'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Rotsvas

U is die Een wat Lewe gee
Op dor en dooie plekke
Is U die Enigste Een
Wat Ware Lewe bring

Dankie Jesus Christus
Dat U die Ware Lig is
Dat U Lewe is
Dat U die Enigste Een is wie ons rerig nodig het

Ons wil U Lig en Genesing
In die diepste van ons wese innooi
Ons wil hê dat almal sal weet
U is die Een wat Ewig is

Moed-verloor is ons so dikwels
Maar U is die Een
Wat aan ons harte nuwe hoop gee
Dankie Abba-Vader dat U altyd in beheer is

Ons seëninge wil ons bly tel
Ons wil dat ons altyd weet
Ons is geseënd
U is naby

Help ons asseblief Abba
Om nie ons oë op die negatiewe te hou
Om te kyk wat is goed, mooi en waar
En ons fokus daar te hou

Ja liefste Vader-God
Ons wil ‘n groot verskil in hierdie wêreld maak
Help ons om te onthou
Dit begin by my en jou

Dit begin by die mense
Die omgewing waartussen
Vader ons geplaas het
Daar kan ons Sy Lig en Lewe bring

Begin dus liefste kinders
By dit wat julle gewoonlik die minste ag
Begin by hulle
Wat die meeste vir jou saak maak

Begin hulle opbou
Eerder as om hulle af te breek
Hou dop die woorde wat jy praat
Oor die mense wat jy liefhet

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Woorde van dood-spraak is nie van My

Is dit nie genoeg nie sê Abba
Dat jy so min geloof wys
Liefste kinders, liewe wêreld
Ek kan alles en enige iemand draai vir My eer

Liefste kind Ek weet
Dit is dalk moeilik om moed te hou
Maar Ek wil hê jy moet weet
Ek kan enige iets gebruik

Ek kan enige iemand draai na My
Hou aan bid sê Abba
Hou aan bid
En moenie moed verloor

Ek is besig om te werk
Liefste kinders
Ek is besig om te werk
Selfs al kan julle nie veel sien

Liefste kinders
Liefste wêreld Ek wil hê
Dat julle jul oë op My sal hou
Dat julle My asseblief sal vertrou

Lewe in die Gees
Dit is wat Ek julle wil leer
Hoe om in die Gees
Staande te bly

Vertrou asseblief die werk van My hande
Sê Abba Vader
Vertrou
Waarmee Ek besig is

Al voel dit soos ‘n storm
Weet asseblief
Saam gaan Ek en jy hierdeur
Ek sal jou nooit ooit in die steek laat

Liefste kinders
Hou julle oë op My en weet asseblief
Julle gaan dit beslis nie
Maak sonder My

Ek is die Een wat julle bo hou
In die storms van die lewe
Ek is die Een op wie julle
Julle oë moet hou

Getrouheid
Dis wat Ek besig is
Om julle te leer
Getrouheid aan My

Liefste kinders
Liefste wêreld
Julle sal sien dat My hart mooi is
Julle sal sien dat Ek altyd ten volle in beheer is

Hou julle oë op My
Asseblief liewe kinders hou aan
Ek sal julle nooit ooit in die steek laat nie
Jy kan maar gerus sê ‘Vader weet van my’

Ja liefste kind
Dit is wat Ek jou nooi om te bly doen
Hou jou oë op My
Hou jou oë op My

Soveel mooi dinge
Hou Ek in stoor vir jou
Sal jy glo
Sal jy jou oë op My bly hou

Ek weet liefste kinders
Dat dit in die storm veral
Moeilik is om aan die mooi van My
Te bly vashou

Ek weet liefste kinders
Maar dit is wat julle sal deurdra
As julle altyd glo
Ek is altyd daar

So naby liefste kinders
So naby is Ek aan jou
Nooit sal Ek jou uit My hand laat val
Daarvoor bly jy net te kosbaar vir My

Hou jou oë dan op die Here
Hou jou oë op My
En weet liefste kind
Dat jy beslis gaan deurtrek

Saam met My
Kan geen mens ooit verloor
Dis omdat ek die Groot Wenner is
Altyd was en altyd sal bly

My liefste kinders
Vestig julle oë op My en weet
Weet Ek is en bly
Altyd in beheer

Wie Ek is sal Ek altyd bly
Hou jy net aan glo
Dat Ek gaan deurkom vir jou
Hou jou oë met ander woorde op My

Dis wat julle gaan deurtrek
Tot die einde
Liefste kinders
Julle vertroue in My

Rotsvas is my God
Rotsvas sal ek in Hom bly glo
Al wankel die aarde
Hy is die Een wat vir ewig vas bly staan

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s