Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Rus ‘n bietjie

Kom na My toe
Almal wat moeg en oorlaai is
Ek sal rus gee
Dit is wat ons Vader sê

Is jou hart
Swaar belaai
Met kommers en laste
Van hierdie wêreld?

Liefste kinders
Weet dit asseblief
Ek gee rus
Rus aan die wie moeg is

Rus aan die wat oorlaai voel
Kom liefste kinders
Kom asseblief na My
Dit is wat ons Vader vra

Ek het julle gemaak
Om te vra vir hulp as julle moeg raak
Asseblief liewe kinders moenie sleg voel nie
Kom en vra na My

Ek sal vir julle
Rus en kalmte gee
In die storms van hierdie lewe
Weet dit Ek is altyd daar

Weet asseblief altyd
Dat Ek liefde is liefste kinders
My hart is sag
My hart is mooi

Dit is dan wat Ek van jou vra
Liefste kind
Kom na My
Sodat Ek vir jou rus kan gee

Rus vir jou hart en siel
Rus wat Ek kan sien
Jy so nodig het
Rus wat jy in My arms sal vind

Liefste kinders
Rus vir alles wat moeg is in jou
Weet dit
Ek gee die vermoeide krag

Ek rig die wie moeg is
Weer op
Met krag en nuwe moed
Sodat hulle die lewe kan voluit loop

Liefste liefste kinders
Weet dit Ek gee om oor die wie moeg is
Ek rig hulle op
Ek gee hulle weer nuwe moed

Ek is lief vir julle liefste kinders
En Ek wil hê julle moet weet
By My is daar altyd
Nuwe Hoop

Gee alles oor in My hande
Kom asseblief net soos julle is
Julle is goed genoeg
Weet dit Ek maak alles nuut weer en weer

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Rus ‘n bietjie”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s