Lofprysing, Nuwe hoop, Oorgegee

Lewende Water

Ek is die Fontein van Lewende Water
Sê Abba-God
Almal wat na My toe kom
Sal nooit weer dors kry

Dankie Abba-God
Vader dat U
U woning kom maak het in my
Ek wil U aanhou innooi

Abba-Vader
Ek wil die pad saam met U loop
Want U is die Een
Wat Ware Lewe gee

Vader ek wil my oë
Op U bly hou
U altyd toelaat
Om in my te woon

Daar is baie goed
Wat weer skeiding wil bring
Maar
Ek sal hulle nie toelaat

Vader ek wil groei in U
Ek wil hê dat my geloof in U vas sal staan
Onwankelbaar
Vir die wie kom teen my

Ek wil geloof hê
Wat die grootste berge verskuif
Ek wil vir die berg kan sê
Jy berg, jy gaan skuif!

Vader dis wat ek wil doen
Ek wil U lewe vra
In alles wat ek doen en sê
Dankie dat U die Ewige Ek Is is

Altyd wil ek hê
Dat my weë sal buig
Altyd wil ek hê dat hulle sal weet
Dat U s’n beter is

Ja Vader want U weet
Dis iets wat ons moet glo
Voordat ons daarop kan loop
Voordat ons vir U ja sê

Besny dan asseblief
Ons harte en lewens Pappa-Vader
Maak dit asseblief U s’n
Sodat ons waarlik U wil sal leef

Ons wil U loof en eer
Met die manier waarop ons loop
Vader ons wil hê en vra
Dat U altyd deel van ons alles sal wees

Watter voorreg
Om U kind te wees
Watter voorreg om te weet
U maak ons rerig vry

Vry van al die lelike goed
Wat ons omring
Vry van alles verkeerd
Vader ons wil nie meer deel daarvan wees

U het U Woord
U Wet, U Lig, U Waarheid
In ons harte kom skryf
Die dag toe ons U binnenooi

Dankie daarvoor
Vader ons wil aanhou daarin glo
Ons wil aanhou loop
Soos U ons leer

Dankie Abba-God
Dankie vir wat U kom doen het in my
Dankie dat U my lewe is
O kosbare Vader-God

Van die Begin van Tye af
Het U geweet
Ek gaan U nodig kry
U gaan U Seun moet stuur

Dankie liefste Koning
Dat U nie terug gehou het nie
Maar dat U gegee het
U alles vir my

Dankie liefste Koning
Dat U in beheer is
Dat U ons altyd lei
Dat niks skeiding kan bring

U het U Seun gegee
Sodat deur Sy bloed en offer
Ons elkeen weer
Nuut voor U kon staan

Dankie Abba-God
Dat U nooit opgegee het op my
Maar dat U gekom het
U Seun gegee het vir my

Die offer van Jesus
Yeshua U Seun
Dit was so groot
En ek sê dankie daarvoor

Hy het Sy weë neergelê
Liewe wêreld
Neergelê
Sodat ek en jy Vader kon vind

Watter voorbeeld het Hy vir ons gestel
Soveel lewe en waarde
Vir almal
Wat hulle oë op Hom bly hou

Julle moenie ophou om goed te doen nie
Sê Abba Vader
Veral nie aan dié
Wat soos julle glo

Liefste kinders het julle geweet
Dat as julle in My glo
Julle veronderstel is
Om ‘n eenheid te wees

Liefste kinders Ek wil nie hê
Dat iets weer skeiding moet bring
Ek wil hê julle moet in julle vryheid
Vas bly staan

Bring jou dan nie weer onder ‘n juk
Van diensbaarheid nie sê Abba Vader
Glo in My
Leef vir My

Liewe kind
Dit is wat Ek van jou vra
Dat jy elke dag sal weet
Jy is spesiaal vir My

Liefste kinders
Dit maak nie saak wat Ek julle wil leer
Julle moet eerstens altyd weet
Ek bly naby

Ek is en sal nooit wees
Iemand wat My kinders afskryf
Liefste kinders Ek is altyd die Een
Wat mense nader nooi

Dankie Abba Vader-God
Dat U die Lewe is
Dat U die Lig is
U is alles wat mooi is vir my

Die vuur van hoop
Passie en liefde vir U
Wil ek nooit verloor
Sal U asseblief help dat hy altyd hoog brand

My liefste God
My alles gee ek vir U
My alles moet aan U behoort
Ek wil U waarlik in alles innooi

Dankie Pappa-God
Liefste God
Dat U hart so sag is
U bly waarlik vir my so mooi

In U vind ek myself
In U vind ek die betekenis
Van hoekom ek hier is
Ek wil my oë op U bly hou

Ek weet dat U dit voleindig
Vir elkeen van ons wie U kinders is
Wat U begin het
Dit maak U altyd klaar

Baie dankie daarvoor
Liefste Koning U is ons alles
En ons kan nie ons lewens
Sonder U indink

U waarheid en U Lig wil ons hê
Moet ons lewens en harte vul
Sodat U die belangrikste Een
Op ons lippe sal wees

Dankie Pappa-God
Vir wie U is
Die mooi in U hart
U is voorwaar beeldskoon

Dankie liefste Pappa-God
Dat U lief is vir my
Dat U lief bly vir my
Al is die storms van hierdie lewe partykeer baie erg

U sal my nooit verlaat
U sal my kind bly noem
Dankie liefste Abba
Ek weet U hand en oog is op my

Hoe hoop ek met alles in my
Dat ook hierdie wêreld
U sal leer ken
Vir wie U rerig is

Soveel kere wat ons
Agter leuens van U skuil
Soveel kere wat leuens en verkeerde glo
Ons weerhou van U

Abba ons wil dit nie meer glo
Ons wil weet en ons wil U soek
Vir wie U rerig is
Die Lewe in Oorvloed vir my

Dankie Abba-God
Liefste Vader
Dat U U woning kom maak het in my
Dit maak my hart ongelooflik baie bly

Om U kind te wees
Dit is en bly ‘n groot voorreg vir my
Nooit wil ek my rug op U draai
Abba sal U my asseblief help daarmee

Sal U my help
Om altyd sonde neer te lê
Sal U my altyd help om nie deel te hê
Aan dit wat nie van U is

Ek weet ons is gestuur
Gemaak, gered
Om helder ligte vir U Koninkryk te wees
En Abba dit is wat ons elkeen hier wil doen

Ons wil ‘n verskil maak Abba-God
Solank as wat ons hier is
Wil ons ware
Egte kinders wees

Ons wil ons oë op U en nie sonde hou
Dit wat ons in die vlees saai
Dit sal ons dood laat maai
Abba ons wil eerder in die Gees saai

Ons wil groei in die Gees
Gees-Lewe is waarna ons verlang
Dankie Abba-Vader
Dat U ons help daarmee

Altyd wil ons oorgee
Liefste Abba-Vader
Altyd wil ons oorgee aan U
Dankie dat U ons ware Koning is

Daar is niemand wat dit meer as U verdien
Die Lewe wat U gee
Dit is so groot, dit is so mooi
Ek sê Abba, ek sê baie dankie daarvoor.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s