Nuwe hoop, Oorgegee

God se Vreugde

Dankie Abba-God
Dat U ons Koning is
Dat U ons Herder is
Wat vir altyd leef en bestaan

By U o Hemelse Vader
Voel ons harte so veilig
Want ons weet U gee om
Ons weet U kyk baie mooi daarna

Dankie liefste Koning
Vir wie U is
Dankie dat U die donker
Kom verdring het met U Ewige Lig

U is alles wat mooi is
Ewige God
En ons harte wil bly sing
Van U wat ons groot vreugde is

Niks maak my hart so bly
As om van U te hoor
Niks maak My so bly
As om in U warm omhelsing te sit

Dankie Abba Pappa
Liefste God
Dat U ons liefhet
Dat U arms van genade ons omring

U is die Lewe
Hoop
En alles wat mooi is vir ons
Dankie Hemelse Abba daarvoor

My hart is
Om die skoon pad te loop
My hart is
Om die sonde altyd neer te lê

Meer soos Pappa-God
Dit is die manier wat ek wil leef
In Pappa-God se Lig
Daar is geen duisternis te vind

Ek wil hierdie wêreld en sy dinge
Nie bo my Pappa-God liefhê
Hy is die Een
Wat plek nommer 1 verdien

In alles wil ek Hom eerste stel
Sy wil vra bo die van Myne
Altyd glo
Dat Hy weet beter

Want Ek doen
Sê Abba-God
Ek doen weet
Altyd beter

Dis eintlik maar net Ek
Wat wil hê julle moet groei
In liefde en vertroue in My
Ek wil julle oë oopmaak vir die feit

Dat Ek altyd te vertrou is
Dat Ek van beter weet
Ek doen weet beter as jy
Liefste kind

Ek hoop rerig
Dat jy dit sal begin glo
Want as julle rerig het
Sou julle al vandag daarop loop

Liefste kinders
Daar is soveel aspekte van My
Geen 1 persoon
Het al My alles gesien of weet

Hou asseblief op om te dink
Dat julle alle wysheid in pag het
Liefste kinders dit gaan altyd nodig wees
Om van My te hoor

Dit gaan altyd nodig wees
Om tyd met My te spandeer
Dit is waar julle visie kry vir die lewe
Sê Pappa-God, altyd by My

Ek weet wat hierdie lewe vir julle inhou
Sê Vader
En Ek wil vra
Dat julle saam met My sal kom loop

Vertrou My asseblief
Sê Abba-Vader
Vertrou asseblief My hart
Vertrou dit waarmee Ek besig is

Liefste kinders
Ek hoop dat julle altyd sal weet
Ek is God
Ek sal jou nooit in die steek laat

Die kere wat jy so dink
Liefste kind weet dit asseblief
Jy is so verkeerd
My hart vir jou is mooi liewe kind

My hart vir jou is so mooi
Dis nooit My hart
Om julle van My weg te neem
Dis altyd om julle nader aan My te bring

Ja liefste kinders
Ek weet dit is partykeer moeilik
Maar Ek wil hê dat julle asseblief altyd sal weet
God is in beheer

Hy is by my, Hy weet van my
Liefste kind
Asseblief hou dit aan glo en weet
Ek kan al die sleg in jou lewe draai vir iets rerig mooi

Ek weet dis dalk
Moeilik om te glo
Ek kan verstaan as jy dink
Dat dit nie moontlik is

Maar liefste kind
Dit is wat Ek kan doen
In die hart en lewe van ‘n kind
Wat oorgee aan My

Ek wil vra en hê dat jy asseblief
Sal begin groei in vertroue van My
Stukkie vir stukkie
Keer op keer

Liefste kind
Ek is so lief vir jou
En hoe wil Ek hê
Dat jy dit asseblief sal begin glo

Liefste kind
Dit is My liefde wat die skans is
Teen elke lewensstorm
Dis My liefde wat jou staande hou

Jy moet begin groei
Liefste kind
In My liefde en aanvaarding van jou
Jy moet dit diep binne weet

Dit maak nie saak wat teen jou aankom nie
Sê Pappa-God
Jy sal staande bly
Solank jy dit bly glo

Julle is die vreugde in My hart
Sê Abba-God
Julle wat My so liefhet
Julle wat julle lewens vir My gee

Dankie liefste kinders
Dankie dat julle opoffer wie julle is
Dankie dat My koninkryk en My manier
Julle vreugde is

Julle maak My bly sê Abba-God
Julle maak My rerig bly
Net omdat julle My so liefhet
Net omdat julle glo in My

Dankie liefste kinders
Dat julle glo in My
Dankie dat julle gehoorsaam is
Dankie dat julle doen wat Ek vra

Ek is julle lewe
Ek is julle Lig
En dit kan mense sien
As hulle vra

Dankie dat julle bereid is om te wees
‘n Helder Lig vir My Koninkryk
Dankie dat julle bereid is
Om My manier te doen

Dankie liefste kinders
Dankie dat julle My liefhet
Dankie dat julle My vreugde is
Dankie dat Ek kan trots wees op jul

Want Ek is sê Abba
So baie
Op die wat in My weë loop
Die wat My met hulle alles liefhet en dien

Ek is lief en trots op julle sê Abba-Vader
En Ek hoop dat julle dit sal weet
Altyd en altyd
Totdat ons mekaar weer van aangesig ontmoet

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s