My sal begin oopmaak
Ek wil hê dat die trots in julle harte breek

Liefste kinders
Daar moet geen voorgee
Wees nie
Net totale oorgee

Liefste kinders
Liefste wêreld
Daar moenie berge
Tussen ons twee wees

Soveel kere wat mense
Hulleself My kinders noem
Soveel kere
Maar hulle harte is vêr van My

Liefste wêreld
Liefste kinders
Julle gaan die waarheid nooit weet
As julle so vêr van My af bly

Liefste kinders julle moet weet
Wat dit is waarna My hart verlang
Julle moet weet wat dit is
Wat My hart bly maak

Liefste kinders
Liefste wêreld
Dit is julle wat waarlik kom
En vanuit die hart bely

U is God
o Grote Heer
U is die Een
Wat in totale beheer is

As julle harte en weë
Julle nie nader aan My bring nie
Moet julle weet
Dit is nie van My

Begin My ware lig innooi
Vra Abba-God
Begin in My weë loop
Begin liefkry alles wat van My is

Liefste wêreld
Liefste kinders
Dis genoeg dat julle dit weet
Maar dat julle dit nie doen

Hoe kan julle julself
Christene noem
Kinders van die Lig
Maar op al die donker paaie loop

Liefste kinders
Asseblief kom na My
Begin in volle oorgawe
Op My mooiste weë loop

Liefste kinders hulle is mooi
Hulle sal julle nie in die steek laat
Begin op hulle loop
Elke dag asseblief ‘n bietjie meer

Dit is My hartsbegeerte vir julle
Dat julle waarlik sal weet wat in My hart lê
Dat julle nie sal dink nie
Maar dat julle sal weet

Dit begin deur julle
Wat die duisternis neerlê
Yeshua Jesus het vir julle gesterf
Sodat julle nou in die Lig kan loop

Liefste kinders
Liefste wêreld
As julle nie My Lig na binnenooi
Gaan julle altyd in die donker bly

Dis tyd dat julle
Waarlik-waarlik bely
Ek is God se kind
En ek sal in Sy weë loop

Dit begin als by julle
Wat begin om julle Bybels te lees
Te lank wat julle glo julle is reg
Maar eintlik is julle so verkeerd

Liefste kinders, liefste wêreld
Soek My aangesig met ‘n eerlike hart
Vra My Here Jesus kom haal asseblief af
Al die sluiers voor my oë

Ek wil die waarheid sien
Soos U dit sien
Ek wil glo soos wat U glo
Liefste kinders asseblief sal julle dit doen?

Want julle kan
In die duisternis bly loop
Selfs al dink julle julle is in die Lig
Dit is wat ons Vader sê

Begin kyk na jou lewe
Liefste kind
Is die begeerte daar
Om My beter te leer ken

Is die begeerte daar
Om jou weë neer te lê
En Myne te begin volg
Want liefste kind

Elke liewe tree wat jy gee
Moet ‘n oorgee-tree wees
Een wat sê
Asseblief maak my meer soos U

Laat My weë
Aan U sal behoort
Abba dit is my hartsbegeerte
Dat U waarlik oor alles Koning sal wees

Abba-God U weet
Daar is soveel oortuiginge vandag
Elkeen het sy eie opinie
Oor die waarheid in sy eie hart

Abba-God, Pappa-God
Ek wil aanhou vra
Asseblief kom skyn U Lig
En U waarheid oor my hart

Ek wil glo
Soos U glo
Ek moet sien
Soos wat U dinge sien

Vader U weet
Ons U kinders lees U Woord
En tog het ons elkeen
Ons eie opinie daaroor

Liefste Koning hoort dit so
Moet dit so wees
Want Abba daar is net een ding in my hart
En dit is om soos U te glo

Wat help dit ek hang
Die leringe van mense aan
Wat help dit Ek word aan die sus geslaap
Met dit wat ek glo

Nee Abba-God
Ek wil en ek moet
Naby aan U hart bly
Ek moet glo soos wat U glo

Ja Vader U weet
Ons hou soveel kere vas
Aan hoe ons dinge sien
Ons laat U nie eers toe

Om ons met U Woord te was
Ja al maak dit dalk seer
Dit sal ons bevry
Hoe meer ons in die Lig loop hoe vryer is jy

Abba-God ek wil nie hê
Dat daar ‘n stukkie duisternis
In my sal bly
Of ‘n stukkie leuen of verkeerd-glo

Ek wil alles voor U Troon bring
Ek wil staan en bely
Skyn alles Abba-God
Skyn asseblief U alles oor my hart

Kyk Abba
Toets Abba
Is al hierdie goed wat ek glo
Is dit rerig U hart

Want soveel kere is ons harte
Bevlek met die verkeerd
Tog wil ons glo
Dit is alles reg

Liefste kinders julle verkeerd-glo
Dit gaan julle nog soveel kos
Asseblief liefste kinders
Kom vra na My hart

Met afhanklikheid
En groot eerlikheid
Wil Ek hê jy moet bely
Jy kan nie sonder My die waarheid bly glo

Liefste kinders soveel waarhede in julle hart
Is nie Myne nie
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet ophou om dit te glo

Liefste wêreld
Liefste kinders
Begin My aangesig soek
Asseblief wees ernstig daaroor

Jy kan nie dink
Dat jy in My weë loop
Maar NOOIT enige tyd met My spandeer
Liefste kind jy is so verkeerd

Ek soek jou
Alleen in jou kamer
Jy en Ek alleen
Ontbloot asseblief jou hart

Vra My om jou hart
Te toets
Vra My om My Lig
Oor jou alles te skyn

Ek en jy alleen
Liefste kind
Dit is wat Ek verlang
Voordat jou dag in aanvang neem

Dis lank genoeg
Sê Abba-God
Dat julle dink dat julle van My hoor
Maar julle is so verkeerd

Spandeer tyd met My
Sê Abba-God
Spandeer tyd met My
En jy sal weet

Jy sal weet
Of jy
In liefde groei vir My
En of jy agterbly

Vra My om jou waarheid te toets
Sê Abba-God
Jou waarheid teenoor
Hoe Ek dinge sien

Asseblief liefste kinders
Hou op om menslike leringe te glo
Om aan hulle vas te hou
Asof dit julle Alfa en Omega is

Is Ek nie veronderstel om te wees
Die Een aan wie jou alles behoort
Is Ek nie veronderstel om te wees
Die Een in wie jy alleen glo

Want julle glo soveel kere
Julle eie opinies bo-oor die van My
Ek kry nie eers
My voet in die deur

Soveel kere wat Ek jou hart
Saggies deur My Gees probeer lei
Soveel kere
Maar dan sê jy nie ja

Nee dis nie hoe ek glo
Nee dis nie hoe ek dinge sien
Liewe kind gee jy nie om om te weet
Jy is so verkeerd

En nooi jou om My waarheid
Teenoor joune te toets
Ek nooi jou om te weet dit wat jy glo
Dit is dalk verkeerd

Liefste kind
Kan jy daarmee saamleef
Kan jy bekostig
Om nie reg te hoor?

Dis al wat Ek vra liefste kind
Dat julle julle oortuigings
En sieninge teenoor
My waarheid kom toets

Julle moet weet of wat julle glo
Die waarheid is
Julle moet weet
Is dit alles in My hart

Lê neer julle eie weë
Lê neer julle verkeerde glo
Trek my asseblief nader Abba
Dit moet julle daaglikse gebed wees

Want julle moet weet liefste kinders
Dit is baie maklik om verkeerd te glo
As julle harte nie elke dag
‘n Ontmoeting met Myne het

Hou op om agter mense te skuil
En dit wat hulle julle wil leer
Liefste kinders
Ek en jy alleen

Dit is waar die WAARHEID
Volle omvang aanneem
Jy moet My vra om jou hart te besny
Jy moet My vra om My Lig in te nooi

Soveel kere
Wat Ek verloor
Soveel kere
Wat julle verkeerd-glo

Liefste kinders asseblief
Begin om persoonlike tyd
Met My te spandeer
En nie net gesamentlike tyd

Dit is die antwoord
Dit is die antwoord
Want jy moet
Self My stem kan hoor

Jy moet dat wat Ek in My Woord sê
Dat dit die waarheid is
Jy kan dit nie buig
Net soos wat jy wil

Want dit is wat julle
Dikwels doen
Julle maak dit gerieflik
Vir julle glo

Julle pas My Woord aan
Rondom julle glo
Liefste kinders
Dit is so verkeerd

Vra My liefste kinders
Om julle harte
Te besny
Al die verkeerd

Ja liefste kinders
Al maak dit aanvanklik seer
Sal dit soveel
Soveel lewe vir julle bring

Julle moet bereid wees om te hoor
Julle was dalk verkeerd
Julle moet bereid wees om te hoor
Julle glo dis dalk nie van My

Dis al hoe Ek julle harte
Kan verander sê Abba-God
Dis al hoe Ek julle
Die waarheid kan leer

As julle My toelaat
En nie soos ‘n steeks-donkie skop
Want dis wat julle dikwels doen
As Ek julle My waarheid wil leer

Liefste kinders
Asseblief hou op daarmee
Sê eerder Vader dit is reg
Help my asseblief tree vir tree

Want Ek wil julle uit die donkerte
Oorbring in My Lig
Maar dan moet julle bereid wees
Om te hoor

Julle moet bereid wees
Om te glo soos wat Ek glo
Maak dit julle gebed
Vader help my om soos U te glo

Want kinders daar is baie waarhede
Waaraan julle kan vashou
Maar daar is net een waarheid wat gaan bly vasstaan
En dit is Myne sê Abba-God

So vra My dan
Sê Abba-God
Om jou die verkeerde weë te leer
Sodat jy hulle kan neerlê

Julle moet bereid wees
Om die verkeerde-glo
Neer te lê
En My waarheid op te tel

Vra My dan
Sê Abba Vader
Help my om soos U te glo
Spandeer tyd met My

Want dis waar jy
Die waarheid vind
Sê Abba
Ek, jy en die Heilige Gees

Hy sal die Woord
Waarheid maak in jou hart
Hou op om van My Lig
Af weg te hardloop

Asseblief liefste kinders weet dit
My Lig is mooi, My Lig is skoon
My Lig is rein, dit sal net die mooi
In julle na vore bring

Hoe langer julle van My Lig af wegbly
Hoe langer bly julle in die donker
En Ek wil nie hê
Dit moet so wees

Asseblief help my Abba
Om U Woord te hou
Besny asseblief my hart met U Lig en Waarheid
Want ek wil in U skoonste reinste mooi weë loop

Abba help my asseblief
Dat nooit iets te veel sal wees
Dat ek U waarheid sal omvou
In U Lig sal loop

Help my asseblief Abba
Om my weë neer te lê
Help my asseblief
Om U s’n op te tel

Vader ons wil glo
Soos wat U glo
Ons wil sien
Soos wat U sien

Help ons asseblief Abba
Om ons verkeerde glo
Neer te lê
En U glo op te tel

Besny Abba
Besny ons harte
En maak ons rerig bereid
Om te hoor ons was verkeerd

Dankie liefste Pappa-God
Net U kan ons U waarheid leer
Daarom wil ons onsself oopstel om van U te hoor
En nie net glo soos wat ons glo

Help ons asseblief Abba
Om al die verkeerd-glo te laat gaan
Maar help ons asseblief ook Abba
Om in alles wat waar is te groei

Sal U nog stywer vasmaak
In ons harte
Alles wat is van U
En U waarheid ons geleer

Voor U wil ons ‘n oop boek wees
Liefste God
Altyd bereid om van U te hoor
Altyd bereid om ons weë aan te pas soos U glo

Want ons weet Abba
Dat net een waarheid gaan bly staan
Vir ewig en altyd
Onwankelbaar

Ek wil hê my waarheid
Moet oplyn met U s’n Abba
Dit is my grootste
Hartsbegeerte

Wat help dit ek glo hier
Net soos wat ek wil
Het verskonings en als
Om my waarheid te beskerm

Maar een dag kom ek daarbo
En dan sien ek
Ek was
So verkeerd!

Nee liefste Abba
Ek kies dan maar
Om dit nou neer te lê, nou
Sodat ek U waarheid kan vind en leef

Dankie liefste Pappa-God
Dat U my U waarheid leer
Dat U my voete op die regte paaie lei
As ek opreg daarna vra

Ek kies Abba
Om my verkeerde glo neer te lê
Al voel ek ontbloot
Al maak dit dalk seer

Ek moet in-lyn kom
Met U Woord
Ek moet glo soos U glo
En Abba dit is al wat ek vra

Kom skryf U waarheid
En als wat is van U
Oor my hart
Dat ek waarlik reg sal glo

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s