Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Tawwe Tye

Ek klop aan jou hart se deur My liefste kind
En Ek hoop jy sê ja
Ek hoop jy sê ja
Vir al die wonderlike goed wat Ek vir jou beplan

Hoekom hou julle mense
Altyd aan met nee sê
Hoekom wil julle nie op My weë kom loop nie
Hoekom wil julle My nie vertrou?

My liefste kinders
Daar is soveel mooi dinge wat Ek in hierdie lewe vir julle verborge hou
Soveel, alles omdat Ek wil hê julle moet eers glo
Hoekom wil julle My nie vertrou nie sê Abba, hoekom wil julle nooit?

My liefste kinders Ek verstaan dit nie
Ek weet hoe om die beste in julle na vore te bring
Hoekom wil julle My nooit toelaat om julle mooier te maak
Ek verstaan nie sê Abba, Ek verstaan nie

Julle is altyd so maklik om weg te hardloop
Sodra dinge moeilik raak
Sodra dit begin moeite eis
Dan wil julle nie meer die pad saam met My loop

Hoekom is dit so My liefste kinders
Hoekom is dit so?
Verstaan julle nie My kinders
Dat verhouding en karakter-bou saam met My nodig is?

Verstaan julle nie dat Ek julle wil help
Om oor die dinge van hierdie wêreld
En dit wat sy voor julle bring te triomfeer
Verstaan julle dit nie My liefste kinders, verstaan julle dit nie?

Julle moet begin leer om julle oë op My te hou
Selfs in die donker en moeilike tye My liefste kinders
Hou asseblief op om julle eie plannetjies te bou
Julle oë moet op My wees

My liefste kinders Ek glo in julle
Ek weet wat nodig is vir jou om karakter te bou
Sal julle My toelaat
Sal julle My toelaat om die mooiste mooi in julle na vore te bring?

Dis hoe Ek julle karakter louter My liefste kinders
Deur die toetse wat Ek toelaat
My liefste kinders storms is daar om julle verhouding met My
Nog stywer te bou

My liefste kinders Ek glo in julle
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet ophou om julle eie plannetjies te bou
Ek wil hê julle moet julle oë op My bly hou

Haal julle oë asseblief af van die verkeerd
Van alles wat nie van My is
Plaas dit op My My liefste kinders
Plaas dit op My

My liefste kinders julle moet leer sê Abba
Dis nodig vir julle om te leer
Om saam met My in die moeilike tye van hierdie lewe
Deur te druk

Ek het dit nodig My liefste kinders
Ek het dit nodig
Ek het nodig dat julle julle oë op My bly hou
Ek het nodig dat julle weet julle kan My in die donkerste storms bly vertrou

Net soos Daniël sê Abba Vader
Wat voor die leeus in die leeukuil moes staan
My liefste kinders hy het geweet
Hy moes weet wie Ek rerig is

My liefste kinders Ek weet dit voel dikwels
Asof die leeus julle enige oomblik gaan verslind
Maar My kinders julle moet leer
Julle moet in die tawwe tye van die lewe leer hoe om julle oë op My te hou

Moenie weghardloop wanneer dit moeilik raak nie
Sê Abba
Nee My liefste kinders Ek vra dat julle saam met My deurdruk
Julle oë op My bly hou

Dis wat nodig is My liefste kinders
Dis wat nodig is vir julle om dit tot op die einde te bly maak
My kinders julle gaan dit nooit kan doen nie
Julle gaan nooit tot dan kan staande bly as julle nie eers nou aanhou glo

My kinders asseblief glo vir My
Glo waarmee Ek besig is
Ek weet wat nodig is
Om die beste in elkeen van My kinders na vore te bring

Daarom liefste kinders vertrou My hart
Vertrou wie Ek is
My hart is nooit om onnodig seer te maak
My hart is om julle sterk vir die eindtyd te kry

Hou julle oë dus asseblief op My
Moenie ooit dink dat Ek nie lief is vir jou
Al is daar partymaal swaar tye My liefste kinders
Al wil niemand ooit daardeur, hou asseblief julle oë op My

Storm-tye is nodig My liefste kinders
Moeilike tye is nodig
Sodat ons twee ‘n mooier verhouding kan bou
Sodat jy kan groei in liefde en intimiteit met My

My liefste kinders daarom vra Ek asseblief
Moenie weghardloop wanneer die stormtye kom nie
Hou vas
Hou asseblief net vaster aan My

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Vertrou waarmee Ek besig is en weet
Jy is dit werd

Werd om ‘n Koningskind genoem te word
Werd om My jou Pappa-God te noem
Ek glo in jou My liefste kind
Liefste seun, liefste dogter Ek jou Pappa-God glo in jou

Haal julle oë dan af van die donkerte wat julle omring
Plaas dit op My julle Ewige Koning
Plaas dit op My en weet
Ek is die Een wat elkeen van My kinders deur die storms dra

Ek sal julle nie net sommer in die moeilikste tye van die lewe los nie
My liefste kinders
Ek sal julle dan veral
Baie styf vashou

Julle kan My bly glo
Julle hande in Myne bly sit
Kom asseblief nader My liefste kind
Seun en dogter kom vertrou My hart

Kom hoor hoe Ek in My binneste oor jou voel
Kom hoor die lof en liefdesliedere wat My kinders oor My bly sing
My liefste kinders Ek is dit werd
Ek is dit werd vir jou om My jou God te noem

My liefste kinders Ek is so lief vir julle
En Ek weet waarmee Ek besig is
Daarom vertrou My hart, vertrou wie Ek is
En moenie net in die stormtye van die lewe wil weghardloop

Ek glo in julle My liefste kinders
Ek wil hê dat julle dit altyd sal weet
Ek glo in julle omdat Ek weet Ek het jou gemaak
Ek glo in jou omdat Ek weet wat in jou lê

Die krag van die Lewende God
Dit is al wat jy in jou hart en lewe nodig het
Daarom vertrou My liefste kind
En gee alles-alles oor in My hand

Moenie bang wees om dit te doen nie
Moenie skaam wees om te sê Here ek kan nie meer
Dis al wat Ek nodig het sê Abba-God
Om die onmoontlike in die lewe van My kinders te vermag

Ek is mal daaroor sê Abba
I totally love it
Wanneer mense, My kinders
Wie hulle is, alles in My hande kom plaas

My liefste kinders dan kan Ek werk
Dan kan Ek werk want jy het My toestemming gegee
Dankie dat jy dit gedoen het My liefste kind
Dat jy My vertrou om wonderlike dinge in jou lewe te doen

Ek glo in julle My liefste kinders, Ek glo in julle
Dit moet julle altyd onthou
Dit is ‘n waarheid waaraan julle moet vashou
Iets wat julle nooit ooit mag vergeet

Dankie My liefste kinders dat julle aanhou vashou
Dat julle veral in die donker tye julle oë op My bly hou
En dat julle kies om nie weg te hardloop nie
Maar dat julle kies om julle man saam met My te bly staan

Ek is so trots op julle sê Abba-God
Want Ek maak julle sterk
En Ek wens julle kon sien
Hoe mooi julle groei

Julle raak so sterk in die Gees My liefste kinders
En dit is presies wat Ek wil hê
Ek wil julle sterk hê in die Gees
Sodat julle die grootste reuse kan verslaan

Dankie My liefste kinders
Dat julle kies om te bly glo in My
Dat julle julle oë op My bly hou
Dat julle weet dat Ek die Antwoord is

Ek is trots op julle My liefste kinders
Trots op julle almal
Wie julle vertroue in My bly plaas
En vir die wêreld aanhou sê nee

Want julle kan My vertrou liewe wêreld, liefste kinders
Maak nie saak wie wat oor My bly sê
Ek is ewig te vertrou
En dit kan julle maar glo

Dit is wie Ek is sê Abba
Ek kan en Ek sal nooit verander nie
Ek is standvastigheid vanself
Ek is die Ewige en Vaste Rots wat vir altyd vas bly staan

Ja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Tawwe Tye”

  1. Terug pieng: Tawwe tye - Voelgoed

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s